Pta-laerskoolmeisies glo om die beurt deur klasmaats verkrag

Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng by die beweerde misdaadtoneel by die skool. Foto: Twitter

Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng by die beweerde misdaadtoneel by die skool. Foto: Twitter

Die Gautengse departement van onderwys het ʼn ondersoek van stapel gestuur nadat drie laerskoolmeisies van Pretoria na bewering om die beurt deur mede-skoliere verkrag is.

Drie meisies, tussen die ouderdom van sewe en nege, is glo om die beurt deur twee ouer seuns op die sportveld van die Kutumela Molefi Primary School in Lethabong, oos van Pretoria, verkrag. Die beweerde voorval het glo op 11 Junie plaasgevind.

Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng, het Maandag die skool besoek om met die ouers van die betrokke leerders, personeel by die skool en lede van die beheerliggaam te vergader.

Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng. vergader met lede van die skool se bestuur. Foto: Twitter

Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng. vergader met lede van die skool se bestuur. Foto: Twitter

Lesufi het sy skok oor die voorval uitgespreek en gesê ʼn ondersoekspan is aangestel om te bepaal hoe so ʼn voorval kon plaasvind. “As ʼn ouer is ek seergemaak oor wat gebeur het,” het hy gesê. “Die besonderhede is skraps en daarom sal ʼn forensiese ondersoek gedoen word. Ek is bly die ouers van die oortreders is hier om te help.”

Lesufi het ook gesê nadat hy met die slagoffers gepraat het, is dit vir hom duidelik dat hulle nie in dieselfde omgewing as die oortreders wil wees nie. “Dit blyk dat daar reeds vroeër tekens van mishandeling was. Ons moes tussenbeide getree het voordat dit so ver gegaan het,” het Lesufi gesê. “Ek gee die ondersoekspan 21 dae om die ondersoek af te handel.”

Maroela Media wag nog vir kommentaar van die departement om te hoor of die seuns uit die skool geskors is hangende die ondersoek en of berading aan die slagoffers gegee word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Peet Schabort ·

So Lesufi, dit het nie by die Curro (as ek die naam reg het) skole gebeur waar daar oor gedwonge mengery aangedring is.

Peet Schabort ·

“Oor gedwonge” moet wees “op gedwonge”. Vir diegene wat dalk nie kan verstaan en vir die jonges oor korrekte taalgebruik.

RV ·

Nee AH, jy kan nie jou hone so beledig nie want ek dink nie eers hulle sal so laag daal nie.!

Gert ·

AH, duidelik is jy nie n hondeliefhebber nie en het jy geen kennis van honde nie. ‘n Hond verkrag nie, ‘n hond molester nie ‘n ander hond nie. Kom flippin by!!!!

Willem ·

Ek dink die probleem le by opvoeding, en begin by die ouers.

Martin ·

Lesufi moet mos nou die hoof ook afdank of het ek dit verkeerd?

Nic ·

Inderdaad. Gebeur dieselfde by die sg. skool waar rassisme gepleeg word? Nee hy moet maar na sy eie soort se gedrag kyk. Sluit daardie skool valse profeet.

Gertjie ·

Net 21 dae om ondersoek af te handel. Lesufi, het jy persoonlik so ‘n saak al ondersoek?
Hierdie saak gaan ook uit die hof gegooi word soos al die ander.

Berhalet Beukes ·

Stuur hulle volwasse tronk toe as hulle manne wil wees. Vuilgoed.

Jakes ·

Die Curro-ding is mos behoorlik gery deur die media. Sal hierdie verkragting hoegenaamd die koerante haal?

Douglas ·

Dit het seker te doen met die mentitaliteit, ons is mos nou 3de wereld gemors, ons gaan nog laer daal

jennefer ·

Dis wat gebeur as kinders jaar na jaar druip of te laat skool begin. Die seuns was seker heelwat ouer as die slagoffers

Winston ·

Ja dalk al 19 en ouer beweerde verkragters. Lesufi hou jou by jou lees. Dis waar n skoenmaker moet wees. Los die skole uit waar sulke goed nooit gebeur nie en stel wagte en polisiebeamptes aan by skole. Gaan nie help nie maar dis n poging

Yvonne ·

Ek is geskok!!!
Hoe kan so iets gebeur by ‘n skool, helder oordag. En dit nogal ‘n LAERSKOOL!!
Waarheen gaan hierdie wereld van ons
Siek verby . . Hoop hulle word toe gesluit en die sleutel word weggegooi, Al hulle dan “manne” wil wees, straf hulle soos manne!!

nig ·

Hoe gebeur sulke goed op ‘n sportveld wat tog oop is – enigeen moes kon sien wat aangaan? Waar is die “onderwysers” wat moet toesig hou? Hulle moe sdit mos kons top voor dit gebeur?Of sit hul weer aan die kolonel-hoender en smul? Wat ‘n vrotspul. SIEK!

Pierre Celliers ·

So bly daar’s nog iemand wat nie oogklappe het nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.