Pta-ma beseer toe kar glo op ys gly

Die motor waarin die ma en drie kinder gery het. Foto: Netcare 911

Die motor waarin die ma en drie kinder gery het. Foto: Netcare 911

ʼn Vrou van Pretoria is Vrydagoggend ernstig beseer nadat ʼn yslaag op ʼn pad glo tot ʼn motorongeluk gelei het.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die vrou en drie kinders was in die motor toe die ongeluk omstreeks 08:00 in Achillestraat in Olympus, in die ooste van die stad, plaasgevind het.

“Volgens inligting vanaf die toneel het die ma beheer oor die motor verloor nadat nat en koue weerstoestande ’n yslaag op die pad veroorsaak het,” het Botha gesê. “Die motor het die pad verlaat en teen ʼn grensmuur van ʼn eiendom gebots.”

Die vrou is vir ernstige beserings behandel en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem. Die kinders is ongedeerd.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.