Pta-gyselaarsdrama: Burgemeester betuig meegevoel

Solly Msimanga, Pretoria se burgemeester, Donderdag by die stadsaal. Foto: Phillip Bruwer

Solly Msimanga, Pretoria se burgemeester, Donderdag by die stadsaal. Foto: Phillip Bruwer

Solly Msimanga, Pretoria se burgemeester, het Donderdag sy meegevoel betuig met die vriende en families van die slagoffers in Woensdag se gyselaarsdrama in die ooste van die stad wat die lewe van vier mense geëis het.

Msimanga het tydens ʼn besoek saam met die media aan die Pretoria-stadsaal spesiaal hulde gebring aan een van die slagoffers, Edward Gobey (47), wat onlangs betrokke was by die restourasieprojek van die stadsaal.

Edward Gobey saam met sy dogter Charlize.

Edward Gobey saam met sy dogter Charlize.

“Mnr. Gobey was een van die direkteure van Interior Contracting Solutions (ICS), die subkontrakteur wat aangestel is om restourasie aan die stadsaal se oorhoofse ruimte en afskortings te doen,” het Msimanga gesê.

“As ons terugkyk na die uitstaande werk wat sy maatskappy hier by die stadsaal verrig het, sal ons met groot hartseer die tragiese ­wyse onthou waarop hy dood is.”

Msimanga het gesê die oorledenes se naasbestaandes is in almal se harte en gebede. “Mag God hulle in hierdie hartseer tyd vertroos.”

Maroela Media het vroeër berig die voorval het Woensdag teen 12:30 by The Meadows-veiligheidskompleks in Moreletapark begin en teen 22:00 was vier mense dood. Die skieter, Danie Small (53), het glo ʼn buurvrou met klippe gegooi waarna die kompleks se veiligheidsbestuurder, Gobey, en die polisie ontbied is. Gobey, en twee van die skieter se bure, Jannie Earle en nog ʼn man, is kort daarna doodgeskiet voordat Small twee polisiebeamptes en drie veiligheidswagte, wat die situasie probeer beredder het, as gyselaar geneem het. Die gyselaars is later deur die polisie se spesiale taakmaglede gered waarna Small glo selfmoord gepleeg het.

Earle was die sekretaris van die Afrikaanse Taalraad en oudpredikant wat tot sy dood berading aan mense verskaf het. Die derde slagoffer se identiteit is nog nie amptelik deur die polisie bekend gemaak nie.

Lees alle vorige berigte oor The Meadows-gyselaarsdrama op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Jean ·

Moet sê hierdie nuwe Burgemeester maak die regte geluide. Nog NOOIT het ‘n ander Burgemeester of enige ANC afgevaardigde so iets gedoen nie. Dankie, dit moet seker baie vir die slagoffers se families beteken!

linda ·

Ek het van n persoon wat baie betrokke is in die DA gehoor Solly Masimanga is down to earth en hy vat nie nonsens nie – as ek in PTA was het hierdie man my volle ondersteuning gehad. Nog nooit – soos reeds gesê- is was dit al ooit gedoen nie – hy verdien my respek

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.