Pta-leerder kritiek beseer in voorval by skoolkamp

Carmen Botha. Foto: Verskaf

Carmen Botha. Foto: Verskaf

ʼn Dertienjarige meisie van Centurion veg om haar lewe in die waakeenheid van ʼn Johannesburgse hospitaal nadat sy 15 meter ver tydens ʼn skoolkamp geval het.

Carmen Botha, ʼn gr. 8-leerder, is Donderdag in ʼn kritieke toestand na die hospitaal gehaas nadat sy 15 meter ver van ʼn glykabel (foefie slide) geval het. Carmen was ten tyde van die voorval saam met haar klasmaats op ʼn skoolkamp by ʼn avontuursentrum buite Brits in Noordwes. Dit is in dié stadium nie duidelik wat die fratsongeluk veroorsaak het nie, maar die voorval word tans ondersoek.

Gerna, Carmen se ma, het aan Maroela Media gesê paramedici was vinnig op die toneel om Carmen te stabiliseer en per helikopter na Johannesburg te vervoer. Desondanks het Carmen se hart op pad na die hospitaal gaan staan weens haar erge inwendige beserings.

“Ek kan nie eens vir jou beskryf hoe dit gevoel het toe die helikopterdeure oopgaan en ek sien hulle is besig met hartmassering nie,” het Gerna gesê. “Ek wens dit nie vir my grootste vyand toe nie.”

Carmen se lewer en milt is geskeur, van haar ribbes het gebreek en deur haar long gesteek, twee van haar werwels is gebreek, ʼn bloedvat in haar dermkanaal het geskeur en sy het ʼn haarlynfraktuur op haar skedel opgedoen. Sy het wonderbaarlik egter geen breinskade of bloeding op haar brein opgedoen nie.

Carmen is onmiddellik vir ʼn noodoperasie geneem om die inwendige bloeding te stop en haar milt te verwyder. Sy het kort daarna ʼn tweede operasie ondergaan om van die inwendige skade te herstel en was Sondag weer op die operasietafel om haar buik finaal toe te werk. Volgens Gerna moes Carmen omtrent 20 liter bloed in die eerste 36 uur ná die ongeluk ontvang.

“Sy is tans aan ʼn masjien gekoppel wat haar hart en longe se funksies oorneem sodat haar organe kan rus en herstel,” het Gerna gesê. “Sy is ook nog aan ʼn asemhalingsmasjien verbind, maar die dokters sal deur die loop van vandag [Maandag] stelselmatig haar verdowing verminder om haar uit die geïnduseerde koma te bring, waarna sy waarskynlik van die asemhalingsmasjien verwyder sal word.” Sy het ook nierversaking opgedoen weens haar beserings.

Volgens Gerna is dit nie in hierdie stadium duidelik wat die langtermyngevolge van Carmen se gebreekte werwels gaan wees nie. Hulle weet net dat sy nog maande in die hospitaal sal moet deurbring.

“Volgens die dokters is iemand wie se hart gaan staan het weens sulke erge inwendige bloeding as gevolg van die trauma se kans op oorlewing 0,5%. So, as dít nie ʼn wonderwerk is nie, dan weet ek nie wát is een nie,” het Gerna gesê.

“Carmen het letterlik vir elke liggaamsdeel wat beseer is ʼn dokter wat daarna omsien. Die personeel by die hospitaal is net so ongelooflik en ondersteun ons op so ’n onbeskryflik wonderlike manier. Ons is so dankbaar vir hulle,” het sy gesê. “Ons weet daar is so baie mense wat vir Carmen bid en ons kan nie vir elkeen van hulle dankie sê nie. Maar hulle dra ons beslis deur hierdie tyd.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

60 Kommentare

Gebed ·

My gebed is vir julle volkome genesing, berusting en hoop elke dag. Ek weet Jesus sal julle dra. Spoedige beterskap, Carmen!

Michelle Roos ·

Ai dis hartseer. Het self ‘n dogter wat op ‘n onlangse graad 12 skoolkamp brandwonde opgedoen het. Dis moelik as jou kind so ver van jou is en so iets moet deurgaan. Mens voel so hulpeloos. Sterkte vir die hele gesin. Ons hou Carmen in ons gebede vir ‘n vinnige en volkome herstel.

Alida ·

Sterkte,by die Here is niks onmoontlik,ek bid vir volkome genesing

Mirinda ·

Here beskerm en bewaar asb hierdi kind, baie sterkte aan die ouers!

Wendy ·

Pappa Jesus bewaar carmen in die holte van U hand. Here U het ons geskape net U kan ons volkome genees! Pappa Jesus dankie vir n wonderwerk! Amen.

Jacqueline ·

Here U is ‘n God van wonderwerke. U is die Groot Geneesheer van alle tye. Here ons sê nou dankie wat U sover vir Carmen gedoen het en dankie dat ons U net kan loof en prys vir wat U nog gaan doen. Al die lof en eer aan U.

Gesiggie ·

Heer ons dra hierdie kind aan U op…. ons vra dat U deur als met haar sal wees, aan haar krag sal gee… haar sal aanraak… en haar sal gesond maak. Aan Gerna en al die vriende en Familie, mag God jul dra in die moeilikke tye. Ons vertrou en Glo aan n spoedigge herstel. In en Deur God is als moontlik. STERKTE.

Hannelie ·

Liewe Vader ek dra hierdie kind aan U op om te genees en haar ouers by te staan. Sterkte aan Carmen en haar ouers.

Liefie ·

Sterkte aan die ouers mag sy volkome herstel. Dis hoekom skool kampe stop gesit moet word!!!! Hoekom is geen kommentaar van die skool nie?

Zelna ·

Skoolkampe is ‘n baie baie belangrike deel van ‘n kind se ontwikkeling. Om saam met maats weg van die huis te wees en sosiaal deel van haar skool te wees en nuwe vriendskappe te ontwikkel en vir haarself op te staan want mamma is nie daar om haar hand vas te hou nie. Die ondersoek sal se wat gebeur het. Mens is mens en ongelukke gebeur. Hoekom sal sy nou die enigste een wees was verongeluk het? Daar is meer karongelukke as kinders wat seerkry op ‘n skoolkamp. Ek glo die kind sal volkome herstel. Ons bid tot ons God. Sterkte meisie. Baie baie sterkte.

Berhalet Beukes ·

Regtig Lils… Is dit nodig om afbrekend te wees? Ons is maar almal net mense en elkeen het spesifieke dinge wat hulle dieper raak as ander.

Sterk wees ·

Sterk wees Gerna & familie. Ek bid vir hierdie klein vegter! Die feit dat hierdie dogterjie na alles nog lewe wys die grootheid. Daar is ‘n plan met haar lewe en die ongeluk. Liefie skoolkampe het meer waarde as nie-skoolkampe. Gaan gou deur die jaar se nuus en kyk hoe min ongelukke. Die mense tref goeie veiligheidsmaatreëls, tog bly hul menslik en ‘n glips kan gebeur. Lils 100% dalk kort almal so skok om te sien dat mens nie net op 1 hopie moet sit en wag vir jou lewe om verby te gaan nie. Gerna jy kan groot vrede hë Carmen lewe voluit en sy veg nou voluit!

Gerda Kriel ·

Sterkte Carmen. Die Groot Hand is oor jou en Hy seën elke dokter en verpleegster se hande wat met jou werk.

Jan maak n Plan ·

Dat ‘n lekker avontuur kamp vir so ‘n dapper dogter so moet skeef loop. Sy klink na ‘n vegter. Sterkte aan almal met die geneesing, God sal voorsien.

Gironki ·

Ek bid vir Carmen vir volkome genesing. Ons HEMELSE VADER is ‘n God van wonderwerke. ALLES is deur Hom moontlik. Ek bid ook dat Hy Carmen se ouers in Sy Genade sal vertroos en bemoedig met die wete dat Hy in beheer is en dat hulle veilig in Sy Hand is. Ek wil ook die Here loof omdat Hy reeds besig is met ‘n wonderwerk in Carmen se lewe!

Jeanette ·

My oe was vol trane, ek weet hoe op gewonde hulle is as hulle Gr 8 toe gaan, Here gaan met Carmen en genees haar ten volle en gaan ook so met haar ouers, daar is baie wonderwerke en God is Groot, hy sal haar bystaan.

Elize ·

Baie sterkte ons bid dat ons hemelse vader julle en jul kind sal dra en haar volkome sal genees.

Berhalet Beukes ·

Ek bid dat sy spoedig en volkome herstel! Sterkte aan haar familie en vriende!

heleen ·

Ai my hart huil vir die carmen en haar ouers . Glo en vertrou op Onse Vader by Hom is als moontlik sterkte aan die ouers ons bid vir julle en carmen

Lynet ·

Mag die HERE haar toevou in sy Genade en Liefde en haar gesond maak. Sterkte aan die ouers en familie en vriende. Glo in Sy Genesing.

Champ ·

Ek het lankal gese die skoolkampe is n regte “Harsing” kinders vat die uiterste kanse in alle opsigte, terwyl onderwysers, toesighouers dit net as n heerlike vakansie beleef

Piet Snot ·

Champ, jy kom kinders en kampouers deur die bank met die teerkwas by sonder om te weet waarvan jy praat.
Meeste kinders is verantwoordelik en oulik, en kampouers is agterna stokflou.

Ruby ·

Champ, ek stem glad nie met jou saam nie.

My kinders was almal op skoolkampe en ek kan net met lof praat van die kamp gronde, onderwysers en toesighouers. Dit is vet pret vir die kinders en ons ouers en onderwysers se senuwees soms rou geskaaf.

As ek nou doodeerlik moet wees, het my kinders het al meer seer gekry onder my eie toesig as by iemand anders en ja, ongelukke gebeur.

Sterkte pragtige meisiekind, mag jy volkome herstel.

Frikkie ·

Dankie aan amal se gebede aan ons Vader, ek weet die familie waardeer dit opreg. Dankie Vader vir U hand in die saak en dankie Vader dat ons weet U het die laaste se in die saak en dat U Carmen op die staduim vashou en haar beskerm. Dankie Vader vir die hestel in haar liggaam en die verdere hestel wat U sal doen. Dankie Vader dat U Vader is en in hierdie tyd oorneem en alles sal herstel laat hier n storie kom van net nog n groot wonderwerk in U naam. Dankie Vader, Amen!

Jen ·

Ons bid en vertrou dat Carmen ten volle sal genees. GOD se genade is baie groot. Sterkte aan haar ouers en familie, jul is in ons gebede

Elna Burger ·

Baie sterkte. Ek bid dat Jesus julle elke dag hierdeur sal dra. Ek weet wat dit is vir n ma, my dogter het n jaar gelede ook 15 meter + hoog geval en sy gaan Vrydag in vir haar 12de operasie in die jaar. Al wat ek vir julle kan sê is VAT NET EEN DAG OP N SLAG. Moenie dink wat gaan oor n week of twee gebeur nie, jy het nie die krag daarvoor nie. Dis Net die Here alleen wat n mens hierdeur kan dra. Julle is welkom om my te kontak .

Theresa B ·

Baie sterkte aan almal wat om haar bed waak. Mag die Here haar styf vashou en volkome herstel. Mag die Here ook elke Dr se hande seen wat met haar werk sodat hulle die regte dinge sal doen en sy nog ‘n kans sal kry.

Ben ·

Wees rustig en aanvaar wat gebeur het.Die kind is in die hande van die Here.

Francois le Cochon ·

Ek is spyt ek het hierdie berig gelees. Dit is so, so tragies. Hierdie familie is in die begin van hierdie meisie se HS loopbaan, en dit het so uitgedraai. Sterkte vir haar en die familie.

Oorlewende ·

Gerna en familie, glo net! Ek bid saam. Ek is ‘n lopende getuie v God se wonderwerke. Na ‘n motoerongeluk, ook baie bloed en te veel operasies om eers te tel het Vader my gespaar! Hy loop Sy pad met ons. ‘n Mens pas ook aan sonder party ingewande. Ek dra elke spesialis en verpleegster op aan die Here! Carmen is in Sy Hand en Hy weet hoekom. Dankie Liewe Vader

Sarie 2 ·

@ Oorlewende. Ek is ook deur ‘n soortgelyke ervaring. Selfs my huis-arts het agterna gesê: “Dis ‘n wonderwerk dat jy leef!!” Èk glò wat in die Skrif staan: “Daar sal nie eens ‘n haar van jou hoof afval, as God dit niè toelaat nie… ” Dieselfde geld vd dood. Satan hèt mag oor die dood, maar hy is niè Almagtiig niè!!!” Satan het vir Job geteister met àlles denkbaar; het selfs vir God gesê dat Job Hom sal vloek “uit moedeloosheid”. God se antw aan Satan was: “Jy kan aan hom doen nèt wat jy wil, spaar nèt sy lewe…” Dis ‘n duidelike bewys dat God niè slegte dinge aan mense doen nie & ons ook niè doodmaak nie, maar dat Hý dit toelaat… Hý het in àlles, die finale sê…

Johann ·

My hart gaan uit na Carmen, die skool, maats en ouers. Sterkte! Skoolkampe skep wonderlike ervaringsgeleenthede, kinders word goed deur onnies opgepas deurgaans goed deur skole bestuur. Eienaars van kampterreine het egter ‘n belangrike verantwoordelikheid om toe te sien dat hul fasilteit toerusting en geriewe volgens bestaande standaarde veilg is en instrukteurs behoorlik gesertifiseer en gekwalifiseerd is. Gesels gerus met Lood Spies, bewese kenner rakende avontuurfasilitering oor die aangeleentheid.

Helesti ·

Dis vreeslik hoe ‘n mens se hele lewe in ‘n oogwink kan verander. Sterkte aan Carmen en haar gesin. Weet julle is in baie mense se gebede.

Wouter Heymans ·

Ons is onlangs deur dieselfde trauma met ons aanstaande skoondogter se motorongeluk. Ons gebede is verhoor en sy begin maandag weer klas draf op die PUK. Ons as gesin sal vir jou bid Carmen en jou lewe en gesondheid opdra aan Jesus wat die enigste gesag is wat jou sal gesond maak. Jou familie gaan deur n moeilike tyd en ons dink in die besonder aan hulle ook. Jy leef en daarom weet ek jou werk hier op aarde is nog lank nie klaar nie. Baie sterkte en word vinnig gesond.

wes kaap ·

Baie sterkte aan Carmen en haar ouers!!!! Almal se gebede SAL julle hierdeur kan dra!!

Centurion ·

Die Liewe Vader weet van jou Carmen. Ek mos 3 uur vanoggend vir jou bid en ken jou glad nie. So ek GLO Sy Wil sal geskied. Sterkte!!

Sanet Smith ·

Baie dankie Vader dat U oor Carmen waak en U steeds die Groot Geneesheer is. Dek haar asb toe met U Bloed en dankie dat U by haar bed is. Gee asb die dokters in beheer die wysheid van U af en seen hul hande ook asb. U is steeds die God van Wonderwerke en ons plaas Carmen in U arms Heer. Amen

Delani ·

BAIE STERKTE!!!!! dink aan julle en aan julle familie. Ek bid dat die Here julle sal bewaak en beskerm. Glo en vertrou dit is sover ‘n wonderwerk, so die wonderwerk is nog nie verby nie. SY GAAN VOLKOME HERSTEL

Kobie ·

Carmen en haar familie is in my gebede. Ons bid en glo vir nog ‘n wonderwerk en dat sy binnekort HEELTEMAL gesond sal wees.

Angelique ·

Genesing en Volkome Herstel is JOUNE deur die Bloed van Jesus, mag jy spoedig herstel, en nie maande nie, maar slegs ‘n paar dae in die hospitaal deur bring. Ek bid vir jou, jou familie, dokters en almal by die hospitaal deur die tyd.

Gideon ·

Kruisig my nou maar gerus!! Ek dink die skole moet hulle toespits op akademie, sport en kultuur by die skool. Dit is twak dat daar altyd na ander plekke gegaan moet word vir een of ander foefie!! Die onderwysers sien dit as net nog ‘n uitstappie, en die arme ouers lei altyd daar onder.
Dit is so gevaarlik op ons land se paaie, waarvoor die kinders blootstel. Skole is ontwerp om kinders veilig te hou. Die arme kind se hele lewe lê voor, en nou sit sy met al die probleme. Ek hoop en vertrou dat Carmen sal oorleef, maar sy gaan nooit weer wees soos voor die onnodige ongeluk nie!! Daardie skool kan bly wees dit is nie my kind nie, want hulle sal moet hoop hulle het die beste versekering denkbaar op aarde!!

Gavin ·

Ek wil nou nie n eier le nie maar ek het net een vraag! Hoekom gebruik die mense wat die kamp anbied nie harnasse op die foefie slide nie? Dit is tog baie hoog en enige iemand kan daar afval, dis maar net my opinie en dit sal dit baie veiliger maak.

Ouer van twee seuns ·

Hoekom al die kwaai boodskappe teenoor die skool en kampe?
Kyk eerder na die plek waar dit gebeur her.
Hoe dikwels word die harnase ge inspekteer. En word daar reckord hiervan gehou?

Sterkte, aan die gesin, mag die here sy hand van geneesing oor julle hef.

Jammer as ek “blunt” voorkom.

Connie ·

Ons dien n Wonderlike Here! Glo net Sy wil sal geskied ek bid saam met julle

elmarie ·

mag sy volkome herstel – hoop met volharding en glo bid vir haar herstel

R ·

My dogter is in Gr 8 en sy was al in haar skool loopbaan op 3 Kampe.Ek kan getuig dat dit elke keer ‘n wonderlike ondervinding vir haar was en ek glo vas dat die kampe deel gehad het daarin om te maak wie sy vandag is. My kind was bang vir als en wou selde nuwe dinge probeer maar vandag is sy so vol selfvertroue en sy pak alles aan as af dit pret gaan wees. Binne in ons huise agter ons hoe hekke en slotte is dit nie altyd maklik om nog kind te wees nie. …… Hierdie is ‘n Wonderwerk en ek hoop dit dien ook as ‘n waarskuwing vir elke Onderwyser, Kamp personeel, Ouers en Kinders . Onderwysers kyk self na die toeristing. Kamp personeel hou die goed in stand en koop gereeld nuwe toerising aan , Kinders let op as daar verduidelik word en moenie kaanse waag nie.Ouers die Heere is in beheer. Sterkte aan Carmen haar Ouers , Familie en almal wat hierdeur geraak is.Een ding is verseker die Here is met julle.

nika ·

Liewe Champ en Gideon

As onderwyser moet ek julle teleurstel.Ek haat n skoolkamp.Ek moet 24uur per dag ander mense se kosbaarste besittings versorg en oppas,terwyl my eie man,kinders en diere tuisbly.Skoolkampe is geen grap,uitstappie of vakaansie vir onderwysers nie.

Ek word nie daarvoor betaal nie,maar doen dit uit liefde aangesien die kinders dit geweldig geniet en groei.

Sterkte aan Carmen en haar gesin.Ons bid almal vir haar spoedige herstel.

MCS ·

Ag Zelna, dit is snert! Waar is skoolkampe sodanig belanrik vir die redes wat jy noem! My mening is dat niks goeds daarvan kom ! God het Sy kind vir jou geleen om Sy kind groot temaak volgens sy riglyne en vir Sy koningryk eendag!

Ryan ·

Liewe aarde !! Waar kry julle lot nog tyd om so baie te bid, met al die bakleiery, en mollycoddling van julle kinders, en die hofsake teen die skool, en die harnas-inspeksies … gelukkig is Gerna baie level-headed.

Realisties ·

Ek voel almal moet ophou kommentaar lewer op iets waaraan hulle nie eens deel gehad het nie. Ons kinders was daar, het elke oomblik daarvan gehaat en worstel nou met al die gevoelens waarmee ‘n 14jarige nie moet worstel nie. Al wat ons nou moet doen is om vir Carmen te bid, die kinders wil hulle klasmaat terug verwelkom! En glo my, ek dink nie enigeen van ons sal ooit weer ons kinders op enige kamp stuur nie. Ja, dis kos geld, die onderwysers offer al hulle tyd op en dis nie vir hulle ‘n vakansie nie, niemand baat hierby nie! Ons kry siek, stukkende kinders terug, en een arme gesin se lewens is ontwrig, was dit die moeite werd? Ek hoop almal bly nou stil en respekteer Carmen en haar gesin!

Hennelie Rust ·

Ai, Gerna, kyk net na die boodskappe!! Die Vader,sien daar is baie meer as drie wat saam vergader en haar opdra. Hy gee die dokters hul verstand,en beheer ook hul hande met operasies. So ook die verpleegpersoneel. Hy beheer dit so mooi en daar het al wonderwerke met haar gebeur. Sterkte vir wanneer dit die dag nie goed gaan nie,byt vas saam met julle kind. Ons staan vas op die Heer se wonderwerke en genade!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.