Pta-inwoners gemaan om steeds water te spaar

Argieffoto

Argieffoto

Solly Msimanga, burgemeester van die Tshwane-metro, het inwoners van Pretoria gemaan om steeds water te bespaar, al het dit die afgelope paar dae goed gereën.

“Ons het vroeër as verwag reën gekry, maar dit beteken nie ons is uit die moeilikheid nie. Die reën val nie waar ons dit die nodigste het in die Vaalrivier se opvangsgebied, waar ons water vandaan kom, nie.”

Msimanga het egter gesê Pretoria se inwoners kon verlede maand meer as 15% water bespaar. Rand Water het Gauteng se metro’s en munisipaliteite vroeër versoek om hul waterverbruik met minstens 15% te sny.

Waterbeperkings geld steeds in Pretoria en inwoners word versoek om nie tussen 6:00 en 18:00 hul tuine nat te lei, swembaddens vol te maak of hul motors met ʼn tuinslang te was nie.

Msimanga het inwoners versoek om reënwater op te vang en kreatief te werk te gaan met die water tot hul beskikking, soos om byvoorbeeld badwater te gebruik om tuine mee nat te lei. Volgens Msimanga is 40 inwoners al beboet sedert die waterbeperkings ingestel is.

Die Vaaldam is tans 31,6% vol, Grootdraaidam 65,6%, Sterkfonteindam 91,1% en Bloemhofdam 12,4%.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Leatitia ·

Dis so ironies het n pyp wat water lek en afloop in straat reg voor my huis aangemeld al n week gelede maar steeds niemand uitgekom hoeveel water gaan net nie verlore nie

Theresa B ·

Ek sien elke dag hoe mors mense water. Dis diè met min of geen breinselle nie. Solank as daar water uit die kraan kom, gebruik hulle dit soos gewoonlik. Dis hierdie tipe wat gaan maak dat ons almal wat hard werk om water te bespaar ook sonder water gaan sit. Hierdie spul moet op ‘n ander manier “gewys” word wat dit beteken om water te bespaar. Sement/ryvlakke word afgespuit. Karre word gereëld gewas ens. Genade, hoe gaan ‘n mens die spul “geleer” kry?????????????

Sakkie V ·

Waar kan ek ‘n “illegal car wash” rapporteer. Ons probeer ons bes om water te spaar en die “besigheid” gebruik 2 tuin slange om voertuie te was op die sypaadjie. Enige kontak nommer wat werk asb. Metro Polisie doen niks aan hulle nie.

Aggenee ·

Aggenee ons almal probeer water spaar. Ja daar is mense wat water mors, maar so mors die besighede en fabrieke 10 keer meer as die huisgesin by hulle huise. Ek wens net mense wat so venynig is wil besef ‘n SWEMBAD word nie elke dag volgetap nie, en met die baie reen word hy nie eers ‘opgetop’ soos hulle dit noem nie, so educate julleself tog voordat julle aangaan oor ‘n swembad. Dit is uit pure onkunde. Verder moet diegene wat ander wil gaan aangee oor sproeiers tog eers net met die eienaar gaan praat ipv om hom te rapporteer. Vra eers mooi of hy bewus is daarvan, soms is daar enkelvrouens wat nie eers weet hoe die besproeiingstelsel werk nie. Help jou medemens eerder as wat jy hom gaan verkla en slegsê. Om te oorleef in SA, gaan ons na binne toe moet draai.

Gert ·

Die ouens met boorgate mors mos nie water nie? (“Say No More”)
Die probleem in Centurion is dat indien watertafels in veral dolomitiese areas sak (weens droogte en boorgate) kan dit die kans/risiko vir SINKGATE verhoog!?
Nou my Troef/Trump-kaart……Eiendomme met boorgate moet belas word, en in droogtetye verseel word.!

t ·

Waar staan ek met reënwater? Ek het genoeg om my tuin nat te maak, met ‘n tuinslang, en dan nog baie oor om my voertuie te was, met ‘n tuinslang. Moet ek ook dan oor dieselfde kam geskeer word? Wie kom ek te na as ek MY water gebruik soos ek wil?

CHRISTA ·

Ek ry weekliks deur Edenvale, Kempton Park en Primrose, Germiston. Daar loop gedurig strome water in ons paaie af!! Dieselfde met krag. Straatligte is HEEL DAG aan!!! Ekurhuleni Metro weet nie wat dit beteken as gevra word: SPAAR WATER of SPAAR KRAG nie!!!

kabous ·

hi mense ek wil net my mening lig oor ons water situasie, daar word van almal verlang en gevra om water te bespaar , ons sit in n krisis en dit sal help as almal hulle deel bydra, mense met boorgate ingesluit, so ek vra asb mooi, moenie water misbruik nie dis kosbaar, ek ry gedurig in ons straat af na die winkels toe en sien hoe hardloop die water padlangs soos die tuine natgemaak word!

Suzie ·

Hi Gert. Jy het geen idee waarvan jy praat nie. Moenie almal onder die een kam skeer nie. Nie jy of die staat het vir my boorgat betaal nie en ek maak eenmaal ‘n week tuin nat.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.