PTA-ma veilig in PMB opgespoor

Jeanine Swanepoel (née Rossouw) (37).

Jeanine Swanepoel (née Rossouw) (37).

Jeanine Swanepoel (née Rossouw), ʼn 37-jarige ma van Lynnwood in Pretoria wat sedert verlede Woensdag vermis was, is Dinsdag veilig gevind.

Haar familie was aanvanklik bekommerd dat sy moontlik gekaap is nadat sy vir die laaste keer gesien is toe sy en haar tuinier meubels in Mamelodi, oos van Pretoria, met haar eksman se bakkie gaan aflaai het. Lees meer hier.

Conrad van der Merwe, ʼn privaatspeurder, het aan Maroela Media bevestig ʼn polisiebeampte het haar opgespoor terwyl sy langs ʼn snelweg in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal, gedwaal het. “Sy is fisies ongedeerd, en is nie gekaap nie,” het Van Der Merwe gesê. Hy het gesê daar word in die stadium vermoed dat sy Woensdag of Donderdag KwaZulu-Natal toe gery het. Die bakkie het naby Howick glo sonder brandstof gaan staan. Sy het begin stap en het sedertdien rondgedwaal.

Na bewering is Swanepoel baie deurmekaar, en haar pa is op pad om haar in Pietermaritzburg te gaan haal. Sy gaan glo na ʼn psigiatriese hospitaal geneem word waar sy vantevore behandeling vir dissosiatiewe geheueverlies ontvang het.

Van Der Merwe het almal bedank wat Swanepoel se foto op sosiale media versprei het. “Dit het beslis gehelp dat sy vinnig opgespoor is,” het hy bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Trippier ·

Ten minste weet ons nou wat die probleem rondom haar verdwyning was en dat sy nou veilig is.

Baie sterkte aan haar en ook haar pa – veilig ry.

Pattie ·

Dit moes vreeslik wees! waar het sy vir die paar aande geslaap?? of geeet??
Sy weet dalk net nie eers wat alles met haar gebeur het nie.

Marcel ·

Nogals – As jy die vorige berig gelees het van haar verdwyning sou jy gesien het dat hy nie saam met haar was nie.

Nogals ·

Marcel… Rerig! Waar? Het sy hom by die bus afgelaai of taxi? Onduidelik.

Trippie ·

NOGALS : Kom ons wees net bly sy is ongedeerd. Ek sal toegee, om vrou-alleen in ‘n swart woonbuurt in te ry is lewensgevaarlik.

cindy ·

Ek ry daagliks in ‘swart’ woongebiede rond en was nog nooit in ‘n oomblik van gevaar nie.

cindy ·

Ek ry daagliks in ‘swart’ woongebiede rond en was nog nooit in ‘n oomblik van gevaar nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.