Pta-egpaar verdrink amper

Foto: Netcare 911

Foto: Netcare 911

ʼn Egpaar van Pretoria het Donderdag albei in die moeilikheid beland in die see by Umdloti aan die KwaZulu-Natalse noordkus.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê ander vakansiegangers het die egpaar uit die water gered. “Die man, in sy 60’s, het met paramedici se aankoms op die strand gelê. Hy was uitgeput en naar. Sy vrou het langs hom gelê.”

Die man in ʼn ernstige toestand en sy vrou was erg getraumatiseer en ook uitgeput, maar in ʼn stabiele toestand.

Die man is op die toneel gestabiliseer voordat hy na ʼn hospitaal in Umhlanga geneem is vir verdere mediese sorg. Die vrou het verdere mediese behandeling van die hand gewys.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Riaan Myburgh ·

Hoe is dit nuuswaardig?. 1000de mense het al AMPER verdrink. Volgende nuusberig….motorbestuurder maak amper n ongeluk.

Boetman ·

Riaan – dis baie waar, maar Netcare maak baie geld uit die gratis advertensie – dus maak die berig sin.

Cherokee ·

My woning sowel as my kantoor is op die strand. Ons wat die see ken respekteer dit met die nodige agting want ons weet, die see is soos ‘n vrou; onvoorspelbaar.

Uvonka ·

Ons wou dit amper nie hoor nie!! Lekker jaloers is ek nou oor jou huisie by die see!

Cherokee ·

Dankie Uvonka, dat jy my daarop wys dat ons ons seëninge moet tel :-)

Johan. H. ·

Ek het nou die dag amper oor n stopstraat gery, maar ek het !

Sanet W ·

Lekker lag ek nou vir die “amper oor die stopstraat gery, maar ek het!”. :-) :-)

Fritz mulder ·

Ek verstaan nie hoe mense in die see kan swem as hulle nie baie swem fiks is nie.

Martie ·

Mense lewer maklik kommentaar die mense het nie gaan swem nie het net langs die see gaan stap toe n frats golf die man getref het en in getrek het sy vrou wou hom gaan help het toe trek die see haar ook in.

Cherokee ·

Fritz, see-swem en varswater-swem verskil. Hoe op aarde kan mense swemfiks word sonder om in die water te gaan? Afgesien daarvan is dit ook so dat die mense wat by die see woon en swembaddens bou nie weet wat om met hul geld aan te vang nie. Jy gaan word swemfiks in die see! By die see swem jy nog lekker in dan spoeg dit jou uit. Defnislis is varswaterswem harder werk.

Deleen ·

Dit was my ma … hulle het op strand geloop toe die vrats golf hulle vang … die oom kan ook nie swem nie

Rhodene ·

Ek dink in die geval is dit swak beriggewing. Dek die volle storie, dat hulle op die strand gestap het en golf hulle onkant gevang het, of skryf n artikel oor Karlien se uitbarsting van die week.

Cherokee ·

Rhodene, die swak beriggewing is nie noodwendig Maroela se skuld nie maar diè van die oorspronklike bron van die nuus. En terloops Maroela, weet nie waarom ek julle verdedig nie want somtyds raak ek lekker dik vir julle met jul sensorraad.

Kobus Jacobs ·

Mense, (Fred, Riaan, Uvonko, Johan, Cherokee, Rhodene)
julle kommentaar is kosbaar. Moet tog asseblief nie eers amper ophou met die pittigheid nie, dit maak my dag.

SARIE VAN HEERDEN ·

Ons binnelanders is totaal onkundig wat die see betref. Daardie golwe wat so pragtig en aanloklik lyk kan jou baie gou flous, veral as jy jou rug op hom draai. Jy moet altyd die water kan sien en nooit jou rug op hom draai nie. Keer ook jou kinders en kleinders so.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.