Dele van die ooste van Pretoria is Woensdag vroegaand in duisternis gedompel nadat ʼn reusebrand by die Mooikloof-substasie uitgebreek het.
ʼn Werknemer van die stad het tydens die uitbreek van die brand geringe beserings opgedoen. Hy is na ʼn plaaslike hospitaal geneem vir mediese ondersoek.
Volgens Hilgard Matthews, woordvoerder van die Stad Tshwane, is die omvang van die skade in hierdie stadium nog nie bekend nie.
“Die prioriteit is nou om seker te maak dat die terrein veilig is vir die span om die nodige inspeksie te doen,” sê Matthews.
Die gebiede wat geraak word sluit in Moreletapark, Pretoriuspark, Mooikloof, Olympus, Bosveld en ’n deel van Garsfontein.
Volgens Matthews sal ʼn opdatering oor die kragsituasie Donderdag omstreeks 10:00 gegee word.
#MooikloofSubstation Making sure fire does not flare up. pic.twitter.com/RYl525Yfzc
— City of Tshwane (@CityTshwane) December 1, 2021
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
11 Kommentare
Wonder wat aangaan dat daar deesdae so baie brande ontstaan by substasies……………………….
Dit kom alles neer op swak instandhouding. Jou substasies moet skoon en stofvry wees, transformer olie moet gereeld gesuiwer word of vervang word.
Sabotasie en terorisme
Seker weer sabotasie :-(
Dis terroristese sabotasie en verdien die doodstraf. Hoor julle ANC/EFF of verlekker julle, julle in jul opgeleide stemvee se handewerk.