Pta-fietsryers in tref-en-trap beseer

Argieffoto

Argieffoto

Twee fietsryers van Pretoria is Woensdag beseer nadat ʼn bus hulle glo op die hoek van Eeufeesweg en Christina de Witrylaan by Fonteinedal in Groenkloof, Pretoria, getref het.

“Volgens omstanders op die toneel het ʼn bus die twee persone getref,” het Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, in ʼn verklaring gesê. “Paramedici het die beseerde fietsryers op die toneel behandel. Een van die fietsryers het kritieke beserings opgedoen en die tweede persoon het ernstige beserings opgedoen.”

Albei fietsryers is na ʼn hospitaal geneem vir verdere mediese behandeling.

Geen verdere inligting was dadelik beskikbaar nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Tiaan ·

Wanneer gaan daar daadwerklik teen idiotiese voertuig bestuurders wat fietsryers beseer, opgetree word? Dit is niks anders as poging tot moord nie. Die voertuig is ‘n wapen wat gebruik word.

Waarom word fietsryers as minder belangrik beskou deur owerhede? Dit geld vir die diefstalle/aanvalle wat ook gebeur.

THEA SWART ·

Tiaan – ek ry elke oggend daai pad en party oggende is dit stikdonker en die fietsryers is ook nou nie behulpsaam om met ligter klere te ry nie net die agter liggies flicker so nou en dan en die voorste ou ( as hulle in ‘n groep ry ) het ‘n liggie aan wat die pad moet wys – voordat jy kan keer is jy al amper op hulle – daai pad is baie baie gevaarlik as daar nie 2-3 voertuie saamry dat jy darm meer lig het om te kan sien nie is dit pik donker – ek wens hulle wil eerder die straatligte regmaak

Jakoba ·

Tiaan ek stem met jou saam dat hulle voertuie gebruik as wapens om moord te pleeg. Hoeveel ongelukke was daar nie al nie waar ‘n groot trok in bebrokke was waar ‘n hele gesin uitgewis is. My niggie en haar man was onlangs in so ‘n ongeluk. Die trokdrywer het eenvoudig net nie gestop by die rooilig nie, as haar man nie vinnig genoeg gedink het nie was albei nou dood. Hulle motor is afgeskryf. Die trokdrywer se verweer ” my remme het nie gewerk nie”. Ek glo hom nie vir een oomblik nie. Hy het gesien blankes is in die moter en gegaan om hulle dood te ry.

Bloues ·

Fietsry op ons paaie is ‘n gevaarlikke sport. Ek het naweke geleef op my fiets, maar het dit gelos as gevolg van die gevaar.

Eugene ·

Beste wense vir ‘n spoedige en volkome herstel.
Dit bly egter ‘n sensitiewe onderwerp….fietsryers wil “reg” wees en voertuig bestuurders wil “reg” wees….en ongelukkig kom die fietsryers meeste van die tyd sleg tweede [bloot as mens kyk na die gewigsvoordeel van voertuie vs fietse].

Ek glo dat beide padgebruikers mekaar moet respekteer.
En verseker nie moedswillig wil staan en wees met hulle onderskeie wyses van bestuur [ry] nie.

DPJ ·

Ek stem saam die twee moet mekaar respekteer maar onthou duidelikke sigbaarheid is uiters belangrik.
Leef en laat lewe.

Eugene ·

Absoluut waar, DPJ!

Ek voel die fietsryers en stappers en drawwers moet besef dat as voertuig bestuurders [wat geheel en al binne die spoedgrense bly vir hierdie deel van die beskrywing] hulle nie kan sien nie, gaan die resultate katastrofies en tragies wees.

Reinhardt ·

Ja wat, ek gaan ry maar eerder in die berg. Dis veiliger. Alhoewel ek gister n lekker groot stukkie grond by Majik Forest gekoop het. En toe ek by die huis kom besef ek my pomp is weg! Was nie n goeie dag nie haha!

AB ·

Gooi my nou maar met rotse…….fietsryers moet ophou om altyd die slagoffer te speel. Ek en my man het amper ons motor afgeskryf agv ‘n twee fietsryers wat op ‘n pad waar padwerk was langs mekaar gery het en net eenvoudig voor ons in gery het. En dis nie net daardie een keer nie, die vakansie het dit ook weer amper gebeur. Ek was sommer lus en stop die motor en gee daai man ‘n warm klap.

Eugene ·

Ek gaan verseker met jou moet saamstem, AB!
Ek het dit ook al oorgekom waar ek gevloek is en met allerhande vingertaal-tekens beduie is, waar ek bloot uit vroegtydige waarskuwing dat ‘n voertuig aankom wat hulle duidelik nie hoor nie vir hulle durf toet het [en ek nie kon uitdraai om wel om hulle te beweeg nie – twee baan pad met ander verkeer wat van voor af kom]….

Die probleem is….Geagte Fietsryers-op-daardie-pad…..indien ek julle wel getref het, sou daar ongelukkig letterlik nerwe gesaai gewees het. En dit is nie onsensitief of uitdagend nie [en ek is seker dat daar voertuig bestuurders is wat ook net so vrek skuldig is aan moedswillige en roekelose bestuursvernuf teenoor fietsryers], maar onthou die eenvoudige wiskunde sommetjie….+-7kg deel nie so lekker in +-3,000kg in nie.

Vroem-vroem en Trap-trap respekvol teenoor mekaar voort.

elizabeth ·

stem AB stem. Kry vir jou ‘n ander pad om te ry. (Die fietsryers)

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.