Pta-inwoners in huis vermoor

Argieffoto: Kent Williamson

Argieffoto: Kent Williamson

Twee inwoners is dood en drie beseer in ʼn vermeende huisroof in die vroeë oggendure in Garsfontein in die ooste van Pretoria.

Maroela Media het verneem die polisie en ander rolspelers is omstreeks 00:30 na ʼn huis in Miasstraat ontbied. ʼn Onbekende hoeveelheid verdagtes het glo vroeër die aand op die inwoners toegeslaan en onder meer op bankkaarte aangedring om geld te onttrek.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê paramedici het op ʼn oproep gereageer dat vyf mense in die huis aangeval, vasgebind, aangerand en met skerp voorwerpe gesteek is.

“Paramedici het by hul aankoms op die toneel die mense ondersoek. Twee vroue was reeds dood en een in ʼn kritieke toestand. ʼn Man is ernstig beseer en nog ʼn vrou het geringe beserings opgedoen. Die beseerdes is op die toneel gestabiliseer en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling.” Botha kon nie dadelik die slagoffers se ouderdomme bevestig nie.

Salmon Swart, uitvoerende hoof van die veiligheidsmaatskappy Accon Solutions, het die voorval aan Maroela Media bevestig. “Die ondersoek is in ʼn sensitiewe stadium en ons kan nie te veel inligting in dié stadium bekend maak nie. Ons kan wel bevestig dat twee vroue dood is, ʼn man en nog ʼn vrou is beseer en ʼn tienermeisie het nie baie seergekry nie. Die polisie is op die toneel en stel ondersoek in.”

Hy het bygevoeg daar kan nie met sekerheid gesê word of enigiets uit die huis vermis word nie, maar wel dat die slagoffers se wit Polo vermis word.

Maroela Media het navraag by die Garsfontein-polisie gedoen en wag vir terugvoer.

Lees ook: [OPVOLG] Drie verdagtes gesoek ná moord in Pta-huis

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

101 Kommentare

frederik ·

Absolute nagmerrie. Sou die berig feitlik wees ontstaan daar sommer direk baie vrae. Sekere feite tel nie op nie. Meegevoel met hierdie huishouding.

Erg bekommerd ·

Binne een week is ons eens rustige woonbuurt 2 keer in die nuus. Die eerste was omrede die plaaslike Garsfontein SAPS ‘n sluiper wat maande lank die woonbuurt teister vry gelaat het , en nou? Laat mens net wonder. Die sluiper het huise besoek en inligting ingewin om aan kriminele elemente te verkoop. En kyk nou liewe SAPS. Maak my briesend.

Jo ·

Sê asb. Het hy toegang verkry tot die eiendom of met iemand gesels om inligting te kry

Jo ·

Sê asb. Het hy toegang verkry tot die eiendom of met iemand gesels om inligting te kry

Inwoner ·

Erg bekommerd, kan jy jy dalk sê hoe die sluiper inligting ingewin het? Daar was ‘n baie verdagte man wat telke male navrae by ons kompleks gedoen het in Beagle Straat. Hy het homself voorgedoen as ‘n sensus beampte.

linda ·

Jakaranda op die radio se dis ‘n bloedbad!

baie hartseer stertkte aan die familie

Ek kan nie help om te wonder of die net ‘n gewone “roof” was tyd sal leer

AL ·

My hart breek vir die slagoffers!
Ons is keelvol vir hierdie sinnelose geweld!
Moord en geweldsmisdaad het n nasionale sport geword in SA!
Die ANC is meer behep om vure dood te slaan met onbevoegdheid en is so gefokus op 2019, dat die landsburgers nie in ag geneem word nie.

Christa ·

Dit was vanaf die ANC se ontstaan hulle doel en modus operandi: om moord, paniek en chaos te veroorsaak, versprei en ondersteun!!!

Lee ·

Ai dis verskriklik!!! Mens kan niks meer sê nie dis al daagliks in die media waar mense vermoor word!

HEVW ·

Al reeds n antwoord op die anc se laakbare houding tydens gister se parlementere debat.

Ilse ·

Net God alleen kan red! Staan saam volk van Israel. Wees biddend en paraat!

ELIZE ·

Amen! Ons gaan baie meer tyd op ons kniee moet deur bring. Geloof en gebed is al wat ons gaan red.

JP ·

Ek is ‘n gelowige en glo in gebed en veral in my God wat gebed antw. Ek is net baie onseker wat Israel hiermee te doen het.

My innige simpatie en medelye en ook onsteltenis oor hierdie gebeure in my eie woonbuurt.

Oudste ·

@ Willem en Jannie, die antwoord is Jeshua Ha Masiach, Jesus Christus.

Willem ·

Nee, Oudste

Ek dink nie jy verstaan die vraag nie. Ek bedoel, hoe is die Afrikaner ‘n “volk van Israel”?

Komkommer ·

Hartseer. Solank geen strafreel in plek is om misdadiggers koue rillings te gee, sal dit aanhou en toe neem.

Manie ·

Onthou net ses uit tien blankes het gestem in 1993 vir die moord wat nou plaasvind. Julle is net so skuldig want daar was mense wat julle gewaarsku het maar toe werk die propaganda van DE klerk weer oortyd en sy kinders val vir sy siek stories

Rina Coetzee ·

Manie, ek is een van die ses en voel nie skuldig nie, want daardeur het ek vir jou en my 20+jaar “gekoop”.

Charlotta ·

Kom ek se vir jou, min mense het ja gestem daai tyd. Baie familie, vriende en mense wat ek ken het nee gestem. Ek glo daai stemmery is gekook.

Renè Dames ·

Ons Ja stem was eintlik te laat om menseregtewerklik te laat seëvier. Wat nou aan die gang is, is duidelik gewetenlose kriminele. En ons moet almal saamstaan ongeag ras want ons almal gaan gebuk onder misdaad.

Dani ·

Dit maak nie saak wie wat gestem het nie.Dit is nou die tyd dat ons saam staan en probeer om ons land en sy mense te red.Ons is mos n volk van staal en stamina.

Willem ·

Johann, praat van jouself. Dis oor verkramptes soos jy wat ons met die hele apartheids gemors gesit het in die eerste plek!

Tinktinkie ·

Ag Manie my hart gaan uit na jou en jou ou klein wêreldjie!!! So min insig spreek boekdele oor jou as mens en diesulkes!

Jannie ·

Dis ons rassistiese voorvaders met hul apartheidsgemors vir wie mense moet kwaad wees, nie vir gematigde mense wat ja gestem het om die gemors te probeer omkeer nie. As die nee-stem gewen het, was SA verseker nou in ‘n groter gemors.

Ou Willem ·

Ou Willem en al die ander LIBTARTS, julle is besig om uit te dun. Kyk op al die kommentaarkolomme, julle is nie eers meer ‘n handjievol nie. Daar is nerens meer vir julle plek nie, die ANC soek nie wit (liberales) nie, en die wit (gematigdes) soek julle ook nie meer nie, julle sal maar moet vlug soos al die ander liberales wat vir die gemors in SA verantwoordelik is nadat julle die land vir die ANC wat elke dag wit moorde en grondroof aanmoedig persent gegee het. Kyk mooi na Frankryk, Brittanje en VSA, hulle wil julle ook nie meer hê nie, shame siestog, al julle politieke korrektheid het julle nou VERVREEM van almal.

Willem ·

“Ou Willem” – siende dat jy te bang is om onder jou regte naam kommentaar te lewer. Nie een van die lande wat jy noem het apartheid gehad nie. Ek nooi jou uit om soontoe te gaan en vir hulle te vertel apartheid was reg, ons sal sien hoe ver jy kom!

Jannie ·

Ou Willem – Op Maroela ja waar die verregses klaarblyklik ‘n wegkruiphoekie gevind het. By verkiesings kom die groter prentjie egter na vore. Moenie jouself bluf nie.

Christel ·

En moenie vergeet van die gevalle van Maandag ivm die wit bakkie waar mense beroof is !!

Erick ·

Elke dag elke dag. Sonder ophou. Geen pouse of onderbrekings en net een derde haal die nuus. Die dood hardloop en is op steroides in die vervloekte land.

MM ·

Al waneer daar iets aan gedoen sal word en dinge verander is as so iets direk met een vd ANC mense gaan oorkom, dan sal hulle n ander deuntjie sing

Annie ·

Regeering stel net belang in hulle eie verryking …. niks anders

Rosie ·

Ek stem saam met Manie. Ons eoe blanke volk het ons uitverkoop aandie ANC! Omdat hulle gatkruipers was van de Klerk! Gaan dink bietjie verder terug ,het jy destyds in die referendum “ja” of “nee” gestem. Indiw jy ja gestem het, moenie nou kom huil nie. Die klomp ja stemmers het destyds ons mense wat nee gestem het uitgekryt as onnosel. Nou het “slim” sy baas gevang!

Conniec ·

Sien Rosie, dis hoekom die Afrikaner nooit, maar nooit sal kan saamstaan nie. Niemand vergewe nie. Daar is stadiums in elke mens se lewe wat besluite geneem word. Op die sekere tyd lyk dit reg. Later besef ‘n mens dit was seker nie die beste besluit nie en maak die beste daarvan. Om klippe te loop en gooi en af te breek en te verdoem gaan nie die Afrikaner se saak help nie. Pleks sit ons die verlede agter ons en staan saam.

Ons is ‘n sterk nasie, mits ons saam staan. Madiba se voorbeeld van die bamboes is ‘n uitstekende voorbeeld. Een bamboes is maklik om te breek, maar as jy klomp bamboesse in jou hand het, kan dit nie gebreek word nie.

As ons ou nasie net kan vergewe en mekaar bystaan en help. Kom ons probeer mense.

Johan ·

Die ja of nee stem van daardie tyd gaan niks nou verander nie. Ek wonder wat die nie-blankes wat in hierdie berig vermoor en aangeval is, daardie tyd gestem het…..

Koos ·

Rosie

Ons voorvader was regtig onnosel om met ‘n idee soos apartheid op te kom in die eerste plek, en toe nog meer onnosel om nie die veranderende zeitgeist te sien toe die res van die wereld van sulke dom idees ontslae geraak het nie en nog vasgeklou aan apartheid.

Mense soos jy maak my skaam om ‘n Afrikaner te wees

Lampies ·

Koos. Dalk was ons voorvaders nie so dom soos jy nou wil uitmaak nie? Hoe het die onafhanklike land Kosovo 10 jaar gelede ontstaan? Deur partisie, Koos, deur partisie. Partisie is skeiding en skeiding is Apartheid. Lees ook so ‘n bietjie op oor die talle (meer as 20) etnies gebaseerde state wat uit die ou Sowjet-Unie ontstaan het. Hoe? Partisie, Koos, partisie!

Koos ·

Kosovo? Het Kosovo apartheid gehad? En Kosovo is “partially recognised” en “disputed terrority” – so dalk moet jy aan ‘n beter voorbeeld dink.

Ons voorvaders was onnosel – geen twyfel daaroor nie – want hoe dom moes jy wees om te dink apartheid is ‘n volhoubare beleid?

Jannie ·

Lampies – Daar’s ‘n moewiese verskil tussen partisie in Kosovo en die gemors wat die klomp rassiste met apartheid hier probeer aanvang het. Boonop betwyfel ek of die Afrilaner kan aanspraak maak op grond van suiwer etnisiteit, ons is maar ‘n volkie met baie kleure en geure.

Vicky ·

Bad VERY bad!!!!!!! Elke dag lees ons net van moord en doodslag.

Johan ·

Voorstel aan Maroela Media. Maak n engelse weergawe van die platform sodat ons die nuus wat slegs hier gedeel word ook vir ons internationale kolegas wat nie afrikaans kan verstaan nie, die nuus berigte kan deel.

Johan ·

Die was 500m van my huis af. As my hoorsê korek is was die nie enigsins ras gedrewe nie. Se maar net.

as jy meer weet ·

Johan, as jy meer weet, laat weet, dti sal interessant wees. Alle moorde is nie ras gedrewe nie, ek sal plek toelaat vir moorde op opgevoede hardwerkende mense en dit is net so groot misdaad soos ras gedrewe of enige ander moord. Moord is verkeerd en dit is waarvoor ons moet veg en veg dat hul op dieselfde wyse uitgesorteer word!

Arnold ·

Dit aak nou erg in hierdie land. Geweld is die norm en vrede die uitsondering. Dalk tyd om my vlerke wyer te sprei na plekke waar daar me vrede as geweld is. My hart huil en dan is daar mense wat die byeenkoms van 22 April met Angus Buchan kritiseer. Vrede word toegebid vir die families wat seergekry het die afgelope tyd.

wildtuinman ·

Berigte op ewn en rekordeast vertel dat dit die familie van ‘n senior beampte is in toerisme.

Shirley ·

Dit help nie om te kerm oor gister nie. Ek was nog op die skool banke en moet saam met almal aan hierdie bitter beker drink. Geweld raak ons almal en sal ons eie veiligheid net ‘n prioriteit moet maak. En wanneer dit ek en my gesin is wat aangeval word, kan ons maar net roep na God en smeek vir Genade. Sterkte vir die familie. Ons sal julle in ons gebede hou.

Jacques ·

MM….kom ons kyk of die dinge gaan verander. Die mense wat vermoor en aangeval is is nie-blankes waarvan die man ‘n senior amptenaar in die regering is. Ek twyfel sterk of die ANC dit sal verander. Ons moet ophou vingers wys en klippe gooi Johann Barnard, en op ons kniee bly.

Boerseun ·

Jacques,

Ons sal ophou klippe gooi todat julle ja stemmers erken julle was verkeerd.

Willem ·

Nee Boerseun, ons was nie verkeerd nie. Ou Verwoerd was verkeerd nou sit ons met die sondes van ons voorvaders.

Ek wens julle verkramptes wil tog net ‘n tuisland stig en daar gaan bly.

Boerseun ·

Willem,

Dankie. Ons verkramptes will graag he dat die government vir ons n tuisland moet gee. Jy kan nie n tuisland stig nie.

Willem ·

Hoe vinniger hoe beter, dan kan julle almal daar gaan kerm oor alles

Flintstone ·

Willem jou mond is groot totdat jy of jou direkte familie deur so ‘n barbaarse daad getref word!Dan wil ek jou hoor huil soos ‘n baba.Sulke dade van geweld verander jou hele lewe in ‘n oomblik.Ek is sterk van mening dat jy slegs ‘n internet trol is want geen regdenkende mens kan jou siening huldig tensy jy agter tralies en veiligheidswagte bly en vanuit daardie “sekuriteit” jou sinnelose kommentaar lewer nie.

Willem ·

Flintstone, ek sien jy gebruik ‘n skuilnaam, maar voer aan ek is die trol?

Ek sien nie hoe ek enigsinds misdaad goedgepraat het nie? So hoekom maak jy daardie gevolgtrekking? Dis swart mense wat aangeval is hierso, nie witmense nie. So ek sien nie wat die verkramptes probeer sê met hulle gesanik oor “ja” stemme nie. Misdaad het ook in die apartheids jare gebeur, en veral onder swartmense.

So, haal ‘n paar keer asem, en probeer weer.

Pieter ·

Willem, Julle geagte Lieg en Bieg Kommissie se verslag het die syfer van 7700 gewelddadige sterftes gerapporteer gedurende Apartheid se 44 jaar. Die veiligheidsmagte het volgens die verslag 700 mense doodgemaak terwyl die ander 7000 deur swart op swart geweld was. Dit lyk besonder goed as ‘n mens dit vergelyk met mandela se utopia wat reeds ‘n syfer van ongeveer 385000 het en dit net in die 23 jarige rampspoedige anc ramp.

M E Classen ·

Wanneer sal hierdie roof en moord stop gesit word????

Drikus ·

Dit verstom my dat mense nog terugval na ‘n gesanik oor die Ja of Nee stem van jare gelede. In watter hok wil jy gaan wegkruip as apartheid nog vir jou ‘n aantreklike opsie sou wees? Mense reg oor die spektrum is bekommerd oor en afkeurend teenoor die gruwelike misdadigheid in ons land. Almal is blootgestel. Kom ons fokus eerder op die oplossings wat nou nodig is. Dit is wat die afgestorwenes en gemarteldes van ons sou verwag. Wreedheid teenoor enigiemand is verkeerd!

Willem ·

Is dit nie, Drikus?

Ek kan dit nie glo dat mense nou nog hamer daarop nie. Wat was die alternatief van “Ja” stem – ‘n volgende Noord Korea word?

Boerseun ·

Drikus,
Die oplossing le juis in die idiologie tussen die Ja en Nee stem van destyds. Een is vir volkseie en die ander vir n multikultuur staat. As jy nie bewus is nie Amerika en Europa is juis besig om van die “Ja” stem denkwyse na die “Nee” stem idiologie te veskuif.

Maar op die ou end is die bewyse van jou aksies altyd daar. You reap what you sow.

Willem ·

Appels en pere boerseun

Europa het nie apartheid gehad nie. En ja, hier sit ons met die gebakte pere van apartheid, nie die ja stem nie

Willem ·

Lyk my my kommentaar verdwyn

Appels en pere Boerseun. Europa het nie apartheid gehad nie! En ons “reap” nou wat ons ge-“sow” het met apartheid, of eerder, ons “reap” wat ons onnosele voorvaders ge-“sow” het

Boerseun ·

Verduidelik die beginsel van apatheid vir my? gebakte pere se jy, dink jy moet n geskiedenis boek of twee in die hande kry. Die nguni was nog nooit die Boer goed gesind nie, en Ons Boere was al deur moeiliker tye. Dan die ooreenkoms tussen van ons en europa is die begeerte tot selfregering. mense uit my kultuur besluit beste oor my nodighede. My soort wou nog altyd ook net self regerend wees.

Lynni ·

Snaaks, die kommentaar het minder geraak toe mense besef die slagoffers is nie-blank. Eintlik is julle dan maar nes die partye wat gister in die parlement die plaasmoorde nie wou veroordeel nie.

Nee Lynni ·

Het nie geweet hulle is nie blank nie, maar dankie vir die inligting. Jy is die ENIGSTE een wat ras gesien het, en kan ook nie tel nie, want hier is HORDES kommentaar. Gaan sit nou mooi en begin by 1.

Alida ·

Hou top op baklei oor wie wat gestem het. Wat help dit, dit is verby. My innige simpatie met die slagoffers. Dit is verskriklik erg.

Lynni ·

Snaaks, kommentaar het minder geraak toe daar twyfel is of die slagoffers blank is. Voor dit is almal sleg vertel, tot die ja stemmers.

Ljl ·

Julle wat ja gestem het is gevrywaar van alle misdrywe,moord en onteiening van grond,eiendom en en en,danksy FW wat julle gaan help

Werner ·

As die née stem gewen het sou ons nou nie al hierdie lekker moorde gehad het nie tyd dat ja stemmers vetantwoordelikheid vir hul daat vat julle het nie een sekonde tyd gewen nie dagdromery ons het met een van die beste weermagte in die wêreld gesit daar sou nie so baie mense gesterf het soos wat tans die geval is nie

Deon ·

Dis ooglopend dat die ANC en EFF se leierskap vir hierdie dade verantwoordelik gehou moet word. Hulle hits hierdie dade aan!!!! Hulle moet aangekla word vir aanhitsing van rassehaat.

Ja nee. ·

Terwyl ons nog so met mekaar baklei, word die rondom ons vermoor. Ons is nog ligjare weg van n oplossing af. Baklei maar voort en se mekaar sleg. Ons wittes vertrap mekaar mos…

Ami ·

Almal kerm omdat swartes nie apartheid agter hulle kan sit nie, maar so kan die blankes nie die ou stemmery van 94 agter hul sit nie! Kom by, mens kan nie vooruitgaan as jy dit wat verby is nie in die verlede kan los nie!

Piket ·

Met die groot trek vanaf Kaapland was daar ‘n dwarstrekkery.
Maar nou!
Herder, ek sal nie eers saam met julle wil trek na die naaste Checkers toe nie.
Nerens in die wêreld sal jy soveel haat en nyd tee kom as wat vandag tussen die blankes
van hierdie land bestaan nie.
MAGTAG man, wat van “ons moet saamstaan” verstaan julle nie!!

Tjokker ·

Amen, Piket! Vergeet van ‘n ossewatrek; ek sou nie eens in ‘n lugverkoelde Pajero wou saamtrek Checkers toe nie!

Bly reeds 5jr in die VSA. Beste bure vir die heel eerste keer in my lewe!

8 Jaar in Oos-Londen gebly. My enigste Afrikaanse buurman (afgetredene) was die venynigste ou gewees wat jy jou kon voorstel. My en die bure gedurig gerapporteer by die Munisipaliteit vir die geringste goedjies. My Engelse bure daarenteen, was almal ordentlik en vriendelik gewees.

6 Jaar in JHB gebly. My Afrikaner prokureur-buurmantjie het my twee Boerboelle sonder enige geldige rede by die SPCA gerapporteer, my by die Munisipaliteit verkla oor hulle kwansuis te veel blaf (let wel, Boerboele; nie stoepkêffertjies nie!), talle prokureursdreigbriewe aan my geskryf, drie keer rewolwerskote in middel van die nag afgetrek as my honde vir beweging buite geblaf het, ens. ens. ens.

Daar is ordentlike Boermense ook, maar ongelukkig maak die deursnit Afrikaner kleinlikheid my skaam om met hulle te wil assosieer.

Oudste ·

Ek is tot in my diepste wese geskok om van die komme(i)ntaar hier te lees. Vir diegene wat nog steeds vasgehaak het by die ja en nee referendum stem en almal wat ja gestem het blameer, net die volgende wat die werklikheid toe was: Die Nasionaliste Regering (en dus die RSA) was bankrot as gevolg van sanksies as gevolg van Apartheid, asook as gevolg van die miljarde rande wat die binnelandse anti terrorisme operasies en grensoorlog (weermag) operasies opgeslurp het. Die prima uitleen koers was toe 25%. Ek probeer niks regverdig nie, maar maak seker van julle treurmares wanneer julle vergelykings tref tussen toe en nou, varnaam die ja en nee stem kwessie..

Willem ·

Ek stem saam met hou. Nou word daar uitgemaak asof alles 100% onder apartheid was.

Jannie ·

Apartheids-apologete is deur die bank rassiste an ook onchristelik. Trek Orania toe en bid vir julle sondes.

Willem ·

Boerseun, apartheid was veel meer as “voorkeur vir eie”

ANSIE ·

Dit help nie ons bakly oor wie wat gestem het nie. Ons leef in 2017 en die probleem is vandag op ons voorstoep. En dit raak ons almal. Ons moet vandag iets daaromtrent doen. En dit begin by jouself en jou onmiddellike familie. Beveiliging paraatheid en sorg dat jou geloof reg is. Reik jou hand uit na ander in nood en staan saam met jou medemens.

Skoeter ·

Ek wil net iets uitklaar, News 24 sê die voorval het in Mainstraat, Garsfontein gebeur terwyl Maroela media berig dat dit in Miasstraat Garsfontein plaasgevind het, wat is nou eintlik die regte adres,

Landi Slatter ·

Dagsê Skoeter

Baie dankie vir jou kommentaar. Miasstraat is inderdaad korrek.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Penelope ·

Baie sterkte aan die naasbestaandes.
Ons volk sal moet begin saamstaan. Dit wil wel lyk asof daar die laaste rukkie ‘n handjie vol skurke is wat hul rieme styfgeloop het voordat hulle kon moor. Hulle is so mak…. Ons moet uitkyk en bid!

Jean ·

Wat die JA en NEE stemmery aanbetref wat min verstaan. Daar is geen bewys dat daar ‘n burgeroorog sou uitbreek as daar ‘n NEE stem was nie, aangesien die weermag en polisie en almal met mag toe nog onder die NP regering geval het. Daar was toe nog ‘n kans om te onderhandel vir ‘n koalisieregering of ‘n tweepartystaat. Met die JA stem het dit in ‘n eenparty-meerderheidstaat verander waar alle minderhede onderdruk word en misdaad die bo-toon voer. Jy kan net onderhandel as jy mag het, dis nou te laat. VERSTEHS du?

Jannie ·

Jy het duidelik nie die onderhandelinge behoorlik gevolg nie of jy was te jonk om te besef wat aangaan. Die land was op die rand van burgeroorlog, betogings daagliks met duisende kwaai protesteerders wat deur die strate gemarsjeer het.

Pieter ·

Jannie, Wat noem jy die mandela utopia met sy tot op datum ongeveer 385000 moorde in 23 jaar. Die moorde op blankes is lankal meer as wat dit sou wees as die sg burgeroorlog sou uitbreek, ons was meestal nog goed bewapen en baie goed opgelei om die situasie te hanteer. Nou is daar geen blankes onder 40 wat enige wapen opleiding het nie en sit en wag om doodgemaak te word.

Boerseun ·

Jannie, ai so jy glo nogsteeds daai storie. Snaaks hoe ryk Anglo geword deur daai tyd

Jannie ·

As die nee stem gewen het, was daar lankal nie meer ‘n Afrikaner volkie nie. Sou al lankal uitgemoor gewees het. Dit was ‘n kruitvat reg om te ontplof. Ons het darem nog ‘n kans.

magic ·

Dit is waarom, as selfs ‘n sensus-beampte by my woning kom ‘can i ask you few questions’ of ongemaklike vrae soos ‘how many people live here’ dan jaag ek vir hom so ver weg. Eks gatvol dat mens niks en niemand meer kan vertrou nie.

MJ ·

Daar is ‘n vuur in hierdie land aangesteek wat sal brand tot alles verteer is. Daar is geen toekoms hier mense wat deur werk en handel ‘n bestaan wil maak nie. Dit het ‘n korrupte rowers nes geword. Dit sal terugkeer na die tyd voor 1652 waar oorloë en siektes die lot van die lewe bepaal het, waar oorheersing en mag, die regeerder aangestel het. Afrika donker en swart land van elende verdrukking en smart. Daar rus ‘n vloek op hierdie kontinent. Soos ons voorvaders getrek het vanuit hulle verdrukkings so sal ons ook moet trek, of sterf. Hier sal dit nooit regkom of verbeter nie. Hulle siele sal nie rus tot elke Afrikaner weg of dood is nie. Of jy nou ja of nee gestem het of jy links of regs is is eintlik van geen belang. Die vehouding is nou 12 teen 1 in 2050 100 teen 1. Dit help nie eers julle baklei met mekaar nie, die skrif is aan die muur.

Mila ·

Maroela ek het per ongeluk n kommentaar gerapporteer….ignoreer asb

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.