Pta-ma, seun (11) sterf ná slapende motoris hulle tref

Hendro De Beer. Foto: Facebook

Hendro De Beer. Foto: Facebook

ʼn Gesin van Pretoria is in rou gedompel nadat ʼn 11-jarige seun en sy ma Saterdag dood is toe ʼn bestuurder beheer oor sy bakkie verloor en hulle getref het waar hulle langs die pad gestaan het.

Martin De Beer het Dinsdag aan Maroela Media vertel hoe vinnig die grusame ongeluk gebeur het wat sy jongste, Hendro en sy vrou, Petro (43), se lewens geëis het.

“Ons was op pad terug van ʼn familielid se plaas en was in daardie stadium daar in die omgewing van Beetgekraal [in Mpumalanga], tussen Burgersfort en Lydenburg. Hendro het saam met my skoonma agter in die motor gesit toe hy begin karsiek voel. Ek het van die pad afgetrek, heeltemal van die teer af op die grond langsaan, sodat hy kon uitklim,” het Martin gesê.

“Hendro het omgeloop na waar Petro voor in die passasiersitplek gesit het en sy het solank uitgeklim sodat hy kon voor sit. Die volgende oomblik het ʼn Nissan Navara-bakkie van die pad af gery gekom, aan die linkerkant van ons motor verby en Hendro en Petro reg van voor getref.” Hendro is met die slag in die lug geslinger, terwyl Petro hard teen die motor se deur, wat heeltemal vorentoe omgebuig het, vasgeslaan is.

Petro De Beer. Foto: Facebook

Petro De Beer. Foto: Facebook

“Ek het dadelik uitgespring en Petro langs die motor sien lê, maar kon nie vir Hendro sien nie. Petro was by haar bewussyn en het dadelik gevra of Hendro oukei is.” Martin het na Hendro gesoek en hom ongeveer 20 meter verder gekry. “Hy was klaar blou in sy gesig. Ek kon onmiddellik sien hy is op slag dood,” het ʼn emosionele Martin gesê. “Ek het teruggestap na my vrou toe en vir haar gesê, ‘Ons kind is weg’.”

ʼn Helikopter het kort daarna met Petro na Life Midmed-hospitaal in Middelburg gevlieg, waar x-strale getoon het dat sy haar gewrig en been gebreek het. Haar heup was ook beseer en sy het ʼn groot sny aan haar kop gehad.

Petro is Sondagoggend geopereer en toe sy uit die teatersaal kom, het die dokters aan Martin gesê dat sy sukkel om asem te haal. “Hulle het vir my gesê om net ʼn draai te gaan stap en 15 minute later het hulle vir my kom sê haar longe het platgeval en sy is dood,” het hy hartseer gesê.

Volgens Martin is hy nie kwaad vir die bakkiebestuurder nie, omdat hy weet dat hy dit nie met opset gedoen het nie. “Die oomblik toe die bakkie tot stilstand kom, het hy uitgespring en gesê hy het aan die slaap geraak. Hy het pas ʼn 14 ure-skof klaar gewerk en wou ook maar net brood op sy familie se tafel sit. Dit was nie sy skuld nie – dit was ʼn ongeluk,” het Martin gesê.

Hy het gesê die polisie ondersoek ʼn saak van strafbare manslag.

“Ek sal Hendro onthou vir die liefdevolle en sprankelende kind wat hy was. Hy was uitgesproke en ʼn gebore leier wat altyd die voortou in ʼn situasie geneem het. Hendro was nogal baie soos Petro. Sy was ʼn regte mamma-hen wat net altyd wou seker maak dat almal om haar oukei is. Sy was ʼn wonderlike ma en vrou.”

Laerskool Totiusdal, waar Hendro in graad 6 was, het ook Dinsdag ʼn huldeblyk aan hom op Facebook gedeel en gesê sy vrolike en ondeunde gesiggie sal altyd onthou word.

ʼn Gesamentlike roudiens sal Vrydag vir Hendro en Petro in Waverley, Pretoria, gehou word. Albei sal veras word.

Die egpaar het ook ʼn ouer seun, Cornel (21).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

41 Kommentare

Gloudie ·

Ai Marine. Sê vir die pa ek is baie jammer en al my meegevoel.

Martin ek sit in NZ.Huil saam met jou En verseker is jy n Wonderlike mens. ek sien dit ook in daai lig. jammer vir dir man wat ongeluk veroorsaak het. hy het dit nie moedswillig gedoen. Is soos jy se hy wou ook net kos vur sy gesin op tafel sit toe gebeur dit. Staan hom by want hy moet met dit in sy binneste saam leef. So jul 2 kan van Groot Hartseer saam staan en als op n mooi manier oplos. Vader sal jul krag gee En wysheid. Sterkte bid vir jul Almal in die ·

Martin sit in NZ. Huil saam julle. En jy n wonderlike man. Jy reg dit was ni opset van sy kant. Haal my hoed af vir jou. Net jul 2 saam kan dit oplos. Daai man sit met als in sy binneste en hoe ga hy vrede maak sonder jou wat dit in daai lig sien. Sterkte dink aan jul met grt. Verlies !! God sal jul dra en krag gee.

Mariska ·

Dit is ‘n baie mooi gebaar van jou Martin om die man nie kwaalik te neem nie. Iets wat ek kan leer. Ons bid saam met jou vir sterkte en dat die Here sy arms om jou slaan.

Ilze ·

Hy was so oulike kind. Martin en Cornel baie sterkte vir julle in die tyd

Gerhard ·

Sterkte Martin vir jou & jou seun! Dis ‘n verskriklik ding wat met julle gebeur het, ek bid vir julle vir krag & dat ons Liewe Heer julle in sy arms vas sal hou, tot die seer beter is.

shirley ·

Hendro Petro Rus sag julle is nou in julle Hemel huis Martin en al hulle geliefdes my meegevoel vir julle ek bid ons skepper hou julle styf vas en gee julle die vertroosting wat net ons skepper kan gee

Madie ·

Simpatie aan Martin en seun. Ons verstaan nie dat so ‘n verskriklike ding met hulle moes gebeur het nie. Net ons Vader kan troos bring.

Yolandi ·

Martin, jou hart is op n goeie plek. Vergifnis bepaal jou vrede en toekoms geluk! Baie Sterkte

Estelle ·

Ai, dis so hartseer! ‘n Soortgelyke ongelukkig het 40 jaar terug met my pa gebeur, waarin sy eerste vrou en my 2 half-sussies op slag dood is. Hulle was maar onderskeidelik 3 maande en 3 jaar. My pa was die enigste oorlewende. Al was my pa onskuldig, het hy al die jare nog selfverwyt omdat hy langs die pad gaan stilhou het en n bestuurder van voor in hul voertuig vasgery het. Ek dink nie mens kom ooit daaroor nie!

Elsabe ·

Martin en Cornel so jammer om te hoor oor die verlies. Ons kan ons daarin troos dat ons weet hulle is by ons Vader daar Bo in die Hemel nou. Hendro jy en Mamma Petro moet nou sag run by Liewe Jesus se Voete.

Hannelie ·

Ai my hart skoon seer. Martin jy is so goeie mens om te kan vergewe met jou dubbele verlies. Mag Jesus jou vertroos.

Ina ·

My hart gaan uit na Martin en sy seun Cornel. Geen woorde kan so pyn beskryf nie. Baie sterkte en mag die Heer jul dra in hierdie hartseer tyd.

Elgeraine ·

Absoluut tragies! Mens verstaan nie waarom die dinge gebeur nie! Sterkte aan hierdie familie xx

Wat-ek-lees ·

Ek stem volkome saam met kommentare reeds gelewer.
Groot asb. egter om nie te bestuur indien jy moeg is. Dit het gewoonlik ‘n tragiese nadraai soos wat ook hier gebeur het. Hou stil by ‘n motorhawe en rus eers.

rudolph ·

Martin ons kan almal iets by jou leer ken jou nie maar sterkte is al wat ek kan se…

Theresa ·

Trek julle woorde terug deur te se die drywer is n moordenaar. Die arme man het gewerk. Hierdie was n frats ongeluk. Ek sal dink sy werkgewer moet rekenskap gee. Geen mens kan soveel ure aanneem werk nie en dis teen die wet. Was daar maar net n veilige stop plek vir die arme man. Baie sterkte aan Martin en seun. Mag God julle die krag gee om deur hierdie groot verlies te kom

Haatdraend nie n oplossing ·

Die haat kom ons nie toe,lees eers gou weer wat Martin se,hy was daar, klink ook of die man onmiddelik sy swakheid erken het&gevolge dra! Oordeel kom ons ook nie toe, verder kan mens nou lekker haatdraend wees en jou siel verder verarm, om 2 gesinslede op 1slag te verloor is n huge verarming,voeg daarby haat ens en daar sal niks van jou siel oorbly. Dankie Martin vir n ongelooflike voorbeeld, jy sal sterker anderkant uitkom met n vol lewe! Aan die bestuurder,sterkte ou maat wees daar vir Martin!

Koekies ·

Bernard, moenie verwyt ,dit kan met jou ook gebeur. Hy het soos wat dit n man betaam gaan om verskoning, dit was n oggeluk. Dankie Martin dat jy die een is wat wys jy,s nie beter as n ander een nie. Sterkte en mag die Here jou en gesin dra in hierdie moeilike tyd en weet hy sal altyd daar wees vir julle.

THEA SWART ·

sterkte aan die gesin my hart gaan uit na julle almal – en die bestuurder van die bakkie sterkte vir jou ook voorentoe want jy moet met daai gewete saam leef en niemand kan daai pad loop behalwe jy nie sterkte boet

MCS ·

Wat ek net nooit kan verstaan nie. Is hoekom het die man wat die bakkie bestuur het juis op daai stuk van die pad waar julle stilgehou het besluit om die pad teverlaat? Hoekom het dit nie 2 min vroeer of later nie gebeur nie of op n ander stuk vandie pad? So baie dinge gebeur wat net nooit sin maak! Ons lewens is so kort en die wereld net ons tydelike huis! Sterkte vir die familie! Mag God hulle trane afvee en jul vertroos!

Karma ·

MCS, ek is seker die bakkie-bestuurder het nie “besluit” om op daardie spesifieke plek en tyd die pad te verlaat nie; hy het eenvoudig aan die slaap geraak en motoriese kontrole oor die voertuig verloor. Wanneer jy oormoeg is, is beheer van jou motoriese reaksie byna nul. As diabeet weet ek dit; ek het al een keer of wat byna in ‘n semi-bewuste “koma” gegaan a.g.v bloedsuikervlakke wat “gespike” het. Jy raak net “weg”. Martin, jy is absoluut ‘n wonderlike man om die bakkie-bestuurder by te staan en nie te verwyt nie. Sterkte aan jou en jou seun! R.I.V. Mamma Petro en boet Hendro.

Arizona ·

Wie is ons om te oordeel. As Hendro se pappa kan vergewe wie is ons om te se hy is n moordenaar. Die man wat hulle gestamp het gaan vir die res van sy lewe daarmee moet saam leef. Hou op om so vinnig te oordeel en sit jouself in hierdie man se skoene. Sl my simpatie met die pappa en familie. Jou vrou en kind rus sag in Jesus se arms

charlene ·

Martin eers wil ek net sê “Jy is `n ongelooflike goeie mens, en `n baie beter mens as ek! Ek wens jou alle sterkte toe om die stukkies weer opte tel, ek hoop jy kom heel uit aan die ander kant. Baie sterkte aan die ma wat haar dogter en kleinkind op so `n tragies manier moes verloor en dit alles nog aanskou ook. Ek sal nie sê die bestuurders van die ander moter is `n mordenaar nie want soos Martin gesê het die ou het pas van die werk afgekom, (As ek die kommenaar so lees sien ek baie mense se werk plekke voorsien bedden en lekker slaap plek). Ek hoop die ouer boetie ondersteun sy pa en staan ook so sterk soos sy pa.

m ·

Dis baie hardseer. Wys jou net hoe kort is die lewe en hoe dinge in n oogwink kan gebeur. Sterkte aan hierdie familie .

Anoniem ·

Geen verwyte of skuld van enige party gaan die twee lewens terug bring nie. Sterkte en beste wense aan al die partye. Dit gaan ‘n baie lang pad vir hulle wees.

Snip ·

Ai, my hart gaan uit na julle. Mag God vertroosting bring en julle deur hierdie seer dra.

Donovan ·

Ek lees die storie van n pa wat sy vrou en kind aan die dood af staan en hy is bereid om die man wat so pas sy familie verwoes te vergewe…. Martin jy maak my dag, net hier waar ek sit bid ek en vra vir die Here, ek soek dit wat jy het…. ongelooflik mens… dankie vir jou oop gemoed… jy laat werklik Jesus se lig skyn…

neelsie ·

Wees elke oomblik gereed om God te ontmoet!
Bid God se genade oor die gesin.

Sies vir jou ·

Skaam jou om te sê die ander bestuurder is ‘n moordenaar. Hy het gewerk sodat hy vir sy familie kon voorsien. Hy was nie onder die invloed van drank of dwelms nie, dan sou jy kon sê hy is ‘n moordenaar. Hoe sou jy voel as jy in sy skoene was? Dink bietjie twee keer voor jy sulke goed kwytraak

Theresa ·

Innige simpatie aan pa en seun. Mag jul al die nodige krag ontvang om dit te verwerk en te heel. Dis regtig besonders dat jy as pa die waarheid indink van die baie moeg man wat beheer verloor het a g v uitputting. Dalk werk hy elke dag sulke ure, sodat hy ‘n salaris kan huistoe vat om te sorg. Ek vermoed daar is talle sulke uitgeputte mense op paaie. Ook sterkte aan daardie persoon – dink dit moet vreeslik wees om te verwerk as jy so ‘n ongeluk gemaak het.

Robertsonnetjie ·

My innige simpatie. God het met alles ‘n doel. Daarom sal Hy berusting bring. Wees net sterk en vertrou op Hom , Hy sal jul hierdeur dra.

valdy ·

Nou se my wat staan jou te doen as jou werkgewer daarop aan dring dat jy tot 22 ure aan een werk? En dan moet jy nog huistoe ry.
my man werk by n baie betende maatskappy. Hy klok 5:30 in vir nagskof en kom die meeste van die tyd eers 8:30 tot 10:00 die volgende dag huistoe, en hy ry n besige pad.dan word daar vir hulle gese jy sal werk tot die job klaar is wat al 22 ure geneem het. As hy se hy is moeg dan word daar gese wil jy werk of kla..

Gesiggie ·

Martin, jy is n baie sterk mens…. en om iemand te vergewe wat verantwoordelik was vir jou kind en vrou se dood…ja ek verstaan hy het aan die slaap geraak?? hy het aan jou probeer verduidelik”’ n mens mag nie vra vrae? maar n mens dink altyd, wat as jou kind nie hoef uit te geklim het nie” as jul nie langs die pad gestop het nie” nee n mens kan nie so daaraan dink, dit was hul tyd, God het 2 mooi blomme kom pluk om te blom in sy Paradys… vir ewig sal hul daar wees… en vir altyd in jul hart wees” my hart gaan uit na jul”’ mag jul as Familie en jy Martin as Pa.. berusting vind… en mag die man wat per ongeluk aan die slaap geraak het” vrede in sy hart kry” as Martin jou vergewe het, sal God jou ook vergewe.

Dolla ·

Dis nie vir ons om te oordeel nie!!! Martin was daar en het gesien wat gebeur het. Dit was bloot n ongeluk.

Martin, ek haal my hoed af vir jou……Baie mense kan gerus by jou kom leer en sien hoe ń ware kind van die God optree!!
My innige simpatie, vir jou en Cornel, ons dink aan julle en ons bid vir julle.

Kobie ·

Martin baie sterkte vir jou en ons Hemelse Vader sal julle dag vir dag verder dra.

Susan ·

Sterkte aan Martin, Cornel en die res van die familie met julle dubbele verlies. Dit vat ‘n regte man om iemand te vergewe en dit vat net so man om te stop en verskoning te vra. Die bakkie bestuurder gaan vir die res van sy lewe hiermee moet saam lewe…………… Al wat ons kan vra is dat as jy moeg is hou eerder stil iewers waar dit veilig is en rus ‘n bietjie. My gebede is by Martin, Cornel en familie asook by die bakkie bestuurder. Mag GOD julle almal styf vas hou deur die moeilike tyd

Bets Stander ·

Sterkte Martin, Hannie en Cornel, mag die Vader jul wonde genees. Ek dink aan julle in hierdie tyd,

Francie ·

Ons was self die Desember vakansie in ‘n ongeluk toe beide ek en my man aan die slap geraak het. Genadiglik het ons net ‘n stamp aan die motor skade gely en kon ons verder ry. Dit was ‘n geweldige skok en ek het net besef hoe maklik dit werklik kan gebeur. My hart gaan uit na almal getraumatiseer is deur hierdie ongeluk.

John ·

14 ure skof gewerk? Dis teen arbeids regulasies en moet deur werkgewers gereguleer word. Maksimum skof is 12 ure.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.