Pta-gyselaarsdrama: Slagoffers ter ruste gelê

ʼn Groot groep mense het Sondag bymekaargekom om hul meegevoel te betuig. Foto: Via die nuusbrief

ʼn Groot groep mense het Sondag bymekaargekom om hul meegevoel te betuig. Foto: Via die nuusbrief

Twee van die slagoffers van verlede Woensdag se skietvoorval by ʼn veiligheidskompleks in die ooste van Pretoria is Donderdag saam ter ruste gelê.

Maroela Media het vroeër berig die gyselaarsdrama het Woensdag teen 12:30 in The Meadows-veiligheidskompleks in Moreletapark begin en teen 22:00 was die skieter en inwoner van die kompleks, Danie Small, en drie van sy bure, Edward Gobey, Jannie Earle en Johannes van der Zwaard, dood.

Earle en Van der Zwaard is albei Donderdagoggend in die Pretoria-Oos-begraafplaas begrawe, waarna ʼn gesamentlike troosdiens by die Gereformeerde kerk Waterkloofrand gehou is.

’n Gedenkbyeenkoms vir familie en vriende van Gobey sal Vrydag om 11:00 by ʼn plaaslike restaurant gehou word.

Intussen het The Meadows se huiseienaarsvereniging vandeesweek in ʼn spesiale nuusbrief aan inwoners inligting verskaf van beraders wat die gemeenskap in die moeilike tyd bystaan.

“Die huiseienaarsvereniging het verskeie stappe geneem om diegene wat direk geraak is, by te staan deur toegang tot beraders te reël. Daar is ook ʼn kransleggingsdiens gehou onder leiding van ds. Petrus van Blerk,” het die vereniging in die nuusbrief gesê.

ʼn Groot groep mense het Sondag by die kompleks se klubhuis bymekaargekom om hul meegevoel met familie en vriende van die oorledenes te betuig.

Die vereniging het bygevoeg ʼn fonds is gestig waarin mense ʼn bydrae kan lewer om die slagoffers van die skietery finansieel by te staan.

Die bestuur het sy dank uitgespreek aan almal in die buurt wat inwoners van die kompleks en omliggende huise badkamergeriewe, kos en water aangebied het terwyl die ure lange gyselaarsdrama hom afgespeel het. Die strate rondom die kompleks was heeltemal vir motoriste en voetgangers afgesper en niemand buiten die polisie se spesiale taakmag was toegelaat om die kompleks binne te gaan of te verlaat nie uit vrees dat die skieter op meer mense sou losbrand.

Die vereniging het ook spesiale dank betuig aan al die eenhede van die polisie wat betrokke was, Brinant Security, Bull Security, die plaaslike raadslid en Solly Msimanga, Pretoria se burgemeester.

Lees alle vorige berigte oor The Meadows-gyselaarsdrama op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Cherokee ·

Eendag lnk terug het ek vir ‘n prokureur gesê (en dit was by ‘n verkiesing waar ons opponerende partye verteenwoordig het) dat ek nie sy werk wil hê want hy altyd deurmekaar met skelms. Toe vra hy watse werk stel ek voor doen hy; ‘n tandarts? In mense se monde rondkrap? Ek dink nie Hannie, jy wil ‘n berigskrywer of ‘n joernalis wees nie. Miskien sommer net kersvader/kersmoeder dan werk jy net een maal per jaar.

Magda ·

Dis baie hartseer, maar Maroela Media ons hoor nie word van die Samll man se familie nie???
Hoe lyk die persoon?

Johan ·

Ek wil graag ook weet hoe lyk die persoon wat my oom geskiet het, want daar is niks oor die persoon geskryf nie . En die polisie kan nie sê of hulle of hy self hom geskiet het nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.