Pta-boekhouer in hof oor ‘bedrog’

Foto ter illustrasie. (Foto: Megan Swart/Maroela Media)

Die landdroshof in Pretoria het borgtog van R2 000 aan Yolanda Enslin (43) van Pretoria-Noord, wat teregstaan op ʼn aanklag van bedrog van sowat R1,6 miljoen, toegestaan.

Enslin, wat van Maart tot Oktober verlede jaar as boekhouer by die Hatmed Mediese Sentrum in Hatfield gewerk het, was verantwoordelik vir betalings aan verskaffers.

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) voer in sy saak teen haar aan dat sy in dié tyd die verskaffers se rekeningbesonderhede na haar eie bankbesonderhede verander en die geld na haarself oorgeplaas het.

“Nadat die klaer ʼn tekort aan mediese voorraad opgemerk het, is daar ontdek dat die mediese sentrum bedrieg is. ʼn Saak van bedrog is in Oktober teen die beskuldigde aanhangig gemaak,” sê Lumka Mahanjana, woordvoerder van die NVG.

Enslin is ná ʼn ondersoek sowat twee weke gelede by die kuierplek Hennie’s in Montana in hegtenis geneem.

Die saak is tot 1 Augustus vir hoftoewysing uitgestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Amelia ·

Ag nee dit belaglik R2000 borg vir r1.6m se bedrog nee wat wat hwelp dit soos ek voorheen gese het gebruik hul dei bedrog geld om borg te betaal dis einlik n skande

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.