Pta-egpaar in huis doodgeskiet

misdaadtoneel

Argieffoto

Baie min inligting is tans beskikbaar oor die voorval waarin ʼn egpaar van Pretoria Vrydagaand in hul huis in Akasia doodgeskiet is.

Kapt. Rheineth Motlana, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê een van die bure het skote uit die huis in Mainstraat hoor kom en die polisie ontbied. Die liggame van ʼn man en sy vrou is in die huis aangetref, albei met ʼn koeëlwond in die bors.

Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, het gesê paramedici is net ná 18:00 na die huis ontbied. Daar was niks wat hulle vir die egpaar kon doen nie en hulle is op die toneel dood verklaar.

Motlana kon nie bevestig of daar enige tekens van inbraak by die huis was en of enigiets uit die huis gesteel is nie. Sy kon ook nie die egpaar se name bevestig nie. Sy het wel gesê twee sake van moord word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Ekwilibrium ·

Dankie solank, laat ons maar sien hoe feite ontvou…

Kas ·

Dankie Pienkie, nou weet Ons bietjie meer Wat dalk kon gebeur het. Ekwilibrium, as Ons vir formele verklarings wag sal Ons nooit weet nie.

Raymond Bastone ·

Dit is jammer dat sulke dinge gebeur in die tyd. Alle mee gevoel en sterkte aan die familie ons bid vir julle

So onnodig en so sad ·

Maak nie saakw at gebeur het nie, dit is soooo onnodig en sad.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.