Pta-man (58) kritiek ná huisrooftog

Argieffoto (Foto: SAPD, Facebook)

Argieffoto (Foto: SAPD, Facebook)

ʼn 58-jarige man van Rietfontein in Pretoria is in ʼn bedenklike toestand in die hospitaal nadat hy Vrydagaand erg vermink en aangerand is tydens ʼn huisrooftog.

Volgens ʼn polisieverklaring is die man met ʼn ystervoorwerp geslaan en verskeie kere in die lyf gesteek.

Die verdagte het toegang tot die huis verkry deur middel van die sekuriteitsdeur aan die agterkant van die huis wat met ʼn onbekende voorwerp oopgedwing is.

Die rower het die man onkant in sy kombuis betrap waarna ʼn struweling tussen hulle ontstaan het.

Die man is etlike ure later deur sy vriendin in die huis ontdek. Hy het sy bewussyn verloor weens talle wonde aan sy kop en liggaam, en is in ʼn kritieke toestand so spoedig moontlik na die hospitaal gebring.

Volgens die polisie is daar slegs ʼn selfoon vermis. In dié stadium kan hulle nog geen aannames oor die motief maak nie.

Die man was Saterdagoggend steeds in ʼn kritieke toestand in die hospitaal. Die vrou kry ook berading.

Die Pretoria Moot-polisie vra dat enigiemand met inligting die noodlyn by 086 010 111 skakel of die Pretoria Moot SAPD regstreeks nader by 012 353 5441.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Vic ·

Die motief? Aanranding, met die doel om ernstig te beseer of the dood. Wat anders?

Johann ·

Vic nee my vriend, hulle moet dit nou eers parlement toe verwys om te debatteer voor hulle aanklae

Cherokee ·

Wat presies is julle problem? Motief bekend is nie nodig vir ‘n klag nie. Julle praat net.

willem ·

Die net n rasse ding. Dis een groot rasse aanval. Plaas moorde en aanvalle en kama huis roof.

Christa ·

Dis al wat ‘n lewe in Suid-Afrika werd is – ‘n tweedehandse selfoon!!!! Dis om van siek te word!!!

CS ·

Huisrooftog???????? Sterkte aan die man, hoop en bid jy word gou gesond

Bokkie ·

Kyk na die ouderdomme van die slagoffers. Absolute etniese suiwering of anders gestel. Volksmoord!!! Net soos die grensoorlog uit ander lande beplan is word die moorde op ons nou ook so gedoen. Die wiel is besig om te draai.

Paul ·

Kom ons neem aan die slagoffer is wit. Nie ‘n onredelike aanname om te maak in ‘n buurt soos Rietfontein nie. Daar is meer as 4.5 miljoen wit mense in Suid-Afrika, en meer as 2.7 miljoen wit mense wat Afrikaans praat.
Daar is minder as 2000 moorde op wit mense per jaar – tans waarskynlik omtrent 1500 per jaar.
Dit sal dus die stadigste, swakste “volksmoord” ooit in die geskiedenis van “volksmoord” wees. Om al die wit mense in Suid-Afrika te vermoor sal teen hierdie tempo sal langer as twee milleniums vat.

Catryn ·

@ Paul , jy is beslis geen kenner van genocide of volksmoord nie, gaan verbreed jou kennis daaroor by wêreldkundiges wat daarmee werk; Soek dr Stanton op van Genocide Watch; lees wat hy skryf of luister wat hy oor verskeie volksmoorde, ook in SA te sê het;

@ Bokkie jy is totaal en al reg, dis niks anders as uitwissing van ons volk nie; dit het by liberaal verligtes begin 1966; daarna word ons kultuur en identiteit ontken; dan word ons taal ontken; daar word teen ons gediskrimineer met swart bemagtiging; daagliks word ons nie net met moorde uitgewis nie maar ook armoede, mense wat nie ‘n dak oor hul koppe het of voedsel; geen medies het en sterf in hospitale waar geen mediese sorg is nie

Flippie ·

Paul dit lyk my jy ken nie definisie van ‘n volkemoord nie. Verder is jou statistiese vermoë ook maar regtig middelmatig.

Daar word ongeveer 7500 moorde per jaar in SA gepleeg. Sestig present (60%) van moorde in SA word as sg sosiale moorde geklasifiseer. Die slagoffers is aan die oortreder bekend. Dis dus ongeveer 20 moorde per 100,000 of te wel 4,500 moorde pj.

Die orige 40%, 13 moorde per 100,000 of 3,000 moorde word gepleeg waar die slagoffers nie die oortreders sosiaal ken nie, soos by huisrooftogte kapings ens. In die kategorie val die meeste blankes wat vermoorde word, ongeveer 1,500 moorde per jaar of 33 moorde per 100,000 blankes. In dieselfde kategorie is moordsyfers vir swartmense 1500 per jaar of 3 moorde per 100,000 swart mense.

So jy sien my liewe Paul as jy die sopstories uit die liberale sopkombuis lees – moenie alles glo wat jy lees nie. Lees krities en heal jou rekenaar uit en doen jou eie stats EB jou eie afleidings.

Steve Hofmeyr ·

Peet, ja, dis nou as jy werk met die 1855 definisie van volksuitwissing. Die moderne definisie verlang geesins groot getalle vir genoside nie. Google Lemkin en identifiseer ons gou.

Paul ·

Catryn, selfs Dr Stanton self het in 2014 gesê dat daar “nog nie” volksmoord (genocide) in Suid-Afrika is nie. Hy beklemtoon ook self in sy Ten Stages of Genocide (dis nou tien, nie meer agt nie) dat dit nie ‘n linier progressie is van een “stage” na die volgende nie. Moenie bekommerd wees nie, ek ken sy werk goed, verskil is, ek lees dit met aandag en stem nie net saam met alles wat vir my goed klink daarin en ignoreer die dele wat nie so lekker inpas nie.

Flippie, jou syfers is foutief. Daar word veel meer as 7500 moorde per jaar in Suid-Afrika gepleeg. So as jy so basiese feit verkeerd het, hoekom moet ons die res glo? Die res van jou syfers klop ook nie. Om ‘n koers van 20 moorde per 100 000 te kry met 4500 moorde per jaar, moet die bevolking 22,5 miljoen wees. Laat ek die wiskunde vir jou doen: 22 500 000 gedeel deur 100 000 is 225. 4500 gedel deur 225 is 20. Daar is egter sowat 53 miljoen mense in Suid-Afrika, nie 22,5 miljoen nie.
Die som van 1500 moorde (deur vreemdelinge) op wit mense per jaar sou inderdaad ‘n moordkoers van sowat 33 per 100 000 per jaar oplewer. Probleem is, uit watter een van jou duime suig jy daardie syfer?

Woorde raak min hier, maar moeilikheid met Lemkin se definisie is dat dit heeltemal te breed is. Is dikwels al daaroor gekritiseer.

Michael ·

Tyd geword om nie meer slagoffers te wees nie maar beskermers van die ou en weerloses in ons buurt

Peet J ·

Ek stel voor dat ons maar ons huise in kastele omskep vir veiligheid en wanneer ons uithuisig is ystermonderings dra wat net die kop, bo- en- onderlyf bedek.

Yvette ·

Ons het elke moontlike veiligheidsmaatreel in plek- toe breek hulle die dakteels oop! Niks hou hulle uit nie.

Ou Wetsgehoorsame Burger Erdvark ·

Geagte Maroela Media-bestuur, ek stel voor dat Maroela Media ook elke dag in ENGELS en SPAANS internasionaal daagliks rapporteer met meegaande foto’s oor al die nuutste plaas- en hoewe moorde en pogings daartoe. En dat die internasionale lesers op hoogte gehou word van die ooreenkomstige opdateerde statistieke. “We South Africans get this information daily in our face, daily IN OUR FACE”

Engels is ‘n wêreldtaal en Spaans word in die meeste lande gepraat.

Paul ·

Hoekom moet Maroela dit doen, Erdvark? Jy kan dit mos doen, of keer iemand jou?

Wapen ·

Jou vuurwapen moet dag en nag by jou wees. Dit sal jou ‘n baie beter kans bied.

Catryn ·

Listen youtube: Gregory Standton: The eight stages of Genocide

Catryn ·

Hule kom in bendes, betree jou eiendom en huis , nie vir koek en tee nie

Dis nie net plaasmoorde wat gepleeg word nie, dit is swartes wat in jou huis/plaashuis inkom, besigheid en jou daar kom aanval, terroriseer, geweldadig martel, vrouens verkrag, en die lys word langer … BLANKES gaan nie in swartes se huise in of martel hulle nie – dis rassisme deur terrorisme – en hoeveel keer het die parlement dit een keer veroordeel? niemand, omdat dit hulle pas?

sien die youtubes van genocide oor SA en ander lande, dis wat gebeur, en jy wat liberaal verlig is wat dink jou velletjie of jou liberale geloof gaan jou red, dink maar weer – hulle vra nie aan watter politieke party jy behoort nie … hulle beroof jou om te lewe lewe ..

Dr Gregory Stanton, Genocide Watch, on Incitement to Genocide in SA,2014.12.05

Paul ·

Dr Stanton self het in 2014 gesê daar is nie “genocide” in Suid-Afrika nie. Hy het gesê: “…early warning signs of genocide are still deep in South Africa, though genocide has not begun.”

Selfs Stanton sê dit, so is hy ook nou “liberaal”? (In werklikheid is hy – hy het teen apartheid baklei, byvoorbeeld…)

Of verstaan jy Stanton se raamwerk van genocide beter as wat hy dit self verstaan?

dirk ·

dit is afgryslik. jy is allesbehalwe veilig agter slot en grendel -so jy kan beslis nie gerus wees nie. Ek hoop die arme man oorleef. Baie sterkte aan die familie

WitBlits ·

Wat ‘n sirkus – “volgens die polisie is daar SLEGS ‘n selfoon vermis”!
Wat van die man wat vir sy lewe veg en die vrou wat getraumatiseerd is deur ‘n gewetenlose misdadiger se dade. Twee onskuldige mense wat se lewens nooit weer dieselfde sal wees nie, maar dis seker nie meer genoeg om simpatie te kry nie.

SARIE VAN HEERDEN ·

Hippie! Steve deel so stil-stil ook in die kommentaarlesery. Maar hoekom skryf jy nie ook nie!

Ou Wetsgehoorsame Burger Erdvark ·

@Paul. Beste Paul, enige opbouende kreatiewe werkbare voorstelle van jou kant? Geniet die week.

Irene ·

As daardie man die rower geskiet het was hy sekerlik in baie groot gemors

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.