Pta-ma deur vloedwater meegesleur

Nooddienswerkers by die wrak van die motor in die Apiesrivier. Foto: Verskaf

Nooddienswerkers by die wrak van die motor in die Apiesrivier. Foto: Verskaf

Die Tshwane-nooddienste is op soek na ʼn vrou wie se motor Vrydag in die vroeë oggendure deur vloedwater in Pretoria meegesleur is.

Johan Pieterse, woordvoerder van nooddienste, het aan Maroela Media gesê die vrou en haar 23-jarige seun was in die motor, ʼn wit Nissan Skyline, toe dit omstreeks 03:00 in vloedwater van die Apiesrivier by die laagwaterbrug in Flowersstraat, Capital Park, in Pretoria se Moot-gebied, beland het.

“Die seun kon daarin slaag om uit die motor en vloedwater te kom, maar sy ma is saam met die voertuig in die rivier meegesleur,” het Pieterse gesê.

ʼn Soek-en-reddingsoperasie is van stapel gestuur. Nooddienswerkers het omstreeks 09:00 die motor opgespoor, maar die voertuig was leeg en daar was geen teken van die vrou nie.

“Die soektog duur voort. Die proses word egter deur swaar reënval en vuil water bemoeilik.”

Die vrou se identiteit en ouderdom kon nie dadelik bevestig word nie. Die vrou is vermoedelik ʼn inwoner van Mountain View. Haar seun is by die huis en die gesin word deur die polisie bygestaan.

Die Suid-Afrikaanse weerdiens het Vrydag gesê verdere storms, waarvan sommige ernstig kan wees, sal na verwagting die middag oor die provinsie vorm. Die storms kan gepaardgaan met swaar reën, hael, kitsvloede en stormsterkte wind.

Pieterse het motoriste gewaarsku om glad nie van paaie gebruik te maak waarvan die padoppervlak nie sigbaar is nie. “Net 60 cm vloedwater is genoeg om voertuie, selfs bakkies, mee te sleur. Hou kop, vermy paaie en vloedwater en maak eerder gebruik van alternatiewe roetes.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

60 Kommentare

My tweesent bydrae ·

Ai tog . So jammer . Sterkte aan die betrokkenes .

Leonie ·

Ai dis hartseer. Sterkte vir die familie. Ek hoop hule kry haar spoedig en ook die 3 jarige dogterjie wat met die Jukskei Rivier meegesleep is.

charlene ·

Is daar al `n opvolg hier, het hulle die vrou al gekry? Hoe oud is die kind??? Daai brug is al gelig en mens kan jou so maklik misgus oor hoe diep daai water oor die brug is. En vrou alleen daai tyd in daai area, jy gaan nie stop en kyk of iets nie. Jy gaan so gou moontlik probeer uit die reen kom. Stekte aan die familie en Maroela as julle enige update kry sal julle asb laat weet.

MM ·

Die kind is 23 jaar oud dit is in die berig.
Dis baie tragies, maar wat soek jy daardie tyd van die aand op die pad as dit so reen. Ek woon in Pta en dit het weer erg gereen van 01.00 vanoggend af. Mense word gewaarsku, maar hulle luister nie. Dis is so onnodig.

Buitestander ·

Innige meegevoel met naasbestandes.

Ja, as jy nie wil luister nie moet jy die gevolge dra!!!

Word wakker mense en luister na waarskuwings. Spyt is ‘n baie goeie ding maar kom altyd, altyd te LAAT!!!

Elsje ·

Mense, julle ken hulle nie en julle weet nie wat die omstandighede 3uur in die oggend was nie, so ek vra dat julle die kretiek vir julle self hou en bid dat die mense wat soek, vir haar sal kry. Ja, ek is famielie en dis heeltemal onnodig om negatiewe ding op skrif te sit. Dankie aan al die gebede ons warseer dit opreg.

Janee ·

MM -jy kommentaar is so ongevraagd ..veral as jy nie die mense se omstandighede ken nie…weet jy ek was die selfde nag/oggend ure vrou-alleen op die pad ongevalle toe aangesien my 12 jarige siek geword het – dit het niks met “luister nie ” te doen nie…ek werk ook nagdiens en is baie nagte alleen op die pad..in storms en reen ,pikdonker nagte terwyl jy snoesig slaap…daar luister na ander ….sterkte aan die familie

Elize ·

Dít is so maklik vir mense om te oordeel. Niemand ken dié familie se omstandighede nie. Sterkte aan dié familie, en baie dankie aan Maroela Media vir al die deel. Nuus weer ens

ja nee ·

Sies MM en Buitestander ..was julle daar ..weet julle wat die omstandighede was…ek werk nagdiens en moet in stikdonker nagte,reen ,storms ry ..vrou alleen ,nie omdat ek nie luister nie ,maar omdat ek moet…want daar wag drie kinders by die huis wat moet eet …die opmerkings sê iets van julle karakter ! Mag die gesin liefde ervaar in die moeilike tyd…mag my kinders weet dat ek baie lief is vir hulle daarom dat ek ALLES sal doen om hulle teversorg

Frederik ·

Die spesifieke brug sou al in die Nasionale Party se dae hoër gebou word. Geen wil, geen weg.

GMP ·

Die berig sê ‘n Wit Nissan Skyline? Watter motor is dan in die foto’s?

Sê maar net. ·

Vir almal wat gewonder het wat soek ‘n vrou daardie tyd van die oggend op straat wil ek dit duidelik MAAK. Sy was ‘n ma wat moontlik haar kind gaan haal het by sy werk , of dalk weggevat het werk toe. Sy was dalk vroeër oor die brug en met die gaan of terugkom in die moeilikheid beland. Weet enige een hoe ver ompad moes die vrou dalk ry . Dit is of Pta noord oor of deur die middestad wat ook gevaarlik is. Dink mense dink voor julle beledigend raak. SY WAS N MOEDER

Manda ·

Jy is so reg maar al wat mense doen is seermaak en beledig sterkte vir di mense

CQ ·

Die “kind” is 23 jaar oud!! Kan hy nie self by die werk kom nie????

Antie ·

CQ, my kind is amper 30 en kan nie ‘n voertuig bekostig nie, ek gaan laai hom ook af by die werk en gaan haal hom. Hy werk baie snaakse ure (toermaatskappy) en daar loop nie busse 3 uur in die oggende nie en ek ry gewoonlik ook vrou alleen

Anne ·

Dit slaan my dronk dat party mense so gevoelloos en onsensitief kan wees. Ken julle die mense se omstandigdhede ? Sies man

Net so ·

Ja nee….ek stem saam met jou hoor niemand weet hkm en wat die rede is sy so laat op die pad moes wees nie… Jy het some die mense se bekke stil gemaak. Hoop eerder so iets gebeur nooit met julle of julle naasbestandes nie. Sterkte aan daai familie ek hou jul in my gebede.

Liewe heksie ·

Regtig ongvoelige monsters van julle wat sulke kommetaar lewer ek bly net onder mountain view en ek moes al in nood in die middle van die nag oor daai brug ry as jul nie die feite het nie bly liewers stil kans is baie skraal dat sy lewend gevind sal word Sterkte aan die families

Karma1 ·

Eerstens, sterkte aan die seun en familie: ek hoop hul vind jou moeder/vrou/gesinslid nog lewendig.

@Liewe Heksie – is daar dan geen ander pad as dié LAAGWATERBRUGGIE om tot die oorkant te kom nie? Dit is al hoeveel keer gesê: MOENIE OOR LAAGWATERBRUGGIES RY AS JY NIE DIE OPPERVLAK KAN SIEN NIE.

Derdens, die seun is 23, was saam met sy moeder in die motor, maar kon uitkom en vierdens, @MM, sy was dalk oppad terug huistoe nadat sy haar kind gaan haal het – DAAROM was sy daardie tyd van die nag nog op die pad.

Liewe heksie ·

Karma ja daar is ander pad maar op daardie oomblik van nood was dit die kortse pad en dank die Vader dit het nie so gereen nie maar ek probeer net sê dat dit dalk n noodgeval was en sy het nie besef dat die water so sterk daar vloei nie maar ek sal nie daaroor ry in sulke reenweer nie en ek was in elkgeval te laat vir my noodgeval sê maar net

Buitestander ·

Eertens as ek ‘n besorgde moeder is oor my kinders en familie gaan ek nie kanse waag om deurstorm water te ry nie.
Ten tweedens ‘n hoë brug is in Fred Nicolon straat beskikbaar ± 1/2 km van Flower straat.
As jy nie weet nie google map is tot almal beskikbaar selfs op jou selfoon.
Nee ek moet so gou gou moontlik by punt A óf B kom.

Mari ·

Niemand weet wat die omstandighede was nie. Verklaar jouself as Moeder. Ons almal is Ma’s wat nie hulle kinders willens en wetens in gevaar sal stel nie. Dit was dalk ‘n oordeelsfout of iets. Almal wat kommentaar lewer dink geensins aan die familie wat sit en wag vir nuus nie. Of aan die seun wat kon uitkom nie. Waar is julle menslikheid????? ‘n Ongeluk is presies wat dit is!

hanco murray ·

Luister mense,ek wil nou net gou vir al die emosielose mense se,ek was nie bereid om met my of my ma se lewe tebetaal,om tekom waar ek wou wees nie,dit was n vrats golf,vir die wat sal weet,johannesburg se water kom die apies revier deur,en mag julle oordeling nie draai tot verskriklike hartseer,as gevolg van oordeel sonder om die storie teken nie,julle lees nou die einste seun (20)-nie(23) nie….se woorde….dit was my kar,en ek het bestuur,so laat ek vandag voor ons hemelse vader vra,vergewe hierdie mense,wat gevoelloos emosiloos oor omstandighede oordeel wat hulle nie ken nie

hanco murray ·

Wie is julle om teoordeel oor wat by die apies revier gebeur het,wanneer daar karre op die HIGHWAY weg gespoel word…

Rbee ·

Ek stem saam daar is ñ ander brug. As jy die omgewing ken en weet dit reën en bewus is van die storm Woensdag in Johannesburg behoort jy òor versigtig te wees as jy ñ lae water brug gebruik. Die Apies rivier het sterk gevloei na Woensdag se storm reën

mel ·

Van ons vrouens het mans wat in di buiteland werk, ek ry daardie tyd om my man by di lughawe te gaan haal, sterkte aan di Jong man en sy familie, Mag God Jul deur hierdie tyd dra

Rita ·

Hunco Murray raak kalm. Nieman hier kan jou of jou Mamma oordeel vir die besluit daai aand nie. Julle kon nie weet dat dit wat gebeur het sou gebeur nie. Dit is en was ‘n ongeluk. Jy het jou bes gedoen op daar die oomblik. Ons dink aan jou en jou gesin. Wees sterk daar lê baie sadness voor. Ons as gemeenskap dra julle op aan die Here. xx

Shaun ·

Ek weet ni hkm di mense so aan gaan ni plaas kom jul in kontak met die sap en vra of ons ni dalk kan help soek ni maar almal wil altyd di swakste pinte raak sien.
Sterkte aan di seun wat se Moeder weg is en Sterkte aan die Famielie.

Rita ·

Shaun dis maar deel van die mens se natuur om te oordeel ai. Die gesin het ons as gemeenskap nou baie nodig.

Schalla ·

Kry julle storie reg! 60cm water is meer as n halwe meter water netnou gaan nog mense dood! Dit is n risiko wanneer selfs 15 cm vloedwater aangedurf word!

Wallieser ·

Ja jy is reg. 15 cm is genoeg om mense en selfs karre mee te sleur, veral as die vloei sterk is. 60 cm is heeltemal te diep, die riglyn hier is nie akkuraat nie.

Georgie ·

15cm vloedwater n motor meesleur…?!?! …ag asb…as jy met karretjies speel ja. 60cm klink vir my meer akkuraat. Sterkte aan die familie, hou moed.

Hou op oordeel ·

Maak nie saak hoe hoog watervlak is nie. Daar lê sand wat so glad soos slyk is wanr dit nst word. Dan is daar geen kans dat tyres kan vasklou nie. Die voertuig begin gly en gaan saam met die stroom water. As jy niks goed het om te sê nie bly stil – dit kan met enige iemand gebeur. Niemand se lewe is in menslike hande nie maar we’ll in GOD s’n soos wat Hy jou lewe bepaal het voor jy gebore is.

ada ·

Aan almal wat net die nagatiewe van die vrou te se het. Bly eerder stil indien julle nie iets goeds het om te se nie. Wys integriteit oor die situasie en die familie. Moenie net altyd oordeel nie. Wat as dit julle negatiewe mense se familie was? Staan eerder die familie by in hierdie donker tyd. Of bly stil.Ek skaam my vir julle ongenaakbaarheid.

jana ·

ek het die dame geken en ek wil net se wat ook al die rede waarom sy die pad of daardie tyd op die pad was. Sy is n wonderlike ma gewees en het nog jonger kinders ook en sou onder geen omstandighede doelbewus nalatig wees nie, Ek dink ook nie die doel van die arikel was kom ons trek die vrou uitmekaar nie, ja kom ons wees meer attend op die toestand van die stand van ons laagwater brue asb , maar spesifiek tot die artikel kom ons dink aan die gesin, die familie en die hartseer en stres wat hulle tans deur gaan. Sy is ook n werkgewer en ek dink ook aan haar werknemers en aan al die gevolge wat die een insident en hartseer wat vanoggend se watter ongeluk al vandag vir mense veroorsaak het en intussen sit hier n klomp onbekende mense en haar uitmekaar en trek, Ons bid dat sy spoedig gevind sal word, want sy is vir baie mense kosbaar….

Paula ·

Mense is so vasgekeer om net in hul eie raamwerk te kan sien (of net te wil sien). Dit maak my al hoe meer boos elke keer as ek die koerant lees en sien watse snert komentaar mense plaas. Dis net oordeel en oordeel en oordeel. Hou op om met oogklappe te kyk en begin besef elke situasie is uniek. Sit jouself vir n oomblik in ander se skoene sonder om net aan jou selfsugtige denke toe te gee. Dink voordat jy praat mooi oor moontelikhede hoekom en waarom iets gebeur en as jy niks goeds kan se nie hou net jou mond want glo my jy dra niks by om enige situasie op te los nie jy wys net hoe narrow minded jy is en dat jou intelegensie vlak nie baie hoog is nie. Boonop vergat jy jouself. Genade man kry bietjie liefde in jul harte en respekteer ander ongeag wie en wat hulle is. Aan hierdie gesin wil ek net se ek dink aan julle. Sterkte.

Peter ·

Dit is tragies.die mense wat al die kretiek lewer moet eder dink hoe dit in die toekoms verhoed word dat mense die brug gebruik as die water vlak gevaarlik hoog raak en aandring dat die munsipaliteit iets daaromtrent doen. Byvoorbeeld n sensor wat op n sekere vlak n waarskuwings teken verlig of selfs beter n dwarsboom laat sak op die pad toe te maak.

Diederick Kleyn ·

Die beste kommentaar tot dusver. Die brug bestaan al jare en is dus al jare ‘n gevaar. ‘n Valboom sal ‘ n baie goeie lae koste oplossing wees mits dit dan behoorlik bestuur word.

mela ·

Sterkte vir di familie.
Hoekom is di brug nie toegemaak nie by di Metro as dit so oorloop nie?

sus ·

Wat sal help is sproeiligte by daai brug. Mens kan glad nie sien in die donker as dit reen hoe lyk die watervlak nie. En onthou gewoonlik is dit maar n ou stroompie, mens verwag nie probleme nie. Aan die wat so beter weet.. Skaam jou en skryf onder jou regte naam okey?

Liewe heksie ·

Vrou nogsteeds opsoek my sektor het nounet op radio gevra of daar vrywillige mense is wat kan kom help soek en Jan duiwel klim terug in jou kot jy het seker nog nooit gesien as die apies river afkom na n groot reenbui nie

Sê maar net. ·

Maroela media. Ek dink julle kan nou hierdie onderwerp sluit. Lewer asb weer berig as die dame gevind word.
Ek dink ek praat namens baie

Sê ook maar NET! ·

Sê maar net, praat vir jouself. Jy klink soos Zuma.

Leon van Rensburg ·

Hierdie bruggie oor die “mighty apies” het al menige lewens gekos. Ek vir 20 jaar daar naby gebly en weet, as dit so reen bly jy weg. Wat doen Metro, hulle weet nie van proaktiewe optrede nie, net “mob up and clean up”. As die stadsraad sal kyk, hierdie spruit wat ‘n teulende hel word het ‘n ongelooflike groot opvangsgebied. Kyk na enige geografiese kaart van waar dit lê. As dit so baie so vining reen gaan al die water soontoe.

En nee, ek is nie opgelei om hierdie kommentaar te lewer nie, net CS, vir die wat nie weet nie, “common sence” en ek bedoel nie om enigiemand te beledig nie.

Nou sal ek wag vir die terregwysings, dankie en ‘n mooi dag verder vir alle lesers.

Leon

Elsje ·

Ja ek is deel van daai famielie wat in spanning moet wag en hoop en bid dat die mense wat langs die water soek, die ma van 4 anders sal kry. Die wat nie die omstandighede ken nie en ook nie die mense nie, hou asb julle negatiewe oppienie vir julle self. Dis swaar genoeg om te weet dat die 23jarig niks in sy vermoe kon doen om te klem aan sy ma wat weg geruk is deur die water van hom af nie. So mense bid dat ons haar gou sal kry. Dankie aan al die mense wat hulle tyd op offer om te help. Geseend is julle nou en geseend sal julle altyd wees.

Leon van Rensburg ·

Elsje, my diepste meebetuiging in simpatie. Ek het nie bedoel om kras oor te kom nie. Ek belowe jou dat jy en die hele familie vanaand op my Gebedslys sal wees. Vir baie jare terug in my verlede was ek ook een van so ‘n span wat onophoudelik soek en nooit wil opgee nie, maak nie saak hoe moeg en uitgeput jy is nie jy gaan aan want daar is geliefdes wat wag. Nee, ek is nie ‘n dweper nie. Ek sal graag met jou wil kommunikeer as jy wil? Dit hang van jou af, ek is hier??

ada ·

Dankie Leon jy is dierbaar en ek sal jou nie teregwys nie. Dankie vir die mooi kommentaar.

Rbee ·

Laag water brûe is ñ gevaar vir enige motoris as dit reën. As jy gaan oplees oor die doel en definiese van ñ laag water brug sal jy leer dat jy dit moet vermy as dit reën. Almal kan nou sê if only……… dalk ñ ander roete….. hierdie tragedie het in die vroeë oggend ure van Vrydag gebeur. Die familie het nie aan media bekend gemaak hoekom sy en haar seun daardie tyd rond ry nie. Dus hoe minder die publiek ingelig word hoe meer stories en aannames word gemaak.
Leer eerder uit hierdie ongeluk.

Michelle ·

Genade maar julle mense is lelik. Niemand weet waarom en hoekom!!! Daar is wel baie boodskappe wat se moenie dit en dat doen maar soms het jy nie n keuse. Ek werk op ORT en al se almal moenie oor hennops ry vat ander paaie gaan ek nie want ander paaie is hijacking so los julle negatiewe “comments” as jul nie weet wat redes is. Julle maak my naar!!

skaam my vir julle ·

Sjoe julle! Ken enige van ons die rede hoekom hierdie vrou en haar seun daai tyd van die oggend deur apies gery het, was ons saam hulle in die voertuig gewees? NEE!!!! Ek ken die vrou redelik van by die skool sien en weet julle sy verdien dit nie! Sy het twee ander klein kinders wat vir haar wag om tuis te kom, al wat ek wens vir hulle is dat sy gevind word, dat mamma huistoe sal gaan na haar kinders toe. Dink weer voordat julle kommertaar lewer, sit liewers jou kinders in haar geval en dink net wat hulle sou vra.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.