Pta-bus met passasiers gekaap

‘n A Re Yeng-bus. Argieffoto: City of Tshwane

ʼn Bus met passasiers is Dinsdagmiddag in Pretoria gekaap ná onmin onder sommige taxi-operateurs oor die stad se snelbusdiens.

Sheila Lynn Senkubuge, burgemeesterskomiteelid vir paaie en vervoer, het Woensdag gesê die A Re Yeng-bus is glo gekaap deur “misleide busbestuurders” wat ʼn onderneming tussen die Tshwane-metro en drie taxiverenigings verontagsaam het.

Die onderneming is in Desember 2017 met die taxi-verenigings van Hammanskraal, Stinkwater en Eersterust aangegaan. Volgens die onderneming word taxibestuurders vergoed om nie meer in die middestad in te gaan nie, maar pendelaars by ʼn nuutgeboude taxi- en busstaanplek by die Wonderboom Junction-winkelsentrum teen R17 per rit op en af te laai. Van Wonderboom Junction word pendelaars met A Re Yeng-busse na die middestad teen R8 per rit vervoer en weer teruggebring.

Dié ooreenkoms is op 8 Januarie in werking gestel.

“Dinsdagmiddag het taxibestuurders van al drie taxiverenigings uit protes geweier om die passasiers van die staanplek terug na Hammanskraal, Stinkwater en Eersterust te neem. Hulle vra ook sedert 8 Januarie R24 per rit in stede van R17,” het sy gesê.

Die bus is tydens die protesaksie gekaap en later in Stinkwater met al die passasiers daarin opgespoor. Die bus is met die hulp van die Tshwane-metropolisse terug begelei na die taxi- en busstaanplek.

Die voorval het tot volg gehad dat die busdiens tussen die middestad en noorde van die stad vir sowat twee uur vertraag is.

Dit was nie onmiddellik duidelik of iemand weens die voorval in hegtenis geneem is nie.

Senkubuge het gesê die voorval is betreurenswaardig en die metro het reeds ʼn dringende vergadering met die verenigings aangevra om te verseker dat al hul lede die ooreenkoms eerbiedig.

“As hulle nie daarop ag slaan nie sal die metro regstappe instel om die situasie reg te stel om te verseker pendelaars kry die diens waarop hulle geregtig is,” het Senkubuge bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Anoniem ·

Almal wat daardie roete in Pretoria ken het voorspel dat dit ‘n resep vir moeilikheid is… Nou ja toe, daar het ons dit!

zoom zoom ·

Hoop hulle het die mense se geld terug gegee vir die trip wat hulle mie verwag het nie
Die min van transport is te lig om doe broek om die taxi bedryf in die mek te ruk. Wie weet dalk het hy ‘n paar taxis homself.

PJC ·

Die taxis maak mos hulle eie wette en niemand het genoeg moed om hulle in die bek te ruk nie.

Drikus Kotze ·

Wat ek nie kan begryp is dat die busse hoeveel maal leeg is en of net 4 passisiers het. Wie betaal vir die brandstof om so leeg op en af te ry?

Potlood ·

Hulle word vergoed om nie meer in die stad te gaan nie… WAT! Hoe word hulle vergoed?
nuus vir julle, hulle broei in die stad!
Ry elke dag van Mountainview, deur die nek na Wonderboom Junction en laat ek vir julle vertel hoeveel GAOS daar is. Die Taxis maak nes hulle wil, sekere mense weet ook nie wat dit is om jou beurt te wag nie. En daar is Motro Pol daar, maar ek sien elke dag hoe die Taxi mooi maniere gebruik en 10meter (letterlik) na die Metro, maak hulle nes hulle wil…
Dan is daar die saak van hoe hulle uit ses lane nog 2 bus lane ook gebou het sonder om die pad groter te gemaak het. Hulle het eenvoudig net die bane kleiner gemaak en dit maak dat daar baie ongelukke is. Groot trokke kan nie in een baan ry nie. Jy moet so konsentreer dat jy sweet om daar in jou eie baan te bly. Jy kan glad nie uitswaai vir enige iets…
Van daai gebou is, is die verkeer baie slegter!!! Daai projek is wragtig sleg beplan en gedoen!!!

jean ·

ek verstaan nie? die busse is nie behoorlik bemark nie, ek woon naby Paul Kruger straat, naby n bus……….. werk in ooste, ek sal met graagte daardie bus wil ry maar van Paul Kruger straat tot in stad, hoe nou verder? niemand weet nie? ddaar is geen behoorlike inligting beskikbaar nie, GAUTREIN SO N SUKSES? DIE ANDER WEET NIE WAT AANGAAN NIE.

Johan ·

Het in die 80’s in PTA gewoon en kon nie foute opmerk met die busdiens. Kon na enige plek in die stad reis sonder veel moeite. Weer te veel ” slim mense” wat dink hulle het die oplossing. Dankbaar ek is weg daar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.