Pta-konstabel vas vir moord

Argieffoto

ʼn 34-jarige konstabel van die Tshwane-metropolisie verskyn Maandag in die hof nadat hy glo ʼn man in Wierdapark, Centurion, tydens ʼn stryery doodgeskiet het.

Kapt. Bonginkosi Amos Msimango, polisiewoordvoerder, het gesê die voorval het op 2 Julie om 02:15 by ʼn vulstasie plaasgevind terwyl die beampte nie aan diens was nie. Hy het glo sy diensvuurwapen in die beweerde moord gebruik.

“ʼn Volskaalse soektog is ná die voorval van stapel gestuur en die beampte is op 4 Julie by sy huis in Mamelodi in hegtenis geneem.”

Die beampte het Vrydag vir die eerste keer in die hof verskyn op aanklag van moord. Die saak is tot Maandag uitgestel vir verdere ondersoek. Die beampte bly in aanhouding.

 

Die rede vir stryery is nog nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Johann Marx ·

As jy nie “aan diens” is nie, hoort jou vuurwapen in ‘n kluis in die polisiestasie. Jy kan dan, soos die res van ons, staatmaak op die lede wat “aan diens” is…..om jou te beskerm.

Jeannette ·

En dit is nou die mense wat ons, Jan Alleman, moet beskerm???

Michael ·

Ek stem saam met Johann die dienspistool hoort in die polisie kluis toegesluit te wees as die beamptes van diens af is

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.