Pta-hawelose sterf in kruisvuur: Drie aangekla

Die vrou wat noodlottig gewond is in die kruisvuur. Foto: Verskaf

Die vrou wat noodlottig gewond is in die kruisvuur. Foto: Verskaf

Drie verdagtes sal Donderdag in die hof verskyn nadat ʼn hawelose vrou van Pretoria in Mei doodgeskiet is toe ʼn skietgeveg tussen die polisie en drie vermeende rowers uitgebreek het.

Maroela Media het vroeër berig Charlene Buys (40) het Mei vanjaar in die kruisvuur beland toe polisiebeamptes agter rowers aangejaag het nadat ʼn drankwinkeleienaar in die Moot-gebied beroof is. Die verdagtes het glo tydens die jaagtog die polisie om ʼn hoek ingewag en op hulle losgebrand.

Buys en haar man het langs die pad geloop en sy is noodlottig gewond. Haar man is nie beseer nie. Die egpaar is haweloos en het saans êrens in die omgewing geslaap.

Kapt. Disebo Selepe, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn ondersoek na die voorval is gedoen om vas te stel of Buys deur die polisie of rowers geskiet is. Volgens hom is daar vasgestel dat Buys nie deur polisiebeamptes geskiet is nie.

Drie van die vermeende rowers is einde Mei in hegtenis geneem en ʼn klag van moord en poging tot moord is teen hulle aanhangig gemaak. “Die verdagtes is op borgtog vrygelaat en sal weer op 16 Julie in die Pretoriase landdroshof verskyn,” het Selepe gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Gert ·

Verdagtes op borgtog vrygelaat???? Hoeveel ander rtooftogte het hulle nie in die tyussentyd gepleeg nie? Hoe siek is ons regstelsel!!!! Hoeveel mense sit vir baie minder ernstige oortredings in die tronk en wag vir hul sake om afgehandel te word suiwer omdat hulle nie geld het om borg te betaal nie. Ek vra maar net??

Gerhard Bezuidenhout ·

Gert ek stem saammet jou , die blikskottels moes nie borg gekry het nie . Ons regstelsel laat mens koud en ek wonder watse straf hulle gaan kry indien hul skuldig bevind word . Ek verneem vanoggend dat n moordenaar wat n vrou n ruk terug in Schweizer Reneke met n sker doodgesteek het se tronkstraf is hersien en hy gaan nou ongeveer net sewe jaar sit. Hoe siek is dit nie en hoe moet haar naasbestaandes voel.

CHRISTA ·

Ek weet nie wie is die grootste grap nie – ons regstelsel of ons regering??

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.