Pta-gyselaarsdrama: Taalraad-man een van slagoffers

Jannie Earle

Jannie Earle

Die identiteit van nog een van die slagoffers van Woensdag se gyselaarsdrama in die ooste van Pretoria, is bekend.

Die Afrikaanse Taalraad het bevestig sy sekretaris, Jannie Earle, is een van die drie mans wat in The Meadows-veiligheidskompleks in Moreletapark deur Danie Small doodgeskiet is voordat hy selfmoord gepleeg het.

Prof. Anne-Marie Beukes, voorsitter van die Afrikaanse Taalraad, het aan Maroela Media gesê Earle was een van Small se bure. “Hy het in die verlede probleme met die man gehad. Die man het sy hond doodgeskiet.”

Volgens Beukes is hulle nog nie seker oor die gebeure wat die skietery voorafgegaan het nie. “Ons is nie seker of Jannie buite rondgeloop het en toe geskiet is en of hy dalk met die man probeer praat het nie.”

Earle was ʼn oud-predikant en het tot sy dood berading aan mense verskaf. “Hy sou nie ʼn vlieg kwaad aandoen nie. Sy dood is vir ons ʼn reuseverlies.”

Foto: Emer-G-Med/Facebook

Foto: Emer-G-Med/Facebook

Maroela Media het vroeër berig die voorval het Woensdag teen 12:30 begin en teen 22:00 was vier mense dood. Small het glo ʼn buurvrou met klippe gegooi waarna die kompleks se veiligheidsbestuurder, Edward Gobey, en die polisie ontbied is. Dit is toe dat Gobey en nog ʼn man doodgeskiet is. Dit is nog nie duidelik of Earle saam met Gobey doodgeskiet is nie en of hy die derde persoon is wat later doodgeskiet is.

Die polisie en veiligheidswagte was hierna op die toneel en iewers tussenin is twee polisiebeamptes en drie veiligheidswagte in Small se erf vasgekeer. Small het na bewering op ʼn balkon of ʼn patiodak gestaan met ʼn vuurwapen. Die gyselaars is deur die polisie se taakmag gered waarna Small homself glo in die huis toegesluit het. Hy het later selfmoord gepleeg.

Kapt. Dave Miller, woordvoerder van die polisie, het vroeër aan Maroela Media bevestig die polisie ondersoek bewerings dat Small ʼn moeilikheidmaker was en dat hy glo al verskeie inwoners gedreig het en van hulle troeteldiere doodgemaak het.

Lees alle vorige berigte oor The Meadows-gyselaarsdrama op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

44 Kommentare

Jean ·

Hoekom is die man se vuurwapen nie afgeneem toe hy die hond doodgeskiet het nie? Hulle is altyd so erg oor vuurwapen afvuur in ‘n woongebied en dit vir ‘n hond, en hy kon sy wapens hou? Ek lê dit 100% voor die deur van die polisie. Lisensies word op sulke streng voorwaardes toegeken, ek is self ‘n vuurwapen eienaar en moet elke jaar deur hierdie sessie gaan net om my lisensie te hernu, HOE het hierdie man weer sy wapen terug en ‘n lisensie vir hom gekry? Jammer, die man het reeds probleme gegee en NIKS is weer daaraan gedoen nie, ou storie .. wag tot iemand doodgaan, die hond se lewe was niks in hulle oë nie, maar die gevaartekens was reeds daar. Hy as ‘n moeilikheidmaker EN het mense al gedreig EN hulle troeteldiere doodgeskiet, sjoe, is dit ‘n aanvaarbare praktyk in ‘n bewoonde are? Dit is nou te LAAT om stappe te neem as hy 4 lewens geneem het, onder andere sy eie lewe. Dis onaanvaarbaar.

Klaas ·

Sjoe Jean! Die polisie is darem erg met jou. Ek is baie gelukkiger – ek hoef my vuurwapenlisensie net een keer elke 10 jaar te hernu; darem nie elke jaar soos jy nie.

Sue ·

Ek kan nie glo dit het gebeur nie.Mense ons en die Wereld is in a gemors. Mens skiet diere? Jou wapen word nie gevat nie? Dis wreed en skrikwekkend nee magtig.as jy so baie probleeme veroorsaak het hoekom is daar nie sake gemaak teen hom nie? Nou is daar mens se lewes geneem iemand se ouers iemand se kind iemand see egenoot?hoe aanvaar ons so iets ? Sterkte aan almal bertokke.Dit is siek mense .

Veritas ·

Jean. Van wanneer af moet jy elke jaar jou vuurwapenlisensies hernieu? Ek dink jy jok vir ons, jou ou karnallie.

poot ·

Jean
ek dink nie ly het jou feite reg nie. Eerstens hernu jy nie jou lisensie elke jaar nie. Tweedens….die beskuldigings wat na Small se kant toe gegooi word moet gepaard gaan met ‘nklag wat gelê word. As daar nie klagtes is nie kan die polisie nie reageer nie. Die feite rondom hierdie aannames is te vaag om gevolgtrekkings te maak.

Jakes ·

Jean dis elke 5 jaar as wapen vir self verdediging is en 10 jaar vir Jag geweer. En die wat nog groen wapen lisensies het nooit.

Cherokee ·

Jakes, ek is nou effens nuuskierig oor wat jy groen lisensies noem. My pistool s’n lisensie moet ek 5 jaarliks hernu em die van my rewolwer, elke 10 jaar. Wat is ‘n ‘groen lisensie’? Is dit lisensies wat verkry is tydens die jare van die ark? Maar ek kla nie, hoef dit nie jaarliks te doen soos Jean sê, nie.

Feite ·

Stem Klaas. Hernuwing op handwapens elke 5 jaar en nie jaarliks.

Patrys ·

Danie Small was NIE ‘n oud recce nie – stel dit asb reg op jul nuusblad!!!!

Sune van Heerden ·

Dagsê Patrys

Ons vra om verskoning vir die flater, Dit is verkeerde inligting wat aan ons deurgegee is. Ons het die berig gewysig.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Patrys ·

Dankie Suné, ek waardeer! En ja, Sam, ongelukkig is dit vir sommiges (en daarmee bedoel ek nie Maroela Media nie!) wat sooooooo daarvan hou om soldate uit die vorige bedeling as die slegste van die slegte karakters uit te beeld…..en meestal is dit onwaar!

Babbelbek ·

Soo onnodig en hartseer! Sterkte aan al die families wat hierdeur geraak word – mag jul ryklik vertroos word!

Babbelbek ·

Dit is sooo onnodig en hartseer, baie sterkte aan al die families wat betrokke is mag jul ryklik vertroos word!

Jakes ·

So tragies. En mens dink jy is veilig in ‘n sekuriteitskompleks?
Kan net nie verstaan hoe kon die man gewapende beamptes gyselaar neem.. 1 teen 3 en hy kry die oorhand?

Bomskok ·

Meeste sekuriteitsbeamptes, oral oor in die land, is “pretty much useless”. Moenie jouself veilig voel net omdat jy ‘n “veiligheidswag” voor, by die hek, sien nie. Baie van “hulle” is eerder kop in een mus met die skurke.

Karma ·

@Gerd Lourens: ek het al ‘n paar maal gevoel om ‘n paar stupid kommentators ‘uit te haal’, maar ek kan nie, want dit is moord. Jou opinie is simpel en ongevraagd.

Jaco Venter ·

Innige simpatie aan al die gesinne wat geliefdes verloor het in die tragiese voorval. Rus sag Edward Gobey. Jy was n sagte reus met n groot hart. Aan almal by ICS sterkte vir julle.

Kaspaas ·

Hy is nie n oud recce nie. Die spesmagte assosiasie het dit bevestig

Daan Erasmus ·

Gert. Ek stem saam met jou. Daar is ongelukkig te veel honde eienaars wat net nie omgee nie. Doof vir sy eie hond se blaf.

Riaan van Staden ·

Kry asb julle feite reg; Small was geensins n oud- recce nie, of enigsins verbonde aas Spesiale Magte nie! Verwyder asb en wysig julle berig!

Sune van Heerden ·

Dagsê Riaan

Ons vra om verskoning vir die flater wat ingesluip het as gevolg van foutiewe inligting wat aan ons gegee is. Die berig is nou gewysig.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Sam ·

Lees julle nie? Hulle het mos daarbo kla gese die berig is reg gemaak!!!!

Pop ·

Honde gee probleme en mens kan mooipraat tot jy mal raak. Aanhoudende geblaf dryf my ook teen die mure uit. Ek het self 2 en hulle is tjoepstil. As hulle blaf is daar gevaar. Arme man het geknak !!

Pierre ·

Het vir Jannie persoonlik geken, hy het tydens ‘n die dood van ‘n familielid 4 jaar gelede my tannie persoonlik bygestaan en was ook betrokke met die begrafnis reelings in die tyd. Sy merkwaardige manier van hoe hy met haar ‘n pad gestap het na haar man se dood was besonders gewees. RIV Jannie Earle. Al het hy geknak is dit geen reg om mense dood te skiet nie.

Diereliefhebber ·

Daar is absoluut niks “arm” omtrent die man nie! Hy het wrede en onmenslike dade gepleeg, ander persone se geliefdes van hulle af weg geneem en dan kan hy agterna geen verantwoordelikheid neem vir die optrede nie!

Vrede ·

Ek is so moeg vir mense wat hul onnodig uitspreek oor blaffende honde. Het enigiemand al gewonder HOEKOM die honde blaf? Mense kry dier en skeep hulle af, nou is dit n probleem as die arme diere aandag soek. Die eienaars van hierdie diere moet eerder bevraagteken word. Ons samelewing het verval in gevoelloosheid en geweld. Mense moet maniere kry, en ophou om verskonings toe soek vir alles anders.

Helien ·

Baie jammer dat n mens so deur die lewe geneem moet word. Bid vir die familie, en mag julle vrede in julle harte kry.

Woef ·

Daar was dalk voorheen probleme oor die honde, maar ander media berig oor n muur wat besig om aangebou te word sonder toestemming van estate, en dit is waar gister se probleme ontstaan het.

ELSA LOURENS ·

Jannie Earle was ‘n Predikant. Hy was ‘n Berader. Ek het self ‘n Beraders Kursus wat hy aangebied het by gewoon. Soos ek hom geken het sou hy die persoon wou help! My hart is stukkend en my innige meegevoel word hiermee aan die families uitgespreek.

joe ·

Ek lees so deur al die kometaar…..
Nou dink ek so by myself – 3 mense is koelbloedig vermoor deur n persoon wat sy eie lewe geneem het
En wat lees ek orals kla die mense oor iets wat verkeerd is, van honde tot verkeerde informasie
4 families se lewens is omver gegooi en al wat mense as komentaar het is om te kla en te se wat verkeerd is…..

My inige simpatie met die 4 families wat se lewens so tragies omvergewerp is.

A Venter ·

Sjoe, ek dink die meeste van julle mis die punt!!!!! Gaan dit hier oor wapenlisensies wat elke jaar of 5 of 10 hernu moet word en of iemand ‘n Recce is of nie?????????????
Ek sou dink dit gaan oor die tragiese dood van onskuldige mense in ‘n land waar daar geen respek vir lewens oor is nie! Kry bietjie jul prioriteite reg, nou vat julle mekaar hier aan soos klein kindertjies oor onbenullighede!!!!! Word groot!!!

Anoniem ·

A Venter ek stem saam met jou…Mense mis die julle punt hier. Hier is onskuldige mense dood. mense se lewens het in n kwessie van n paar uur verander met baie seer……en al wat hul oor kan praat is honde en wapen lisensies. Maak mens skoon hartseer as mens die onbenullige kommentaar lees. Sterkte met elke familielid wat n geliefde aan die dood afgestaan het, sterkte met elkeen in daardie kompleks en omliggende bure wat dit deurgegaan het…ja jul het ook jul trauma weg hierin en mense vergeet so gou van julle. Ek kan net bid dat dit goed sal gaan met elkeen van julle hierby betrokke…..

Lindie ·

A Venter,
My punt is, die pers moet hul feite bevestig voordat hulle publiseer in plaas van bewerings te maak. Feitlike berig gewing is belangrik vir die publiek vir ooglopende redes. Die was ‘n tragedie wat vir die betrokkenes vir jare gaan by bly. Ook vir die oorledende is ware berig gewing belangrik, nie so seer vir hulle nie, maar vir hul geliefdes wat agterbly. Vir die handjie vol recces en oud recces is dit belangrik, want soos die mensdom is, sal hulle geestes gesondheid en verdere versinsels aan een gebeurtenis gekoppel word. Voorwaar is hier is mense agter hierdie berig wat die stukkies van hul lewens moet optel. Die pers dra verantwoordelikheid om sover moontlik feitliks te berig. Sommige mense verstaan nie die verskil tussen “bewerings” en waarheid nie.

Johann ·

Skuus? Iemand vermoor mense “in cold blood” …en daarna lafhartig vermoedelik homself…en daars boorgatspoke wat kommentaal lewer oor BLAFFENDE HONDE!!!!!!!! Rerig!!!!! Is daar geen einde aan die onsimpatieke gepaartgaande disfunksionele gewelds gewoonte sindroom wat posvat onder ons nie. Skaam julle!

Leon ·

Dis jammer as mens sien hoe die “keyboard warriors” aan die baklei raak hierbo wanneer hulle kommentaar lewer op so ‘n tragiese gebeurtenis! Innige simpatie en sterkte aan familie en vriende van almal wat deur die treurspel geaffekteer is.

Sus ·

Ek woon al lank in ‘n sekuriteitskompleks en dien op die direksie wat moet toesien dat die nodige huisreëls in plek is en dat dit toegepas word. Ons bly ‘opmekaar’ en moet mekaar respekteer. Daar is prosesse waarvolgens ‘n lastige troeteldier of onwettige boupraktyke hanteer moet word. ‘n Onstabiele mens is en bly onvoorspelbaar – nie polisie, direksie of blaffende hond se skuld nie.

Kobus ·

My innige simpatie met wat gebeur het – my hart gaan uit na al die gesinne en families wat geraak word hierdeur. Ek self is betrokke by ‘n kompleks waar mense aanhoudend die kompleksreels verbreek en daar niks aan gedoen (kan) word nie. My seun is al deur twee inwoners gedreig en steeds word dit as aanvaarbaar beskou om die reels te verbreek. As die mense tog asseblief net wil gehoorsaam wat daar van hulle verwag word sal sulke hartseer dinge baie minder voorkom.

Sê maar net ·

Ek glo nie almal wat or lisensies en honde en mure kla is onsensitief nie. Hulle wil dalk net hê mense moet kennis neem en oppas dat so vreeslike tragedie nooit weer gebeur nie. Met ander woorde begin bedagsaam wees.

Ancel Earle ·

Jannie baie dankie vir die mens wat jy was en beteken het. Ons innige meegevoel aan die
Earle familie Jurina, de Klerk en Tjaart. Dit was so onnodig.
Wessel, Ancel, Herby, Engelett , Alla, Elda, Anel, Arno, Janus, Stephanie en Stefnu.

dries ·

Kan iemand my inlig, wat doen jy as n hond jou elke dag en nag mal blaf? moet jy maar stil bly en aangaan. Om met die mense te praat help niks. Wat ek ook nie kan verstaan hoekom hou mense groot honde aan op n klein stukkie grond.

Winston ·

Dit is n tragiese gebeurtenis vir almal wat deur die dood geraak was van n naasbestaande, familielid of vriend. Die tekens was heel moontlik gesien, maar niemand wil meer betrokke raak by beskuldigings heen en weer nie. Die een wat kla word die beskuldigde.
Sterkte vir almal

Marie van der Merwe ·

Aggresiewe persone met vuurwapens se gesinslede weet gewoonlik van hulle onbehoorlike woede, dreigemente en dade. Net soos die doodstraf voorkom dat n krimineel weer kan moor, kan die verwydering van vuurwapens van n ooglopende onbekwame persoon om dit te besit, wangebruik voorkom. Neem verantwoordelikheid vir jou gesin, eggenoot, kinders en vriende. Beskerm die samelewing met jou kennis en tree pro-aktief op.

Annette Snyman ·

Mense, elke ou is geregtig op sy opinie want agter elke opinie skuil ‘n storie. Die feit van die saak is dat daar slegs GESPEKULEER kan word want die enigste persoon wat antwoorde kon gee, is oorlede. Geen hof aanvaar spekulasie hoorsê getuienis nie want dis van geen waarde nie. Vier gesinne gaan vir baie lank sukkel om hierdie tragedie te verwerk. Vier gesinne moet nou begrafnisse reël. Danie was iemand se kind, iemand se man, iemand se vriend. Daai mense was en is lief vir hom, hoe onverstaanbaar dit ook al vir ‘n buitestaander mag wees. As mens nie iets goeds kan sê nie, bly stil. Ons ma’s het ons so geleer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.