Pta-gruvonds: Verdagtes in hof

Die ses mans wat in hegtenis geneem is nadat ʼn familie in Northcliff, Johannesburg, Sondagaand beroof en ontvoer is en hul verkoolde liggame Maandag buite ʼn spoglandgoed in Pretoria gevind is, sal vandag in die Johannesburg-landdroshof verskyn.

Maroela Media het vroeër berig ʼn familielid het bevestig die liggame van Rakiel Naidoo (23), haar ma, Melanie Naidoo (51), en haar oom, Gregory Naidoo (57), is Dinsdag uitgeken nadat die polisie hul nadoodse ondersoek voltooi het.

Maroela Media het vroeër berig daar is beslag gelê op die Mercedes-Benz van die Naidoo-familie nadat hulle Sondagaand vermoedelik in dié voertuig ingeboender is ná ʼn gewapende huisroof.

Hul smeulende oorskot is Maandag in Centurion gevind toe sekuriteitswagte ʼn veldbrand wou gaan blus.

Kapt. Kay Makhubele, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê die ses mans is in Soweto, Olifantsfontein en Ekurhuleni vasgetrek.

Die verdagtes is tussen 25 en 40 jaar oud. Makhubele het bevestig dat een van die beskuldigdes al 12 jaar vir die Naidoo-familie werk.

“Ons ondersoek presies watter soort werk hy vir die familie gedoen het en of hy betrokke was in enige geskille met die familie,” het Makhubele gesê.

Die elektriese toestelle wat in die rooftog gebuit is, is teruggevind, sowel as die Toyota Quantum wat as wegkomvoertuig gebruik is.

Die oorledenes se liggame is steeds in die lykshuis terwyl die polisie wag vir die DNS-uitslae.

Lees die vorige berigte oor die Northcliff-familie op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Jane ·

En dan se mense die mense vermoor omdat hulle ARM is – dat armoede die grootste oorsaak vir misdaad is? Regtig? Hierdie man het 12 jaar van die goedgunstigheid van die Naidoo’s geleef, hy het 12 jaar werk gehad, en 12 jaar kon hy sy familie versorg. Hulle gaan en vermoor die mense op die wreedste manier moontlik, OM ‘n jong dame, man en vrou vas te bind en lewendig aan die brand te steek, is NIE net gewone moord nie, dit is absoluut een van die wreedste sterftes wat daar is. Daar is NIE ‘n verskoning vir misdaad nie, daar is NIE ‘n verskoning vir moord nie, en ek is geskok oor die Regering se TRAAGHEID om teen misdaad op te tree.

Lollie ·

Weereens is dit ń bewys dat jy hulle NOOIT kan vertrou nie, al het jy hom grootgemaak!

Brabus ·

Dit gaan seker nou weer oor n loon geskil………………………Dit word mos regverdig in die land om mense te vermoor en hulle goed te steel wanneer daar vir jou gewerk word.

m ·

Stem saam jou Stefie. Hierdie gemors het maar net nie n gewete nie en voel ma net niks vir enige iets of iemand nie.

Johann Marx ·

Weereens ‘n bewys van ‘n verstommende feit wat by ALLE gevalle soos hierdie voorkom. ‘n Groot gedeelte van die populasie van hierdie land beskik nie oor die vermoë om die uitkoms van hulle dade in ag te neem terwyl hulle sulke dade pleeg nie. Gaan lees ook maar wat sê die Tokai Bos moordenaar…… Ons tronke sit VOL onskuldige mense wat nie “die bedoeling” gehad het iemand te vermoor nie….dit het nou maar net ongelukkig gebeur.

Mellie ·

Hoe, HOE vermoor by iemand wat hulls 12 jaar oor jou ontferm het?! Hoop hulle vrot op in die tronk.

alida ·

Mellie, maklik want dit is hulle manier om dankie te se. Oor en oor bewys.

Magda ·

Dis hoekom ek niemand in diens neem nie , en ook geen geld by Robots gee nie – werk myself.

judith ·

Dit is so wreed! 6 verdagtes! ek het so gedink daar moes meer as 3 persone betrokke gewees.
dalk weer ‘n “inside job” ook.

BAIE GELUK AAN DIE POLISIE -WELL DONE!

Ai ·

Jy weet, toe ek in die begin gese het die lyk vir my soos n wraak moord toe word my kommentaar nie geplaas nie. Maar dis nou presies wat die polisie gaan ondersoek omdat die een moordenaar vir die oom gewerk het.

al ·

Ek is sprakeloos – as jy by iemand werk en daar was bv. N loongeskil, daarvoor is daar mos ñ Departement van Arbeid.
Ek siek en sat vir afgewaterde verskonings wat plaaswerkers ook gebruik indien hul n boer vermoor het oor dit.

Tino ·

Moenie by die hof verby gaan en n vonnis en tronkstraf insamel nie. Gaan Reguit na halsnoering!!

Justice ·

Geagte Mnr / Me. die Regter – om 3 lewenslange vonnisse gelyklopend te laat uitdien is `n klug. Maak dit aub. opeenvolgend. `n Moordenaar is onrehabiliteerbaar.

SARIE VAN HEERDEN ·

Waarskynlik nie die eerste moorde wat hierdie span pleeg nie en dit sal ook nie die laaste wees nie. Inside information van iemand wat 12 jaar vir hul gewerk het. Maak mens bang om te wonder wie jy kan vertrou .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.