Pta-ma en -dogter ná week opgespoor

Antoinette en Micaela Nel. Foto: Facebook

Antoinette en Micaela Nel. Foto: Facebook

Die ma en dogter van Pretoria wat ʼn week gelede spoorloos verdwyn het, is gevind.

Antoinette Nel (32) en haar dogter Micaela (15) het op 19 Julie vermis geraak nadat hulle om 14:55 die laaste keer by die Mall@Reds-winkelsentrum in Rooihuiskraal, Centurion, gesien is.

Micaela Nel. Foto: Facebook

Micaela Nel. Foto: Facebook

Mickey Swanepoel, Antoinette se suster, het aan Maroela Media bevestig dat die twee Maandag ongedeerd gevind is. Swanepoel wou egter nie meer besonderhede rakende die voorval bekendmaak nie.

“Omstandighede rondom die saak en waar hulle gevind is, kan nie nou bekendgemaak word nie. Ons as familie bedank elke organisasie en persoon wat gehelp het met die soektog en spesifiek ao. Jones van Wierdabrug-polisiestasie vir haar ongelooflike toewyding aan hierdie saak,” het sy gesê.

Kapt. Agnes Huma, woordvoerder van die polisie, het voorheen bevestig dat ʼn vermistepersoon-saak by die polisie aanhangig gemaak is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.