Pta-man (20) verdwyn in KZN-see

Storm_see_rotse_golwe_boekevat_ChristoBrits.jpg

Argieffoto: Christo Brits

Daar is steeds geen teken van die 20-jarige man van Pretoria-Oos wat laat Vrydag in die see by Durban vermis geraak het nie.

Andre Fletcher, Durban se stasiebevelvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI), het gesê hul spanne is Vrydag omstreeks 18:00 in kennis gestel van die voorval. Die man het op Durban se Noordstrand vermis geraak toe hy in die see geswem het.

“Hy is na bewering deur ʼn sterk seestroom meegesleur voordat hy onder die water verdwyn het,” het Fletcher gesê.

Fletcher het gesê die NSRI en die polisie het ʼn omvattende soektog begin, maar geen teken van die man is nog gewaar nie.

“Die polisie se soek-en-reddingspanne sal voortgaan met die soektog en ondersoek instel na die voorval,” het Fletcher gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

D V ·

My raad aan binnelander wat nie die see ken nie wees uiters versigtig met die see strome.
Skree te gou HELP! As telaat.

Tinus ·

Daar waar die water bruinerig is kom twee strome bymekaar en veroorsaak gewoonlik ‘n sleurstroom. Bly maar weg daar.

Cherokee ·

Belangrik om te weet, as iemand in ‘n seestroom beland, om nie daarteen te veg nie maar gelyk met die strand daaruit te swem. ‘n Seestroom is gewoonlik nie breed nie en as jy parallel met die strand swem. swem jy na die kant van die seestroom en daaruit.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.