Antoinette Nel (32) en haar dogter Micaela (15) het op 19 Julie vermis geraak nadat hulle om 14:55 die laaste keer by die Mall@Reds-winkelsentrum in Rooihuiskraal, Centurion, gesien is.
Mickey Swanepoel, Antoinette se suster, het aan Maroela Media bevestig dat die twee Maandag ongedeerd gevind is. Swanepoel wou egter nie meer besonderhede rakende die voorval bekendmaak nie.“Omstandighede rondom die saak en waar hulle gevind is, kan nie nou bekendgemaak word nie. Ons as familie bedank elke organisasie en persoon wat gehelp het met die soektog en spesifiek ao. Jones van Wierdabrug-polisiestasie vir haar ongelooflike toewyding aan hierdie saak,” het sy gesê.
Kapt. Agnes Huma, woordvoerder van die polisie, het voorheen bevestig dat ʼn vermistepersoon-saak by die polisie aanhangig gemaak is.