Pta-ma neem eie lewe net meer as ’n jaar ná dogter se selfmoord

Catelin en Gisela de Witt. Foto: Facebook

Catelin en Gisela de Witt. Foto: Facebook

Slegs 14 maande nadat Catelin de Witt (14), ʼn gr. 8-leerling aan die Hoërskool Eldoraigne, in ʼn parkie in Amberfield, Centurion, haar eie lewe geneem het, het haar ma ook selfmoord gepleeg.

Gisela de Witt se liggaam is Vrydagoggend deur haar suster in ʼn gastehuis in Pretoria gevind. Sy het haarself glo opgehang.

Maroela Media het verlede jaar berig hoe Catelin haarself in die parkie met haar pa se vuurwapen geskiet het. Sy het nie ʼn brief agtergelaat om te verduidelik waarom sy dit gedoen het nie.

ʼn Vriendin van Gisela wat versoek het om anoniem te bly, het Donderdag aan Maroela Media gesê Gisela het nooit werklik Catelin se dood verwerk nie. “Sy het baie swaar gekry nadat Catelin dood is. Sy het berading ontvang en het so baie vriende en familie om haar gehad wat haar in die verskriklike moeilike tyd ondersteun het, maar ek dink die pyn was net vir haar te seer.”

Gisela het verlede week op haar Facebook-blad geskryf: “Elke dag sonder jou is ’n dag van pyn en verlange sonder jou… Maar elke dag langer is ’n dag nader aan om jou weer te sien. Ek kan nie wag om jou weer te sien en vas te hou in my arms nie, gaan jou dan nooit weer laat gaan nie. See you soon my angel!”

Gisela word Vrydag in Midrand begrawe op dieselfde plek waar Catelin begrawe is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Esme ·

Dit met diepe pyn wat ek dit lees maar ook verstaan….die seer vir ‘n mamma is diep en nooit sal iemand dit verstaan wat in jou binneste aangaan. Ek kan verstaan dat dit vir haar te seer geword het. Al is daar soveel familie en vriende is daar nie woorde om vir die wat jou so graag wil bystaan te se…daar geen woorde om sulke dade en pogings van jou kind te kan beskryf nie. Al is God daar om te troos is ons mense en ken en weet ek van die diepe seer en pyn wat ‘n ouer dra wanneer jou kind se poging sukesvol was maar ook van die seer en pyn as dit nie was…want jy weet…jy wag en elke dag vreet dit aan jou wanneer gaan dit suksesvol wees? My hart gaan uit na die familie tans maar vir die mamma breek my hart want daardie pyn is onbeskryflik….mag sy vrede en rus saam haar dogter vind en God in sy grootheid vergifnis gee

Ek was self ook daar ·

Dis BITTER moeilik om ‘n kind se selfmoord te verwerk. Mens voel baie dae so alleen, want mense se lewens gaan aan en hul wil tog mos nie heeldag weet hoe jy voel en mens verstaan dit. Ook kan mens nie heeldag met ‘n treurige gesig rondloop so mens gaan maar aan maar die seer bly binne. Dis bitter jammer dat sy hierdie as die enigste uitweg gesien het. Ek bid die res van haar familie en vriende tonne sterkte en aanvaarding toe.

Daan Erasmus ·

Ons kan net bid vir die wat soortgelyke beproewing het.

Anne ·

Ai dit is soo hartseer – gisteraand op Kwela het haar man gepraat oor selfdood.
Ek weet hoe seer die verlange na n kind is wat weg is … En mens kan haar nie kwalik neem nie – want elke dag is so seer, so alleen pynlike pad wat mens loop!
Sterkte vir die res van haar gesin en familie. Daar is nie woorde nie!

Franje van Spanje ·

My dogtertjie sou vandag 8 jaar oud gewees het. n Kind se dood is die ultimate pyn…

Pietie ·

My hart gaan uit na jou en al die ander ouers wat ‘n kind verloor het. Daar kan niks erger met enige ouer gebeur as dit nie. Ek sê vandag ‘n gebedjie spesiaal vir jou en hoop jy kan vertroosting vind op hierdie hartverskeurende dag. Baie sterkte in groot liefde.

willem vd nest ·

Dis een seer wat tyd nie heel maak nie,het paadjie twee keer in vier maande gestap,sterkte ou maat,ken jou nie,weet wat jy deurgaan

Natasha ·

Dit moes bitter swaar wees, maar dis hartseer om te dink dat sy gevoel het dit is al waarvoor sy gelewe het.

mariaan ·

Ek kan verstaan dat sy sover gegaan het. Ek het my seun 4 jaar trg aan die dood afgestaan. Tyd het nie die pyn verdoof nie. Dit bestaan nie. Die vrou het baie guts gehad om so n besluit te neem en uit te voer. Ons Skepper haar en haar dogter. Aan die familie lede … Sterkte

SNEL ·

Baie hartseer! Kry haar man baie jammer wat nou n kind en n vrou verloor het. Baie sterkte aan hom en die familie.

Melt Olckers ·

Dit is altyd hartseer om sulke berigte te sien, en dit moet dien as ‘n aanklag teen ons as gemeenskap wat veronderstel is om die strukture te vestig wat sulke dinge voorkom. As ons net ‘n meer liefdevolle gemeenskap was…

Genis ·

Kyk hoe mooi staan julle daar. Ma en haar ewebeeld. So jonk, so baie potensiaal. Ek is jammer oor wat met julle gebeur het. Die lewe is nie fair nie. Ag julle twee mooi blomme, hartebrekers, daar breek julle ou Genis se hart ook. Rus sag.

Susan ·

Verlange na ‘n kind is baie moeilik!!!!!! Dis ‘n leê gat wat niks en niemand kan vul nie.
Sterkte aan haar man en familie.

Vic ·

“verlange na n kind is baie moeilik. Dis n lee gat wat niks en niemand kan vul nie” – stem 100% saam, Susan

Mariaan ·

O nee…wat n hartseer storie…die arme vrou…so jammer vir die ander 2 kinders wat nou ook nie n mamma het nie…wens tog so sy kon met iemand praat of krag gehad het om ter wille van haar ander kinders te wil lewe…dis n tragiese verhaal…die dood van n kind is die ergste vonnis wat jou kan tref…dis lewenslank…ons bid vir die rea vd familie en mag God sy arms om die ander kinders vou.

neelsie ·

Baie jammer sulke nuus te hoor.
Ouers is nie veronderstel om kinders te begrawe nie. Dis hartverskeurend om jou kind aan die dood af te staan. Mag God se genade by julle wees.

Johann ·

Universele paradox: Jy is altyd vry om te kies….maar jy is nooit vry van die gevolge van jou keuses nie.

Ek was self ook daar ·

Johann, sy is nou vir altyd vry.. die geskinder en stigmas en oordeel mbt tot selfmoord,(glo my die is daar verseker ook, ek was daar) die pyn, die verlange… ALLES. Mag sy nou die vrede hê wat sy op aarde nie gehad het nie.

HARTSEER ·

Dis hartseer en my gebede gaan uit na familie en man. “BOELIES” het nie net 1 lewe geneem nie maar 2 en n gesin se lewe verwoes. dit deur hulle eie swakhede en te kort kominge. wil net se “BOELIES” die wiel draai.

Melt Olckers ·

Dit is tyd dat BOELIES vir hierdie tipe dinge regs aanspreeklik gehou word.

Beatrix Stevens ·

Jou Lewe is n geskenk van God… wat jy met vreugde behoort te Geniet, maar geen ouer kan die leemte wat daar is van n kind ooit verwerk?? Die Liefde wat ons weggee… is die enigste Liefde wat ons werklik besit”’ En die Liefde van n kind is Goud werd… Hartseer dat Die Mamma ook nou haar eie lewe geneem. het,,, maar dit was haar begeerte om vir altyd en ewig saam haar dogter Catelin te wees….Mag jul as Familie vertroosting vind…. Waar daar Liefde is… is daar geen vrees nie”’

Ludwig Visser ·

My hart gaan uit na die pa en eggenoot wat oorbly. Hoe ‘n groot pyn-gat moet daar nie in sy hart wees nie. My oudste kleinseun is ses jaar gelede op 19-jarige leeftyd in Pretoria in ‘n motorfietsongeluk dood. Sy naam en nommer staan nog op my selfoon, hy het my naam gedra, en ek en sy ouma stort nog gereeld stilweg ‘n traan oor hom en ons bid vir sy pa wat met die seer agtergebly het.

Jo ·

Ai Ludwig, ek weet hoe jy voel. Het nog steeds my broer wat 10 jaar terug oorlede is se naam en nommer op my foon! Sal dit nooit delete nie…

streicher ·

Ek weet nie eintlik wat om te se na ek die berig gelees het nie. Maar ek weet dat hierdie die eerste berig in n lang tyd op Maroela is waar ek deur elke kommentaar kan lees met n traan van hartseer en blydskap omrede niemand verwyt of afgekraak word nie. Hierdie is werklik n hartseer verhaal, ek kan maar net se sterkte vir die mense wat agterbly.

Elizabeth ·

Vir die gesin en vriende van Gisela.
Die dood van iemand wat mens baie lief het is n verskriklike groot hartseer! Dis verskriklik erg om iemand aan die dood aftestaan! Wanneer n mens iemand aan die dood afstaan en die oorsaak was bv n hartaanval, dis iets wat mens “makliker” kan verwerk as wanneer iemand selfmoord pleeg! Die vrae en self verwyt wat die ander lede van die gesin het wat agterbly, is baie groot. En gaan nooit ooit weg nie, dit bly verewig daar! Ek het nie woorde wat die seer vir die familie en vriende wat agter bly kan beter maak nie maar ek kan julle opdra aan ons Almagtige Hemelse Vader en ek kan Hom vra om Sy arms om julle te sit en julle teen Sy Bors te hou in die harde tyd. My tannie vir wie ek baie lief was het geknak en selfmoord gepleeg, dis nou 7 jaar en my mamma en my ander tannie huil nog steeds net so hard soos die dag toe ons die horribale nuus gekry het! Die is n seer wat geen tyd verdoof of beter maak nie! Ek bly wonder, wat kon ons anders gedoen het….as ons maar net….. Ek dink aan julle en ek bid vir julle! Baie sterkte vir julle en die kind(ertjies) wat agterbly!

En dan vir die koerant.
Ek weet nie of die gesin ook met julle gepraat het en as hulle nie het nie vra ek baie nederig voor omverskoning, maar as hulle wel gevra het om asb nie iets in die koerant te sit nie en julle het steeds voort gegaan om dit te doen kan ek net sê SKAAM JULLE! SKAAM JULLE!!! . Ek het in die Rekord gesien dat n gesinslid geskryf het en sê dat sy het so mooi gevra dat hulle wense asb gerespekteer word maar dit was nie en die ” vriendin” het inelke geval gegaan en met hulle gepraat wat uiters swak was. Ek het gehoop en bid dat Maroela media nie n berig geplaas het nie, maar julle het! DIS UITERS SWAK VAN JULLE!!! Skaam julle! Hulle seer is alreeds so bitter groot, hulle het twee geliefdes aan die dood afgestaan en nou moet hulle dit ook in die koerant sien en dis nie reg nie!!

Ekke ·

Ek verstaan die mamma was hartseer en het vreeslik pyn gehad..Maar meer selfsutig kan jy nie kry..Boetie verloor sy suster en sy ma..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.