PTA-botsing eis een

Argieffoto Foto: Netcare911

Argieffoto Foto: Netcare911

Een persoon is Maandagoggend in Theresapark, in die noorde van Pretoria, dood nadat ʼn minibustaxi en ʼn ander voertuig mekaar reg van voor getref het.

Santi Steinmann, ʼn woordvoerder van Netcare 911, het aan Maroela Media gesê die botsing het in Waterbokstraat plaasgevind en paramedici van verskeie nooddienste was op die toneel. “Dit is in die stadium nie bekend of die persoon wat dood is in die voertuig of in die taxi was nie. Die geslag van die oorledene is ook nie in die stadium bekend nie,” het Steinmann gesê. Sy het gesê vyftien ander mense het matige tot ernstige beserings opgedoen.

Die beseerdes is op die toneel gestabiliseer en na verskeie hospitale in die omgewing geneem vir verdere behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.