Pta-kleuter oorlede ná hy in swembad beland

Danté Stroebel Foto: Facebook

Danté Stroebel Foto: Facebook

Danté Stroebel, die driejarige kleuter van Pretoria wat verlede Sondag in die bure se swembad beland het, is Vrydag oorlede.

Johnny Stroebel (41), Danté se oupa, het Saterdag aan Maroela Media gesê as familie probeer hulle nog om alles te verwerk.

Maroela Media het vroeër berig Danté het die oggend omstreeks 11:00 ongesiens oor die muur geklim en só in die bure se swembad beland. Hy is die afgelope week in die waakeenheid van die Life Eugène Marais-hospitaal behandel.

Hy woon sedert sy geboorte by sy ouma en oupa in Daspoort. Sy ma woon tans in Witbank.

“Liewe Jesus het ons seuntjie kom haal,” het Danté se ma ook op die Facebook-blad, wat spesiaal vir hom opgerig is, gesê. “Ons is verskriklik hartseer. So baie dankie aan almal se gebede en ondersteuning en so so dankie vir julle donasies. Als beteken so baie vir my en my verloofde en my familie. Baie dankie. Rus in vrede my seun.. Xxxxxx”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

HEVW ·

Daar behoort geen swembad gebou te word sonder verpligte regulasies nie. n Voorgeskrewe heining wat otomaties toegaan en dan sluit nie. Ek weet nie in hiedie geval nie, maar dit blyk daar is mense wat maar net nie hierdie luuksheid met verantwoordelikheid kan hanteer nie.

Jakoba ·

Hy het in die bure se swembad geval , sy oupa het nie n swembad nie. Kinders is vindingryk, hulle klim oor dinge en kruip in goed wat jy nie aan kan dink nie.

Peet Schabort ·

Ten minste ‘n net oor die swembad en (laat) leer asb. jou kind om te swem.

nig ·

Peet – sê ek al lank! Nette moet verpligtend wees. Ook hoë mure/omheinings – of di tnou nie so mooi lyk nie is nie ter sake nie. En ja, soos ek ook al gesê he tleer jou kelinding swem, of jy swembad het of nie. Een of ander tyd kom hulle met ‘n swembad in aanraking en dan wil mens weet hul kan hulself help.

Chris ·

Daar is regulasies en die munisipaliteit gee nie toestemming om n swembad vol water te maak voordat hulle nie kom inspeksie doen het om seker te maak dat daar aan al die regulasies voldoen is nie. Jy kan seker nie die eienaar van die swembad kwalik neem as die bure se kind oor die muur klim nie. In hierdie geval was die hekke heel moontlik toe soos wat deur die wet vereis word.

lorraine ·

Dis hartseer wat gebeur her maar will graag net 2 dinge regstel. Ons dien ‘n God van liefde, nooit sal Hy jou kind laat verdrink om hom te kom haal nie, die dood is die gevolg van sonde. Die wat sterf in Christus, le in die graf, wagtend op die koms van Jesus, hul sal opgewek word en saam met Jesus opvaar na die nuwe aarde, sounder pyn in sonde.

Chris ·

Wat het jy nou eintlik reg gestel Lorraine? Wie het dan toe nou toegelaat dat die kind verdrink? Watse sonde sou die kind hê? Hy is drie jaar oud.

Asseblief ·

Die ma het gese dat Liewe Jesus hom kom haal het… Jys reg Lorraine…

Caarina ·

My jongste swaer se verloofde,se niggie se seuntjie,het ook verdrink verlede jaar..hy was maar 2 jaar oud..Die dominee het met klein Giovanni se diens gese..Wat gebeur het is niemand se skuld nie..Dit was die Here se besluit om hom daardie tyd te kom haal..Maak nie saak wie se skuld dit was nie..as dit jou tyd is,kan dit enige tyd,enige plek gebeur..As dit nie dalk op daardie spesifieke tyd of plek gebeur het nie,kan dit op enige ander manier of tyd gebeur..Niks sal dit kan keer nie..As dit jou tyd is is dit jou tyd..Dit is vooruit beplan deur Hom alleenlik..Al wat ons kan doen is daarby berus en aangaan..Al is dit hoe moeilik..Wees sterk en Sterkte vorentoe..

Ina Smith ·

Dit is ‘n tragedie wat verhoed kon gewees het ,, innig simpatie aan die familie ,, beskuldiging / verwyte is nou te laat …nalatigheid eis lewens … groot en klein

ladybug ·

Om nou verwyte rond te slinger is onnodig,

Kinders sal altyd doen wat hulle nie moet nie en hy was natuurlik ‘n nuuskierige knapie wat ondersoek wou instel en ongelukkig moes boet met sy lewe.

Sterkte aan die familie in hierdie moeilike tyd.

lolla ·

Niemand maar Niemand kan ‘n vinger wys nie, as jy nie in ‘n ander se voetspore is nie, bly eerder dan stil… my seun het self ‘n near drowning experience gehad toe hy 4 was, was dood maar het weer bygekom, en ek belowe dit is in ‘n oogwink in ‘n swembad vol mense, mens verstaan nie aldag hoekom so iets gebeur nie, maar die laaste ding wat ek ooit in my lewe sal doen is vinger wys, en het al op die harde manier geleer om nooit ander te judge nie, elkeen se lewe verskil en loop ‘n ander paadjie, God weet lank voor jy gebore is hoe jou lewenspad vorentoe gaan wees………..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.