Pta-hof ontruim ná bomdreigement

Die hooggeregshof in Pretoria. Foto: http://able.wiki.up.ac.za/

Die hooggeregshof in Pretoria. Foto: http://able.wiki.up.ac.za/

Die hooggeregshof in Pretoria is Woensdagoggend ontruim nadat ʼn bomdreigement ontvang is.

Kapt. Disebo Selepe, polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê die hofgebou is onmiddellik ontruim.

Die toneel is afgesper terwyl die polisie se honde- en bomeenheid die gebou deursoek het. Selepe kon nie in hierdie stadium enige verdere besonderhede verskaf nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

CHRISTA ·

Dit sê nie veel van hulle veiligheidstelsel nie!! Is dit ook hoekom dit so maklik is vir kriminele om uit die howe te ontsnap?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.