PTA-ma en baba veilig opgespoor

Hes-Mari en Sebstian Williams

Hes-Mari en Sebstian Williams

Hes-Mari Williams (28) en haar babaseuntjie Sebastian is veilig en ongedeerd gevind nadat hulle vir byna ʼn maand lank vermis was.

Dessie Rechner, die stigter en direkteur van Pink Ladies, ʼn nie-winsgewende organisasie wat hom daarop toespits om vermiste persone op te spoor, het Donderdag aan Maroela Media gesê Williams, aanvanklik van Garsfontein in Pretoria, se familie het haar as vermis aangemeld nadat hulle vir ʼn geruime tyd nie van haar gehoor het nie. Na wat verneem word, het sy glo haar werk verloor en moes sy uit haar huis trek.

Die Garsfontein-polisie, Pink Ladies, en Missing Children SA het Dinsdag die saak begin ondersoek, en plakkate met haar inligting versprei.

“Sy het self gesien sy word gesoek, en het die polisie geskakel,” het Rechner gesê. “Sebastian was die heeltyd by haar en al twee is veilig en ongedeerd in Centurion gevind waar sy die afgelope tyd gebly het.” Rechner het gesê omstandighede rondom die saak is persoonlik van aard. “Sy het reeds onderneem om met haar familie in verbinding tree.”

Rechner het almal bedank wat help soek en plakkate op sosiale media versprei het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

snel ·

Bly sy is veilig, maar goeiste, kon sy nie net haar familie bel en sê sy is veilig nie, en dat sy net n bietjie tyd alleen kort of iets nie, nou moes onnodige geld agter n soektog aangegooi word, terwyl sy net n foon kom optel.

Daleentjie ·

Ja. My man se ex het ook so iets gedoen. Toe hy terugkom van werk af een dag is die ex en hulle kiddie net weg. Hy was rasend van bekomernis. Het later deur vriende agtergekom waar die vrou en kind is. Geen taal of tyding van haar kant af nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.