PTA-brandbestryder doen brandwonde op

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Brandbestryder van Tshwane metro is Donderdag ernstig beseer toe hy ʼn veldbrand saam met sy kollegas in Centurion bestry het.

“Die brandbestryders was besig om die brand te blus toe dit skielik weens ʼn sterk wind van rigting verander het,” het Johan Pieterse, woordvoerder vir die nooddienste, gesê.

Hy is met ʼn helikopter na die Milpark-hospitaal in Johannesburg geneem. Hy het brandwonde op 50% van sy liggaam opgedoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

lorayne ·

Sterkte! Ek bid vir jou spoedige suksesvolle herstel! My hart gaan uit na AL ons Noodreddings Werkers. . . Manne en vroue wat onbaatsugtig hulle lewe op die spel plaas om ander te red! EK weet. . . . want ek het 1 groot gemaak!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.