Pta-burgemeester se huis in brand beskadig

solly-msimanga-04

Solly Msimanga, die uitvoerende burgemeester van die Tshwane-metro. Argieffoto via Facebook

Solly Msimanga, Pretoria se burgemeester, se private woning is laat Donderdagaand in ʼn brand beskadig. Sy bure se huis is heeltemal verwoes.

Samkelo Mgobozi, Msimanga se woordvoerder, het Vrydagoggend aan Maroela Media bevestig die brand het by Msimanga se bure se huis in Capital Park uitgebreek en toe na Msimanga se huis versprei.

“Soos wat ons verstaan het ʼn gasbottel ontplof. Die skade aan die burgemeester se huis is gering en kon gou deur die brandweer onder beheer gebring word,” het Mgobozi gesê.

Die bure se huis is egter heeltemal in die brand verwoes.

Mgobozi het gesê die omvang van die skade aan albei persele moet nog vasgestel word en sal bekend gemaak word sodra daar ʼn verslag van die brandweer verkry is.

Raadslid Elma Nel, wat op die toneel was, het gesê sy het met die huiseienaars gepraat en hulle het glo nie versekering nie.

“Dit is ʼn bitter hartseer situasie vir die ouers en hul kinders wat nou alles verloor het. Ek bid dat die gemeenskap sal saamstaan om die mense by te staan, veral om die struktuur te herstel,” het sy gesê.

Mense wat bystand wil bied kan Nel by 082 293 4858 bel.

Posted by Elma Nel on Thursday, May 17, 2018

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

EQV ·

So bly dat Burgermeester Solly sommer n normale man is wat in n normale buurt tussen normale mense bly,ek salueer jou..nie soos die vorige anc klomp wat miljoene laat wegraak het op n burgermeesters huis waar hulle wou ‘shine’..en voorgee hulle is iets wat hulle duidelik nie is nie!

Johan. H. ·

Sterkter aan die bure,, Ja nie almal kan versekering bekostig nie,,In die ou dae hoef net die pa te gewerk het , nou moet ma en pa, en nog vir kinders sorg vir langer as in die verlede,, WONDER HOEKOM,!!!!

Cherokee ·

Nie versekering op huisinhoud of op gebou? Gebouversekering is goedkoop en selfs wanneer daar nie meer ‘n verband is moet dit ten alle koste in stand gehou word.

Koos ·

‘n Gasbottel ontplof nie sommer net nie, tensy iemand dit aan hitte soos vlamme blootstel nie. Hier’s ‘n slang in die gas, ek meen gras…

Alida ·

Koos as die mense weet hulle het nie versekering nie hoekom soek jy nou ‘n slang in die gras? Ai tog enigiets kon gebeur het of vlam gevat het wat naby die bottel was. Dink bietjie voor jy praat. Indien die huis nog ‘n verband op het is versekering verpligtend.

Sandra ·

Ek stem, Cherokee. Dit is ‘n absolute moet dat ‘n gebou verseker moet bly. Dieselfde moet begin ingestel word vir motors – ten minste 3e party versekering. Ek werk in die bedryf en kan ‘n paar ‘horror stories’ vertel.

ne ·

Jammer dat hulle huis gebrand het. Is dit net onnosel dat hulle nie versekering het nie? Die huis lyk vir my baie goed, voor die brand. So daar is defnitief nie ‘n tekort aangeld nie! Jammer ek skenk niks….

Iché ·

Koos,ek stem saam met jou. Slang in die gras.
Dis nie toeval nie.

Marinda ·

Ja nee, dis nou een ding wat die mense van Suid Afrika goed kan doen. Gun niemand niks nie en moet alles af brand of verwoes.

anton ·

Nee wat, sekere mense/bevolking koop ook die duurste motors denkbaar op huurkoop en dan na 3 maande kanselleer hulle die versekering. Dan kan die banke maar op hulle kop staan, hulle kan die mense nie weer sover kry om versekering uit te neem nie.
Dink dit is hier ook die geval met die huis!!!
Geen hulp van my af ook nie.

Lynne ·

Jis mense kan gou oordeel. Gryp altyd Na strooihalms en beskuldig sommer links en regs. Sjoe mense daar kon mense dood gewees het. Dit kon met enige iemand gebeur het. Julle wat so oordeel ek is dankbaar julle is nie my bure nie want ek sou sekerlik ook geen hulp van jul af gekry het nie. Weet een van julle wat hul omstandighede was, nee julle doen nie. Die arme mense het niks oor nie. Baie huise lyk grand buite maar almal sukkel om die mas op te kom. Ek self wou al versekering kanselleer want dis nie goedkoop nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.