Pta-hoofweg gesluit ná ongeluk

Foto: Twitter via @ramoroaswi

Talle motoriste is Vrydagoggend weereens in die verkeer opgehou ná ʼn gedeelte van die R21-snelweg vir verkeer gesluit is nadat twee afsonderlike ongelukke die verkeer gekniehalter het.

Die noordelike en suidelike gedeelte van die snelweg naby die Nellmapius-afrit was gesluit.

Talle gebruikers het op Twitter gekla dat die pad vanaf die Nellmapius-afrit in Irene in Centurion toe is vir gebruik.

Dit blyk dat ʼn vragmotor kragkabels bo die pad afgetrek het toe dit gerol het en verkeer in die noordelike en suidelike rigtings vertraag het. Die kabels lê glo nog oor die hoofweg.

Twitter-gebruikers meen die pad is oop vir gebruik ná die Olifantsfontein-afrit.

Dit is onduidelik wanneer die snelweg weer oop sal wees vir gebruik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Sputnik ·

“Dit blyk dat die vragmotor kragkabels bo die pad afgetrek het” – beteken dit dat die operateurs van die vragmotor besig was om kabels te “oes”? Kan iemand ons inlig?

Vixter ·

Sputnik, nee, die vragmotor was gelaai met nog motors. Nie alles is sommer net diefstal nie. Hierdie is ‘n ongleuk!

Ouma ·

Aag nee – dink dit staan duidelik. Die vragmotor het gery en kragkabels afgetrek – maw gehaak daaraan en daarom het die vragmotor gerol. Toemaar dis Vrydag!

Magda ·

Jy oes nie kabels nie , jy steel dit of jy koop dit. Dit was ‘n ongeluk lees weer mooi en nee dit was nie ‘n carrier met voertuie op nie.

louwboepens ·

Nee OUMA.Lees weer.Die vragmotor het gerol en TOE die kabels afgeruk.Seker teen die paal gebots en die slag het die kabels afgeruk.Geniet jou Vrydag!

Ouma ·

Ai ou boepie, dankie dat jy my op my fout gewys het – het net verkeerd geinterpreteer. Feit bly staan dit was ‘n ongeluk – die kabels is nie gesteel nie. Dit is wat ek vir Sputnik wou se. Dankie, mag jou Vrydag ook gevul wees met verkeerslose probleme!

LB ·

Ek het ‘n ander berig gesien wat wys dat ‘n kragmas getref is. Nou kan almal hul Vrydag geniet want dit maak meer sin. : )

Leonie ·

Maroela Media weet julle of die R21 vandag weer oopgemaak gaan word? Ek het by ‘n betroubare bron gehoor dat hulle daai stilasie/kragmas weer regop moet kry en huidiglik is dit ‘n probleem want daar is nie voorraad. Ek hoop regtig hy maak oop vandag.

Stormrider ·

Wat gaan aan? Dis chaos! Die snelweg is steeds gesluit! Ek ry al 2 ure alternatiewe roetes, maar die agterpaaie staan grid-lock. Mens sal moet kortpad ry oor Nelspruit om weer in Pretoria te kom!

Johanna Botha ·

Was die kabels toe ook gesteel toe hulle op die grond beland …weet iemand ? Of was die motors se bande gesteel ?

Gys ·

Die Verkeers polisie het die ongeluk baie swak hanteer. Dit wys ons dat hulle nie gereed is om so n groot ongeluk te kan behartig nie.Paaie is onnodig toe gemaak en verkeers op een hopings veroorsaak. Die pad kon by Nalmapuis toe gemaak gewees het en nie by die snel weg nie. Daar was geen verkeersbeamptes beskikbaar op alternatiwe roetes om verkeer by robotte vinniger te laat vloei nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.