Pta-bejaarde wreed vermoor

isdaad-polisie-crime-scene-kent-williamson-3

Argieffoto: Kent Williamson

Johannes Petrus Herman Maré (78), ʼn inwoner van Silverton in Pretoria, is Dinsdag dood by die huis aangetref wat hy met sy dogter gedeel het.

Kapt. Jan Sepato, woordvoerder van die Silverton-polisie, het aan Maroela Media gesê die man en sy dogter het saam in die huis by Jasmynlaan gewoon.

“Die dogter is Dinsdagoggend werk toe. Sy het ʼn algemene reëling om hom gereeld te bel om te hoor of alles reg is. Sy kon hom egter nie in die hande kry nie, het bekommerd geraak en tussen 10:00 en 11:00 na hul huis toe gery om ondersoek in te stel,” het Sepato gesê.

Volgens Sepato het sy by die huis aangekom en gesien die huis is baie deurmekaar. “Sy het dadelik na haar pa begin soek, maar kon hom nie opspoor nie. Sy het die buurtwag ontbied en met hul aankoms by die huis is die man se liggaam agter in die erf aangetref.”

Die man se voete en hande was vasgebind en daar was ʼn reënjaskappie diep in sy keel afgedruk. Sover vasgestel kan word, is twee skootrekenaars en twee selfone gesteel.

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord en huisroof.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Dit is nog nie duidelik hoeveel verdagtes by die voorval betrokke was nie.

Sepato het ʼn beroep op die publiek gedoen om die Silverton-polisie se speurkantoor by 012 845 4011 te bel met enige inligting wat die polisie in hul ondersoek kan bystaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Cecilia Steyn ·

Dan mag mens nie haat nie! Dis erg. Sterkte aan die familie.

Johanna ·

ELKE DAG!!! dit maak n mens so mismoedig en moedeloos! Innigste simpatie vir die familie.

DG ·

Bring terug die doodstraf !
o Genesis 9:5-6: (5)Wanneer julle eie bloed vergiet word, sal Ek daaroor rekenskap eis, want dit is julle lewe: van ‘n dier sal Ek rekenskap eis oor die lewe van ‘n mens, en van ‘n mens sal Ek rekenskap eis oor die lewe van sy medemens. (6)Wie die bloed van ‘n mens vergiet, deur ‘n mens sal sy bloed vergiet word. God het die mens gemaak as sy verteenwoordiger.
o Eksodus 21:14: Wanneer iemand egter ‘n ander opsetlik doodmaak, moet jy hom selfs by die altaar wegvat en doodmaak.
o Numeri 35:33: Julle mag die land waarin julle woon, nie onrein maak nie, want bloedvergieting verontreinig die land en daar kan alleen deur die dood van hom wat die bloed vergiet het, versoening gedoen word vir die land waarin die bloed vergiet is.

DG ·

Selfs ons land word geestelik bevuil van al hierdie on-verantwoorde moorde. ‘n Paar jaar tronkstraf voldoen nie aan die vereiste nie. Hoe kan ons die seen van die Here verwag as ons nie die bloedvergieting vasvat nie. Dit is tog in ons hande of hoe ???

Michael ·

Die rede vir hierdie misdade wat so toeneem is die tekort aan tronke so lewenslank is nie meer n afskrikmiddel nie vier lekker jare in die tronk en hy is uit doodstraf nie eers n opsie nie so wat nou?

Genoeg is Genoeg ·

Ander lande het hulle natuurlike rampe, ek glo dit is ons natuurlike ramp.Probleem is ons maak geen beplanning om dit effektief stop te sit nie!

Asseblief ·

Simpatie met die familie se groot verlies.
Ek dink die tyd van bybel versies is lankal verby. Ons moet ons oe op die Here hou n op ons kniee die Bloed van Jesus oor ons families pleit. Daar is gebid deur miljoene maar die Here wil he ons as families bid.

Aai ·

Dankie DG,goed gestel. Wens net daar kan gese word dat die uitwussing van wit ou mense nie geduld sal word nie,maar daar word net gekonsentreer op swart beveiliging. Ons moet bid vir hierdie siek, onregverdige land van ons. Baie sterkte aan die familie,dis so so hartseer.

Verstom ·

Al die artikels eindig met NIEMAND IS NOG IN HEGTENIS GENEEM NIE…. word enige van die moordenaars ooit in hegtenis geneem?

Johannes Meintjes ·

Meegevoel! Ten spyte van baie duidelike misdaadpatrone teen blankes (en daarmee word nie beweer dat onbeheersde, groeiende misdaad in SA nie ook problematies is in ander kulture nie) is gemeenskappe en Buurtwagte steeds nie bereid om alles moontlik in te sit m.b.t deelname, optimale kruisbestuiwende opleiding en nasionale samewerkende metodiek om ‘n onteenseglike, effektiewe afskrikmiddel teen misdaad in SA te word of te wees nie. Ons kan nie die stryd teen ongeregtigheid wen en die gety draai as ons bloot reaktief, aan die neus gelei en kermende op die agtervoet en op sosiale media bly nie.

Ai ·

Ons hou nie in gedagte dat ons ook eendag oud en weerloos gaan wees nie, dalk as ons dit begin regtig besef sal ons iets begin doen om saam te staan terwyl ons kan.

J ·

So bitter onnodig ..innige meegevoel aan geliefdes.
(DG ) JA ..die Woord spreek, dis DUIDELIK ons kan net vorentoe MAAR .,soms probeer mense self verkeerde regstel en bly AGTERTOE Kyk…deur uitsprake, SO VERSTEEN dié mens.

Peet J ·

Wonder maar net waar was die buurtwag op die stadium so ook ander inwoners van die omgewing het hulle dan niks opgemerk nie .Waarom so ‘n gedrogtelike metode aanwend om die persoon van sy lewe te ontneem. Volgens my is daar nie plek in die NSA vir ‘n kultuurmens nie ons sal maar die pad moet vat.

a kellerman ·

Nee maar die doodskis geval word buite verhouding aangevuur.Dis om van te kots

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.