Pta-kragonderbreking: ‘Tegnici as gyselaars aangehou’

Argieffoto

Tegnici van die Stad Tshwane is Dinsdagaand daarvan weerhou om ʼn onderbreking in kragtoevoer in die stad te herstel nadat hulle deur betogers as gyselaars aangehou is.

Selby Bokaba, woordvoerder van die stad, het in ʼn verklaring gesê die voorval het by die Noordwes-substasie in Centurion plaasgevind.

Volgens Bokaba was ʼn span tegnici besig om foutiewe kabels by dié substasie te herstel toe hulle deur ʼn groep betogers aangehou is. Hy het gesê dié situasie het daartoe gelei dat pogings om kragtoevoer na Erasmia, Laudium, Claudius, Louwlardia en Lyttelton te herstel, vertraag is.

Die kragonderbreking in Lyttelton het van die kantore in die gebied en dele van die Unitas-hospitaal sonder krag gelaat.

Volgens Bokaba het betogers later die R55-pad met brandende buitebande versper en skade aan die Olievenhoutbosch-gemeenskapsentrum aangerig.

“Ons tegnici kon net daarin slaag om krag na Erasmia, Claudius en Lyttelton te herstel. Die span werk steeds daaraan om die krag te herstel in Louwlardia en Laudium.”

Bokaba het gesê ʼn ander span tegnici werk intussen aan die kabelfoute wat die kragonderbreking in Lyttelton Manor tot gevolg gehad het.

Hy het gesê die stad sal ondersoek instel en optree teen die “anargiste wat aanhou met hul pogings om vrees by ons werknemers in te boesem met die oog daarop om ons van ons verantwoordelikhede weerhou”.

“Ons sal nie verhoed word om dienste te lewer as gevolg van vandalisme of kriminaliteit nie.”

Bokaba het namens die stad om verskoning gevra vir die ongerief wat veroorsaak is en het onderneem om dienste so gou moontlik te herstel.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

KP ·

Die ANC en EFF probeer al hierdie DA beheerde munisipaliteite kaap. Dit gaan nog erger raak na volgende jaar se verkiesing.

GM ·

Kla hul aan van moord en poging tot moord as hul tegnici daarvan weerhou om kragtoevoer na hospitale te herstel.

Lolla ·

Kriminele? Vandaliste?…. Nee- Offisieel TERRORISTE!!! Ons het in SA Terroriste, naamlik EFF, BFLF. Moordenaars. Hou onskuldigge mense gyselaar. Wek Vrees en is onbeheerbaar met hul eie reëls. Hul gedrag is van so aard dat hulle optree asof hulle die land regeer. Dit my mede landsburgers, is terroriste.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.