Pta-inwoners sonder krag ná substasie brand

Die Mooikloof-substasie het vroegaand aan die brand geslaan (Foto: Verskaf(

Dele van die ooste van Pretoria is Woensdag vroegaand in duisternis gedompel nadat ʼn reusebrand by die Mooikloof-substasie uitgebreek het.

ʼn Werknemer van die stad het tydens die uitbreek van die brand geringe beserings opgedoen. Hy is na ʼn plaaslike hospitaal geneem vir mediese ondersoek.

Volgens Hilgard Matthews, woordvoerder van die Stad Tshwane, is die omvang van die skade in hierdie stadium nog nie bekend nie.

“Die prioriteit is nou om seker te maak dat die terrein veilig is vir die span om die nodige inspeksie te doen,” sê Matthews.

Die gebiede wat geraak word sluit in Moreletapark, Pretoriuspark, Mooikloof, Olympus, Bosveld en ’n deel van Garsfontein.

Volgens Matthews sal ʼn opdatering oor die kragsituasie Donderdag omstreeks 10:00 gegee word.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Swerwer ·

Wonder wat aangaan dat daar deesdae so baie brande ontstaan by substasies……………………….

JohanR ·

Met de Ruyter aan die stuur het die lekker tenders op gedroog.

Chris dupreez ·

Dit kom alles neer op swak instandhouding. Jou substasies moet skoon en stofvry wees, transformer olie moet gereeld gesuiwer word of vervang word.

Di ·

Seker dat dieselfde spul agter al hierdie sabbotasies sit wat verantwoordelik was met die looting in Julie. Daai spul wat gevang is loop nog steeds skotvry rond

Shakespeare ·

Dis terroristese sabotasie en verdien die doodstraf. Hoor julle ANC/EFF of verlekker julle, julle in jul opgeleide stemvee se handewerk.

henndrik ·

Nou kan ek nie help om te wonder nie, wat het die werker wat beseer is verkeerd gedoen wat die brand veroorsaak het?

Magda ·

Snaaks dat alles in di meeste DA se streke gedoen word, dit lyk soos sabotasie, terrorism, en hulle sal dit defnitief ni aan hulle self doen ni, ondersoek moet gedoen word by suur partye!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.