Pta-gyselaarsdrama: Taalraad-man een van slagoffers

Jannie Earle

Jannie Earle

Die identiteit van nog een van die slagoffers van Woensdag se gyselaarsdrama in die ooste van Pretoria, is bekend.

Die Afrikaanse Taalraad het bevestig sy sekretaris, Jannie Earle, is een van die drie mans wat in The Meadows-veiligheidskompleks in Moreletapark deur Danie Small doodgeskiet is voordat hy selfmoord gepleeg het.

Prof. Anne-Marie Beukes, voorsitter van die Afrikaanse Taalraad, het aan Maroela Media gesê Earle was een van Small se bure. “Hy het in die verlede probleme met die man gehad. Die man het sy hond doodgeskiet.”

Volgens Beukes is hulle nog nie seker oor die gebeure wat die skietery voorafgegaan het nie. “Ons is nie seker of Jannie buite rondgeloop het en toe geskiet is en of hy dalk met die man probeer praat het nie.”

Earle was ʼn oud-predikant en het tot sy dood berading aan mense verskaf. “Hy sou nie ʼn vlieg kwaad aandoen nie. Sy dood is vir ons ʼn reuseverlies.”

Foto: Emer-G-Med/Facebook

Foto: Emer-G-Med/Facebook

Maroela Media het vroeër berig die voorval het Woensdag teen 12:30 begin en teen 22:00 was vier mense dood. Small het glo ʼn buurvrou met klippe gegooi waarna die kompleks se veiligheidsbestuurder, Edward Gobey, en die polisie ontbied is. Dit is toe dat Gobey en nog ʼn man doodgeskiet is. Dit is nog nie duidelik of Earle saam met Gobey doodgeskiet is nie en of hy die derde persoon is wat later doodgeskiet is.

Die polisie en veiligheidswagte was hierna op die toneel en iewers tussenin is twee polisiebeamptes en drie veiligheidswagte in Small se erf vasgekeer. Small het na bewering op ʼn balkon of ʼn patiodak gestaan met ʼn vuurwapen. Die gyselaars is deur die polisie se taakmag gered waarna Small homself glo in die huis toegesluit het. Hy het later selfmoord gepleeg.

Kapt. Dave Miller, woordvoerder van die polisie, het vroeër aan Maroela Media bevestig die polisie ondersoek bewerings dat Small ʼn moeilikheidmaker was en dat hy glo al verskeie inwoners gedreig het en van hulle troeteldiere doodgemaak het.

Lees alle vorige berigte oor The Meadows-gyselaarsdrama op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

44 Kommentare

jongste oudste gewildste
Jean

Hoekom is die man se vuurwapen nie afgeneem toe hy die hond doodgeskiet het nie? Hulle is altyd so erg oor vuurwapen afvuur in ‘n woongebied en dit vir ‘n hond, en hy kon sy wapens hou? Ek lê dit 100% voor die deur van die polisie. Lisensies word op sulke streng voorwaardes toegeken, ek is self ‘n vuurwapen eienaar en moet elke jaar deur hierdie sessie gaan net om my lisensie te hernu, HOE het hierdie man weer sy wapen terug en ‘n lisensie vir hom gekry? Jammer, die man het reeds probleme gegee en NIKS is weer daaraan… Lees meer »

Patrys

Danie Small was NIE ‘n oud recce nie – stel dit asb reg op jul nuusblad!!!!

Babbelbek

Soo onnodig en hartseer! Sterkte aan al die families wat hierdeur geraak word – mag jul ryklik vertroos word!

Babbelbek

Dit is sooo onnodig en hartseer, baie sterkte aan al die families wat betrokke is mag jul ryklik vertroos word!

Tiaan

Was nie operateur (recce). Bure het kat aan stert beet