Pta-inwoners gewaarsku oor laserwysers

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Inwoner van Pretoria is in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn laserwyser op ʼn vliegtuig gerig het.

Selby Moeketsi Bokaba, woordvoerder van die Tshwane-metro, het gesê dit is die tweede geval waarvan hy bewus is. ʼn Saak is ook glo teen ʼn persoon in Bloemfontein aanhangig gemaak wat ʼn laserwyser op ʼn vliegtuig gerig het.

“Die Tshwane Lugvaartdienste-afdeling waarsku mense dat hulle in hegtenis geneem, verhoor en tronkstraf opgelê sal word in terme van die wet op burgerlike lugvaart as hulle laserwysers op vliegtuie rig,” het Bokaba gesê. “Om ʼn laser op ʼn vliegtuig te rig, kan ʼn vlieënier wat die vliegtuig moet land, verblind en ʼn  ongeluk veroorsaak wat kan lei tot die dood van passasiers aan boord.”

Bokaba het gesê buiten laserwysers, mag Chinese lanterns, vlieërs, heliumballonne, hommeltuie en modelvliegtuie nie naby vliegtuie gebruik word nie.”

“Sommige vlieëniers het gekla dat lede van die publiek laserwysers op hulle rig wanneer hulle opstyg of land by aanloopbane in die Doornpoort-gebied, asook wanneer hulle in die gebied rondom die Bonn Accord-dam vlieg. Hierdie voorvalle gebeur glo tussen 18:30 en 20:30 in die aand,” het hy gesê.

Hy het gesê die voorvalle is by die polisie aangemeld wat alles in hul vermoë sal doen om die skuldiges vas te trek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

JOHANN LANGEVELD ·

Wat sou die oortreding wees as die ouens jou in die
nag pla om vrees by jou te saai.Dit gebeur gereeld as
een dwelm smous sy perseel verlaat om dwelms te gaan aflewer.Hy skyn die lig so om te se ek ry nou om my werk tegaan doen .BEL MAAR DIE POLISIE ONS SAL WEET WIE DIT GEDOEN HET
GROETE JOHANN.

Theresa ·

Iets soortgelyk. Is die wet al so aangepas dat mens beskerming kan geniet van bv iemand wat met sy “speel” helikoptertjie so teen 9uur (wanneer meeste mense darem nou al binneshuis is) rondloop in ‘n kompleks. Die speelding het ‘n kamera gemonteer en kan almal se privaatheid skend. Die person is al voorheen gemaan om ander se privaatheid te respekteer en toe kom die nuwe truuk. Hoe gemaak??

Griki ·

Die kompleksopsigter moet hom uitsorteer. Ek weet nie wat hulle situasie is nie ‘n Body Corporate nie? Hy moet ‘n skriftelike kennisgewing kry en dan kan verdere stappe geneem word teen hom as hy dit nie gehoorsaam nie. As alles anders faal, gryp die ‘kopter en breek hom!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.