Pta-kleuter kritiek ná hy byna in bure se swembad verdrink

Danté Stroebel. Foto: Facebook

Danté Stroebel. Foto: Facebook

Danté Stroebel, ʼn driejarige kleuter van Pretoria, veg om sy lewe nadat hy die naweek byna in ʼn swembad verdrink het.

Johnny Stroebel (41), Danté se oupa, het gesê sy kleinseun het Sondag omstreeks 11:00 ongesiens oor die muur wat die erf omhein geklim en só in die bure se swembad beland. Hy word tans in die waakeenheid van die Life Eugène Marais-hospitaal behandel.

Danté woon sedert sy geboorte by sy ouma en oupa in Daspoort. Sy ma woon tans in Witbank. Stroebel het aan Maroela Media gesê daar was baie mense by die huis die oggend toe die voorval gebeur het. “Danté was maar daar rond en om ons voete en toe ons net weer kyk, was hy weg,” het hy gesê.

Almal het dadelik na die kleuter begin soek en die huis, motorhuis, erf en omliggende strate gefynkam. “In daardie stadium het ons bure by die huis aangekom en ons het hulle gevra om net ook in hulle erf te kyk of hy nie dalk daar ingeglip het nie. Ons het gedink dit is onwaarskynlik, want hulle het kwaai honde wat nie sommer sal toelaat dat iemand die erf binnekom nie,” het Stroebel gesê. Kort daarna het die bure klein Danté in die swembad aangetref.

Stroebel het dadelik mond-tot-mond-asemhaling op sy kleinseun begin toepas en probeer om hom by te bring. Paramedici was kort daarna op die toneel en het met Danté na die hospitaal gehaas. “Daar is ʼn gedeelte van die muur waar die boonste betonblad uitgeval het, met ʼn boom reg langsaan. Hy moes seker by die boom opgeklim het om oor die muur te kom,” het hy gesê.

Volgens Stroebel is Danté se toestand kritiek, maar stabiel. Hy word nie meer verdoof nie, maar sy liggaamstemperatuur word laag gehou om die breinswelling kans te gee om te sak, het hy gesê. “Hulle sal van Donderdag af begin om sy lyfie warm te maak en dan sal hy gaan vir skanderings en toetse om te kyk of daar enige skade aan die brein is. Maar sy hartjie klop op sy eie en sy bloeddruk is normaal, so daar is hoop.”

Hy vertel dat die familie ongelooflike ondersteuning van hul vriende en die gemeenskap ontvang sedert Sondag. “Almal bel en stuur boodskappe om te hoor hoe dit met ons gaan en daar is honderde mense wat saam met ons bid. Dit is ʼn baie donker tyd vir ons, ek het nie eers woorde om te beskryf hoe ons voel nie. Dit is nou in ons Liewe Vader se hande en ons hoop en glo dat hy sal herstel,” het hy gesê

Danté het nie ʼn mediese fonds nie en volgens Stroebel is sy hospitaalkoste ongeveer R50 000 per dag. Besoek die Facebook-blad wat spesiaal vir Danté opgerig is vir verdere besonderhede.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Delia ·

Die bank inligting is onleesbaar klein….kan u asb leesbare inligting verskaf?
Ons bid vir volkome herstel vir die klein kindjie.

olga ·

Eugene Marais Hospitaal. First National Bank. Acc nr 51461399269. Branch nr 251545. Gebruik asseblief die ref. nr 589257.

Debs ·

wanneer gaan mense leer dat kleuters op daardie ouderdom vandat dat hulle begin loop tot en met 5 jaar altyd ‘n wakened oog hoor moet hou ……

Jakoba ·

Debs jy kan ongelukking nie 24 uur per dag jou oog op hulle hou nie. Mens raak ook besig in die huis , net daardie paar minute wat jy dalk besig is met iets anders is dan wanneer hulle wegglip. Ai tog moet liewers nie verwyt nie bid eerder vir sy volkome herstel.

Martin ·

Debs, moet nie sleg voel nie. Mense ek oordeel nie, en ek dink ook nie Debs doen dit nie. Volgens my is dit ‘n feit. Ons lees te veel van die tipe ongelukke. Elkeen wat ‘n swembad op sy perseel het, het ‘n groot verantwoordelikheid. Die verantwoordelikheid vir ons kinders se veiligheid bly ons as ouers s’n, al is die swembad op die buurman se perseel. Natasha, ons veroordeel nie jou familie nie. Dit is baie hartseer. Ons voel saam met julle, Ongelukkig het iets iewers fout gegaan,
Die dinge gebeur, dit help nie ons lees hiervan in die media en ons doen niks daaromtrent nie.

Martin ·

Dit is baie, baie sleg. Al my simpatie met almal betrokke. Ek herhaal wat ek gister gesê het, ek veroordeel nie. Maar hoe gebeur die dinge? Daar was baie mense teenwoordig. Wat gaan fout dat ons twee keer in een week in die media moet lees van nalatigheid wat swembaddens betref? Ons kinders is so kosbaar. Dit is ons plig om toe te sien dat hulle veilig is. Die ou mensie is maar drie jaar oud. Weereens, my innige simpatie.

Molly ·

Debs jy het seker nie ‘n kind van daai ouderdom nie en daarom is dit maklik om te oordeel. Sterkte mense!!!

Veronica ·

Hierdie is ons kleinnefie. Dit kon met enige iemand gebeur het. Ons vra asseblief net almal se gebede. En baie dankie vir almal se ondersteuning.

Natasha ·

Hi dis my kleinnefie dai en enige iemand wat kinders het sal weet hul slip so vinnig weg. En moenie my familie oordeel nie ongelukke gebeur en hierdie is n groot tragedie vir my familie bid liewers Saam as om hulle te oordeel dit was nie hul skuld nie.

poplap ·

So ‘n gebeurtenis is baie tragies, maar ek stem saam dat klein kindertjies sooo maklik onder die oog uitglip. Asseblief mense, hierdie mense het nou jul gebede nodig, nie julle oordeel nie!
Mag die Vader julle styf vashou in hierdie hartseer tyd.

Juanita ·

Dit is nie nou die tyd om te oordeel nie. Dit was n ongeluk en ek dink daar is genoeg selfverwyte nou. Ons moet eerder vir daai lyfie bid om beter te word.

Elize ·

Juanita ek stem nie een van ons kan oordeel nie. Dit was ‘n ongeluk. Ek het ook ‘n kleinseun van 4 jaar en dit is soos mes dan is hy weg onder mens se oe en het ook ‘n swembad so hy weet al hy sit nie sy voete agter by die swembad nie en my swembad is wel omhein maar hulle is so rats … nou wonder ek wie se skuld is dit dan as ‘n ouer persoon ook verdrink wie gaan dan blameer word. Dit is wat hul noem ‘n Fratsongeluk

nig ·

Ek dink dit moet wetlik verpligtend wees dat daar veiligheidsnette te ALLE tye oor ‘n swembad moet wees en dit net afkom wanneer mense die swembad self gebruik. Ek kan dink hoe sleg die arme bure ook moet voel. Wat se muurtjie klim so kleinding so maklik oor? By swembaddens moet mens maar regtig dit amper onmoontlik maak om by uit te kom. En ek probeer net as buitestaander raad gee, ek dink nie mense oordeel net nie, mens is net bekommerd as mens lees van die dinge.Mense moet die beste voorsorg tref wat hulle kan – en ek beskuldig niemand, dis net vir my skokkend hoeveel kleintjies die laaste tyd amper verdrink. Mense en leer jul kelintjies vroeg om te swem – water is ALTYD ‘n aantrekking vir enige kind en juis omdat hulle so maklik kan wegglip moet mens maar paraat wees.

Liza ·

God, wees asb met hierdie pragtige seuntjie wat hard veg vir sy lewe, vou hom toe en beskerm hom, niemand sal weet waarom dit gebeur het nie, net u sal weet, troos asb sy famillie.
In u naam, Amen

pop ·

Bid en vra God se genade en stuur geld. En mense moet nou regtig begin kyk na hulle veiligheid om swembaddens.

Estelle ·

Ek stem ook dat dit nie n tyd is vir kritiek nie maar eerder om vir Dantè se volkome herstel te bid en vir die familie. Kom ons vra onse HERE JESUS om elkeen van hulle by te staan in wat hulle nodig het. Ons dien n GOD wat als kan doen.

santoinette ·

Daar moet elke minuut van die dag n ogie gehou word op die klein kinder tjies. Ek self het n klein seuntjie van drie jaar, en hy is baie woelig. My gebede gaan uit vir Dante en sy familie. Dat Onse Vader sy hand oor hom sal hou en gesond sal maak

christal ·

My hart het gebreek vandag toe ek die storie lees. My gebede en gedagtes is met die seun en sy familie elke min van die dag. Ons God is groot en baie lief vir Sy kinders, ek glo en vertrou dat ons Vader klein Dante ten volle gaan genees. Sterkte aan almal betrokke

senet ·

Ek het n kind wat lei aan hdhl sindroom en hul is so besig n vinnig dis moelik maar enige kind op daai oiderdom is rats n dit is so onmoontlik om permanent jou oe op n kleintjie te een oomblik sien jy hom volgende oomblik is hy weg ons was ook kinders ons het ook dit gedoen hoekm ander stenig oor dit niemand is so volmaak of n robort om orals te wees nie aa die familie sterkte jul in my gebede als van die beste

olga ·

Die wat bank besonderhede soek. Die PDF op die blad is baie klein. Hier is dit. Eugene Marais Hospitaal. First National Bank. Acc nr 51461399269. Branch nr 251545. Gebruik asseblief die ref. nr 589257.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.