Pta-kragonderbreking stok in die speek vir Ford

Ford se aanleg in Silverton, Pretoria, staan botstil weens die kragtorings wat op die N4 omgeval en groot dele van die stad in donkerte gehul het.

Al drie skofte by die aanleg is tans opgeskort wat beteken die 720 Ranger-bakkies wat per dag hier gebou word, kan nie gebou word nie.

Volgens Ford word sy 5 500 werknemers sowel as nagenoeg 60 000 werknemers by maatskappye wat onderdele aan Ford verskaf, hierdeur geraak.

Ford wek ’n magdom sonkrag op – 13,5 MW – maar dit is eenvoudig nie genoeg om die reuse-aanleg aan die gang te hou nie.

Dié onderbreking in Ford se bedrywighede sal nie net plaaslik gevoel word nie, maar ook in die meer as 100 lande waarna Ford sy bakkies uitvoer.

Volkswagen se Amarok word in die Silverton-aanleg vervaardig.

Volgens Ford werk hy saam met die Tshwane-metro en Eskom om die probleem op te los.

Tientalle woonbuurte in en om Pretoria en Centurion het sedert Sondagaand sonder krag gesit nadat verskeie kragtorings  tydens ʼn storm meegegee en op die N4 in Pretoria geval het. Van die gebiede se krag is Maandag en Dinsdag herstel, maar talle woongebiede sit steeds sonder krag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Euodia ·

Hoe lank, JAAAARE, word daar nie vir die korrupte klomp gevra om herstel werk te doen nie en hulle doen NIKS SOOS IN NIKS!!!! RAMPopsa weet nie wat in die land aangaan nie. Mense sonder water, klinieke, hospitale, ambulansdienste . Moet op kruiwaens vir mile na hospitale gestoot word. Wat ‘n skande en…steeds stem mense vir hulle.

Perdeby ·

Jou kan Ford solank kyk watter van die Ford’s wat van die lyn af is het olie lekke

domheks ·

Hulle sal nie lank in die land bly as die cANCer regering nie daadwerklik iets doen nie. Maar om van die regering te verwag om wakker te skrik is te veel gevra. CR was al jare terug aangese om by Eskom te kyk wat fout is. Maar het oogklappe vir korrupsie gehad.

Grens ·

Daai Ford’s is gewoond om te staan, hulle sal nie omgee nie.

Linda ·

Ai. die omstandighede in die land breek alles tot op die grond af en mense ly.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.