Pta-gesin in huis oorval

gauteng-rooftogte

Argieffoto.

ʼn Gesin van Pretoria is Maandagaand deur gewapende mans in hul huis oorval en beroof.

Mynhardt le Roux, woordvoerder van Wierdabrug Sektor 2 se gemeenskapspolisiëringsforum (GPF), het Dinsdag aan Maroela Media gesê ʼn groep rowers het in twee VW Polo’s en ʼn goue Honda, waarvan die model nie bekend is nie, by die huis in Panoramaweg in The Reeds, Centurion, opgedaag.

“Die gesin is deur drie gewapende mans aangehou en van waardevolle besittings, waaronder ʼn televisiestel, mikrogolfoond en skootrekenaar, beroof. Dit was nie ʼn uitgerekte rooftog nie. Hulle is kort nadat hulle toegeslaan het, in die drie voertuie en die gesin se swart BWM 3-reeks daar weg.”

Beamptes van die Wierdabrug-polisie, plaaslike veiligheidsmaatskappye en lede van die GPF was kort nadat die voorval aangemeld is, op die toneel.

“Inligting oor verdagte voertuie is dadelik op die netwerk uitgesaai en uitkykpunte is op al die hoofuitgangroetes opgestel. Gelukkig het die slagoffers se BMW ʼn opsporingstoestel gehad en dit is later verlate in Tembisa opgespoor.” Daar was geen teken van die gesteelde besittings nie.

Die GPF het dadelik gereël dat die gesin, onder wie ʼn 11-jarige seun, traumabehandeling ontvang.

Die Wierdabrug-polisie ondersoek die voorval. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

De'lia Apsey ·

Nee ek glo nie dit storie ni daar is baie meer agter dit. mikrogolf, rekenaar en TV??? Ek ruik ‘n rot!!!

Foxi ·

De’lia…rowers vat goed wat weer verkwansel kan word. NIE almal het versekerings nie.
Maar nouja……..bedrog het al n voorkeur geword!

Anna ·

De’lia – pasop wat jy sê. Hoekom so negatief? Jy is dalk die volgende slagoffer. Hoekom sal gewapende rowers met 3 motors kom as daar niks waardevols in daardie huis gevind kan word nie? Onthou ook dat hul dikwels in die omgewing dalk huise het en vinnig kan verdwyn. Wat help dit om paaie dop te hou en af te sper as hulle net om die hoek woon en vinnig kan verdwyn?

Amelia ·

hoekom sal jy jou eie 11 jarige deur so iets sit net om bedrog te pleeg….??? dink bietjie…

Protes ·

Weereens aanval swart op wit maar dit is maar ok want dit is die norm en die gemaklike burger se niks.

Theresa ·

Regtig erg. EN, raai wie ly die meeste skade?? Wonder wat sou gebeur as mens dit visa versa begin doen?

Lance ·

Presies wat ek gedink het ek sou lees …nog op vrye voed en geen inhegtenisname is gemaak en o ja die polisie ondersoek die saak kamtig hehe wat n joke is die polisie nie veral as mens so geteeld lees dat hulle self die diewe is !

Dawid ·

As jy VW polo agter jou sien dan sak jou moed in jou skoene
Krimineele se voorkeur vervoer

Theresa ·

Moet sê, ek hou ook maar die swart BWM’s en silwer Mercs goed dop…

Boerin ·

Daar kom 3 rowers in. Ek wonder hoeveel was buite? As hul met 3 karre daar aankom!! Nee wat, ons is uitgelewer aan Afrika! En vang sal hulle hulle nooit nie!

andrea van vuren ·

Onthou hulle is “vermeende” rowers. Indien gevang sal hul borgtog kry tot “onskuldig” bewys! Siek man siek!

ANDRE ·

Soveel rowers met soveel voertuie op een plek , vir so so min items ??? Ek weet nie so mooi nie , daar was meer daar agter as wat jy dink .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.