Pta-gesin het noue ontkoming met rowers

Foto: Verskaf.

Foto: Verskaf.

ʼn Gesin van Doornpoort in Pretoria het die afgelope naweek inbrekers in hul huis met sowat 40 sekondes gemis.

Ilse Lourens en haar man het Saterdag omstreeks 07:00 hul seuntjie by haar suster gaan aflaai vir die dag. Haar suster bly sowat 300 m van hulle af.

Lourens en haar man het die res van die oggend by ʼn spa deurgebring. “Op pad terug om my seuntjie te gaan haal (by my sussie) het ons verby ons huis gery. Ek het spesifiek gekyk dat alles reg lyk by die huis en alles was reg.”

Lourens het verduidelik hul seuntjie het aan die slaap geraak by haar suster se huis en dat hulle gewag het tot hy teen omstreeks 12:30 wakker geword het. “Ons wou dadelik ry, maar het eers ʼn rukkie by hulle gesit en gesels.”

Volgens Lourens het hulle om die blok gery op pad huis toe en nie daardie dag die kortpad gebruik nie. “Ons het nogal verby die motor gery wat hulle gebruik het.” Hulle het slegs ʼn week vantevore kringtelevisiekameras laat installeer. “Toe ons by die huis kom, het ek gesien die klein hekkie staan oop. My man het dadelik waargeneem dat die agterdeur oopstaan en ons het besef daar is ingebreek. My man is dadelik by die huis in en ek het die paniekknoppie gedruk. Die plaaslike GPF en Kilnerpark Sekuriteit was vinnig op die toneel.”

Lourens en haar man het die kringtelevisiebeeldmateriaal nagegaan. “’n Goue Corolla met die registrasienommer BY54YXGP het om 12:36 by die huis verbygery, teruggekom en stilgehou. Die motor het hierna weer weggery en toe weer teruggekom en om 12:45 se kant begin inbreek. Die een verdagte het die breekwerk gedoen en die ander persoon was in die voertuig met ʼn papier. Hy het eers die voordeur se veiligheidshek oopgebreek, maar kon nie die houtdeur oopbreek nie en het toe die agterdeur en veiligheidshek ook oopgebreek. Dit het presies twee minute gevat om in die huis te kom,” verduidelik Lourens.

“Hy het sitkamer toe gehardloop en die televisie, ʼn klankversterker en DVD-speler gevat, uitgehardloop en die televisie by die agterdeur gelos, teruggekom en direk na die hoofslaapkamer gehardloop en na my man se bedkassie gegaan. Hy het daar ʼn klein byl en boeie uitgehaal en ook probeer om die kamerastelsel uit te ruk, maar was gelukkig onsuksesvol.”

Volgens Lourens het die rowers toe in die voertuig geklim en weggery net om ʼn minuut later weer terug te keer om luidsprekers te steel. Die rowers het ook die afstandbeheerders van die lugverkoeling gevat en dit later weer in die asblik gegooi.

“Daar was nog twee bokse met luidsprekers in wat hulle nie gevat het nie. Dis asof hulle presies geweet het wat hulle moet vat en vir niks verder gekyk het nie,” het Lourens gesê.

“Hulle het geen ander kamers oopgemaak of enige ander laaie deursoek nie. Elke keer wat ʼn motor verbygery het, het hulle gemaak asof hulle waai om iemand se aandag in die huis te kry. Die manne het presies geweet waar is wat. Hulle het ook heeltyd met handskoene gewerk. Die een persoon moes die kameras opgemerk het toe hy in ons kamer ingekom het, want hy het ingehardloop, is dadelik weer uit, het sy hoed laat sak en weer ingekom. Nie dat dit hulle baie gepla het nie,” het Lourens gesê.

“Ons het hulle met 40 sekondes gemis. Hy het wel die klein byl in die huis gelos, maar die boeie gevat. Ek neem aan dis wat hulle wou gebruik as ons miskien sou terugkom en hulle was nog daar,” verduidelik Lourens.

Ao. Johan van Dyk, woordvoerder van die polisie, het bevestig ʼn saak van huisbraak en diefstal word ondersoek. “Ons gaan die beeldmateriaal by die klaers kry en dit gebruik om ʼn identikit saam te stel wat dan versprei sal word om te help om die verdagtes te probeer opspoor,” het van Dyk gesê.

Lourens het gesê sy is dankbaar hulle het nie by die huis opgedaag terwyl die rowers nog daar was nie. “Ons is maar skrikkerig dat hulle miskien sal terugkom.”

Die rowers het onder meer met ʼn televisie, tuisteaterstel, DVD-speler en die boeie gevlug. “Dis nie baie items nie, maar dis duursaam en net die idee dat hulle in jou huis was en weet wat daar aangaan, maak ʼn mens woedend.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Connie ·

Ja, dit maak ‘n mens buite jouself van kwaadgeit. Die vermetelheid.!!!!

Daan Erasmus ·

Hoekom klink dit of daar binne inligting was. Mense wat so spesifiek teiken moet inligting hê

Annelie Bronkhorst ·

Ek wou presies di selfde gesê het.
Klink net baie verdagt.

judith ·

ek glo nie wat ek lees nie!!! “hulle” gee nie eers om of hulle sigbaar is of nie…….!!!!!!…dit pla hulle nie eers nie- so what? steel en plunder… the”next” home …..
dankie tog die eienaars was nie daar nie, ek wil nie eers daaraan dink nie, dit kon erger gewees het.

Dankie Kameras ·

Kameras het nou al baie gered en gehelp. Ek is bly vir jul dat jul installeer het, dit gaan baie help met ondersoek en die outjies se future inbrake in die wiele ry. Installeer kameras mense, dit raak al goedkoper en gee jou skokkende maar werklike feite, ook sommer vir die een wat die tip off in die huis gee oor wat alles waar is. Hierdie is mos ‘n voorbeeld, hetsy dienste wat gelewer was by die huis, tuinwerker of huisbediende. HOe sal die man presies weet wanneer om in te breek en waar om wat te vind. Hy het net nie geweet van die kameras – dit was te nuut vir die waarnemer wat inligting uitgelek het.

Elna ·

Gewoonlik iemand wat vir jou werk wat inligting uitgegee het of die mense wat die alarms en kameras installeer.

Elna ·

Gewoonlik mense wat vir jou werk of maatskappy se mense wat kameras en alarms installeer wat alleenlik die inligting weet en uitgee.

peanut ·

En as hulle presies geweet het waar wat is, dan is jou bediende betrokke, raak ontslae van die gemors en doen alles self.
Dit vat langer, is n schlepp, maar spaar lewens, geld en ergernis op die ou end

Sw ·

Jy het minder drama, glo my as jy jou huiswerk self doen. Hul verwag meer as die minimum loon, daag nie altyd op, wil altyd geld leen, baie kos hê en is dikbek as hul nie hul sin kry nie.
Dankie tog die inwoners was nie tuis nie. Ek sidder om te dink wat hul lot sou wees.

Genieve ·

Net bly julle was nie tuis nie…dis duur maar dis aardsegoed hulle sal wel opgespoor word.

Niccy ·

Dit sal nie die eerste keer wees wat dit dalk werkers van die Firma wat die kringteleviesie kameras se installasie gedoen het, kan wees nie. Niemand is vandag meer omkoopbaar nie en sulke inligting kan uitlek omdat hul alreeds weet hoe dit binne die huise lyk waar hul ‘werk’. Sekuriteits firmas wat huise ‘oppas’ is ook nie altyd so betroubaar nie. Tot die alarms kan ge-diaktiveer word

tinkie ·

gee asb net die straat naam sodat ons weet waar hul beweeg.

Theresa ·

Vermetelheid. Blatante arrogansie. Nie ‘n sleg motor nie – wonder of hy wettig aan hul behoort? Relatief netjies aangetrek. Die ou wat die motor bestuur het se papiere – is dit dalk ‘n lys met huisadresse wat “besoek” gaan word??! Hoop hul gesigte word spoedig in die buurt oral teen pale opgeplak, sodat die mense kan uitkyk vir hierdie uitvaagsels. Baie goed dat die kameras hul vasgevang het.

Kassie ·

Sonder enige twyfel is daar iemand in die huis gewees wat dalk werk daar gedoen het of steeds doen wat die informasie voorsien het. Dalk n kontrakteur wat iets reg gemaak het of net eenvoudig die bediende. Kyk maar op haar foon vir fotos, soms neem hulle fotos van waar die goed is en hoe dit lyk en stuur dit dan aan die ongewenste elemente.

Boerseun ·

Mnr. Lourens. Wat sou jy gedoen het as jy in 4 van die skelms vas geloop het toe jy net in die huis in hardloop?

Mense wag vir hulp, jy het net een lewe.

AL ·

Slegs 2 minute om in te kom by jou huis? ! Mense ons moet wakker skrik en beter oplet na sterker beveiliging!

Fw hulle ·

Maar fw de klerk het dan gese ons gaan veilig wees in nuwe SA

Petrus ·

Gaan net die registrasie nommer van die voertuig na en vergelyk dan die eienaar met die video, kan ons polisie dit dalk regkry?

Cornelia 1 ·

Bure kan van groot hulp wees as inbraak plaasvind.
Leer ken jou bure. Kyk uit vir mekaar se eiendom asook vir enige iets verdags.
Jou bure hoef nie boewe vas te trek nie. Hulle kan jou ten minste kontak
sou hulle onraad vermoed.

Afrikaanse Knaap ·

Jy het ook nou nie ‘n graad nodig om te weet dat alles van 2de handse waarde in die sitkamer en slaapkamer is nie.
Hierdie manne het seker dieselfde modus operandi by elke huis wat hulle binnegaan.
Hulle hou ‘n man lank dop voor hulle jou huis binnegaan.

Walter ·

Verstaan nie mooi nie. As daar ń paniek knop is hoekom was die alarm nie aan nie?

Ria ·

Ai ja jai…. CCTV werk nie. Dit help net om terug te gaan en kyk hoe hulle jou rot en kaal steel. Gebruik n pro-aktiewe stelsel. Gaan kyk en leer self. http://www.macado.co.za

Snuffels ·

Huisbediendes gee uitstekende instruksies, en kry betaling vir die selfoon fotos wat hulle neem van die buit…

Francie ·

Ek wil nie veralgemeen nie, maar ek weet van ‘n vrou wat op haar huishulp se selfoon gekyk het ( sy het dit daar vergeet) en foto’s gekry van die hele huis binne, die alarmstelsel, ens.

Andre ·

Iemand het die huismense dopgehou en die inbrekers laat kom toe die huismense vertrek. Die “organiseerder” werk dalk vir die bure? Vanwaar hy/sy op ‘n veilige afstand die gebeure kan dophou. Vind uit wie was waar in die bure se erwe!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.