Pta-fotograaf se versoek aan Charlize Theron

Albert Bredenhann met sy versoek aan Charlize Theron. Foto: Facebook

Albert Bredenhann met sy versoek aan Charlize Theron. Foto: Facebook

ʼn Fotograaf van Pretoria se versoek aan die aktrise Charlize Theron word wyd op sosiale media gedeel.

Dit is nie die eerste keer dat Albert Bredenhann (41) van Pixel Pro Photography dié versoek aan Theron rig nie. Dit is al vir jare sy droom om die Suid-Afrikaans gebore Hollywood-aktrise af te neem. Sowat twee jaar gelede het hy die versoek in ʼn ope brief gemaak. Dit was egter onsuksesvol en Bredenhann het dié keer ʼn ander benadering gebruik.

Bredenhann het ʼn foto laat neem waar hy ʼn plakkaat vashou met die woorde: “Charlize Theron. Please call me. (I would like to photograph you).” Bredenhann het ook sy selnommer bygesit en mense gevra om die foto op sosiale media te deel. En dit is presies wat tans gebeur. Bredenhann se versoek is al deur duisende mense op sosiale media gedeel deur onder meer verskeie bekendes soos Bobby van Jaarsveld, wie se troufoto’s deur Bredenhann geneem is, sowel as Elizma Theron, Radio Raps se Jonathan en Roland Schoeman. Bredenhann het al verskeie bekendes se troufoto’s geneem, waaronder Karlien van Jaarsveld en Arno Jordaan. Hy het ook al foto’s van Elton John en Andrea Bocelli geneem.

Charlize Theron. Foto: Werner Beukes/SAPA

Charlize Theron. Foto: Werner Beukes/SAPA

Volgens Bredenhann het hy drie jaar terug besluit hy wil Theron afneem. “Sy is ongelooflik mooi. Die probleem is net dat ek haar nie in die hande kry nie. Ek het klaar besluit ek gaan haar afneem, sy weet dit net nog nie.”

Bredenhann het gesê hy het besluit om weer met Theron te probeer kontak maak nadat hy gehoor het sy is glo tans in Suid-Afrika. Volgens Bredenhann het Henk Opperman, oftewel Dozi, Sondag op sy Facebook-blad geskryf dat Theron sopas by sy kuierplek Back to the Roots in Hartbeespoortdam ingestap het. “Ek het Dozi dadelik gebel toe ek dit gesien het en gevra of sy nog daar was, maar sy was reeds weg.”

Volgens Bredenhann het hy al talle versoeke aan Theron se agent via telefoon en e-pos gerig, maar het dit tot dusver onbeantwoord gegaan. “As die nuutste veldtog nie werk nie gaan ek op Tafelberg skryf met lig: ‘Charlize bel vir Albert’. Al moet ek duisend mense kry om op Loftus te skryf bel vir Albert, ek gaan haar afneem.”

Bredenhann het gesê hy is nie ʼn ‘stalker’ nie, maar slegs ‘n fotograaf met ‘n kreatiewe bemarkingsinvalshoek. Op ʼn vraag aan Bredenhann oor of hy al gedink het aan die plek waar hy Theron sal wil afneem of watter tipe foto hy sal wil neem, het hy gesê: “Die kreatiewe proses sal saam gebeur. Ons kan dit dalk vir liefdadigheid doen en van die foto’s op ʼn veiling verkoop.

My selfoon laai 24uur per dag en ek antwoord ook nou private calls,” het Bredenhann geskerts.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Werner ·

Ek wens ons kan haar eerder vra om te praat oor plaasmoorde en die skending van minderheidsregte in SA

Alf ·

Haar reenboog is so groot dat sy die grootste bydraer tot die anc was, sies

Peet Schabort ·

Ek dink ek het iewers al van haar gehoor. Kind ook aangeneem indien ek reg kan onthou in lyn met die reënboognasie . . .

AmY ·

Sy sal hom nie bel nie. DIE SA mans is mos verkragters en aanranders. Sy het mos so iets genoem so paar jaar terug.

Eliza-beth ·

AmY – moet nou nie onregverdig wees nie, ek hou self nie veel van haar en haar aansitterigheid nie, maar gee die duiwel die eer wat hom toekom: daardie advertensie was om mense se oe oop te maak oor al die verkragtings en uit te basuin dat WARE mans nie so iets sal doen nie.

Dave ·

Ek hoop Charlize Theron bel my nie en as dit gebeur dat sy hierdie forum lees behoort dit duidelik te wees aan haar dat sy my bloot irriteer. Sy mag volgens vele se standaarde redelik goed te lyk na ‘n lank genoeg sessie voor ‘n spieël maar sy frustreer en irriteer my en wanneer ek haar naam in enige titel van ‘n berig sien, blaai ek gewoon verder. Vra vir Peet Schabort hoër op waarom ek so sê.

SNEL ·

Ek dag ek is al een wat nie gaande is oor die vrou van die plotte van Benoni nie, maar die baba wat sy aangeneem het om ” in” te wees tussen die ander Hollywood sterre is nie wat my pla oor haar nie, maar volgens my het sy in n Christen land groot geword, daai agtergrond moet iewers gewees het as mens dink in skole open hulle dag en sluit dit af met gebed ens., maar nou skroom sy nie vir n oomblik om vir roem en rykdom net soos die ander Hollywood sterre die Here se Naam sommer te gebruik in n fliek nie. Skandelik om so laag te daal, buite blink maar van binne stink.

candice ·

Wonder hoeveel ander mense gaan hom bel vir foto sessies….

Zirk ·

Onthou tog net; sy gee jaarliks R3.5m aan die ANC. Is dit nie dalk die rede waarom sy BAIE sku vir die media is nie.?

Eliza-beth ·

CB – vir koppies en pierings vir Nkandla! Jy weet daai lekker blink, kommin goed wat party mense so van hou!

Dave ·

Ja maar wees redelik Eliza-beth – daai koppies en pierings is vir sekuriteits doeleindes!
Miskien nie maklik breekbaar sodat dit mense kan sny of om een of ander rede wat uitgewys kan word. As ‘n swembad van olimpiese standaarde gebou is vir brandbestryding sal hulle ‘n verkoning vir die koppies en pierings ook kan uitfigure.

Jakoos ·

Eliza-beth, ja dalk vir koppies en pierings, dalk vir potjies (vir potjiekos – nie kamer potjies haha), wie sal weet? Sal ook graag wil weet waarvoor gaan die miljoene. Heng as ek soveel het om net weg te gee kan ek aan baie beter dinge dink – hoekom nie vir goed soos DBV of diere organisasies, hul het dit duisend keer meer nodig as die anc. Die anc sukkel mos nie, vir wat vir wat vir hulle gee -wat is haar storie??

Lisa Prinsloo ·

Albert Bredehann is die BESTE fotograaf ooit!!! Hy toor met selfs met die lelikste eendjie (nie dat ek dink hyt ooit al n lelike eendjie afgeneem nie) Cherise Theron sal die bevoorregte een wees, nie Albert nie!!! Hou gerus jul snedige aanmerkings vir iemand anders!! You go Albert!!!! Ek glo in jou droom!

Dave ·

Is dìt wat sy genoem was toe sy nog op die plotte in Benoni gebly het – Cherise!

CB ·

Sy is ‘n baie mooi vrou en ek dink ook sy is bevoorregte een. Nie net is sy ‘n mooi vrou nie, sy is ook ‘n baie goeie aktriese… ek stem. Ek hoop sy bel hom…

Henry ·

Mens kan ‘n tappit chrome en mooi aantrek, maar dit bly nog ‘n tappit.
:-)

D Dahli ·

Stem 100% saam! Albert Bredenhann maak magic met sy fotografie! Eks ‘n baie groot aanhanger van sy werk, ek wag nog net my beurt af dat hy my moet afneem….maar tot dan, Tjom, hou ek al my 15 duime vas dat jou droom ‘n waarheid word! Vir almal van U wat so negatief is oor Charlize….gaan kyk eerder na Albert se werk, en verstaan dat ‘n man van sy statuur maar seker enige iemand kan afneem wat hy wil van fotos neem, afgesien van al die politiek & bitterheid. Dis mos nou SY droom…en drome is iets wat geen mens van ‘n ander kan steel nie! Gaan kyk gerus na Albert Bredenhann(Pixel Pro) se goeie dade & gun HOM sy drome vir die transfomasie wat hy in ander mense se lewens doen. Kyk gerus hierdie video: http://www.reshareworthy.com/friends-honor-gerdi-mckenna-after-breast-cancer/

nig ·

D Dalhi – kommentaar, soos so baie kere, nie oor die berig/fotograaf maar oor Charlize. Hy is goed; sy wel mooi, maar ja… ek se niks verder.

pop ·

Henry, ek hou van jou tappit storie. Ek het so n weersin in die vrou dat ek nie n film wil kyk waarin sy is nie. Sy kon vir haar mense baie beteken het, nou moet ek soek vir iemand wat iets goed van haar se.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.