Pta-man betrap ‘inbreker’ in bed toe hy tuiskom

Die 'inbreker' op Deon se bed. Foto: Verskaf

Die ‘inbreker’ op Deon se bed. Foto: Verskaf

ʼn Jong musikant van Pretoria het Maandagaand ʼn ongewone verrassing gekry toe hy saam met sy ma en suster by hul huis in Sinoville in Pretoria aangekom het.

Deon Roos (26), het saam met sy ma en suster gaan uiteet. “Toe ons by die huis kom, het die buitehek oopgestaan. Ons is hierna by die agterdeur in. My ma het van daai swaaideurtjies tussen haar kamer en die badkamer en ons het gesien een van hulle hang skeef. Ek het gedink een van die skarniertjies het dalk uitgeval.”

Volgens Deon het sy suster hierna grappenderwys gesê hy moet deur die huis stap en seker maak als is reg. “Ek is na haar kamer en daar was niks. Maar toe ek verby my kamer loop, sien ek iemand lê op my bed.” Deon sê hy het aanvanklik groot geskrik en gedink dis dalk iemand wat hy ken.

Polisiebeamptes in die huis. Foto: Verskaf

Polisiebeamptes in die huis. Foto: Verskaf

“Ek het toe gesien dit is definitief nie iemand wat ek ken nie en ek het hom probeer wakker maak. Ek het toe besef dit is beter om hom nie wakker te maak nie en eerder die polisie te bel.”

Polisiebeamptes was kort daarna op die toneel. “Hulle het met hul groot gewere in die huis ingestap en gevra waar is hy. Ek sê toe hy is in my kamer en hy slaap.” Volgens Deon het die beamptes sowat 10 minute gespook om die man wakker te kry. “Hulle het water oor hom uitgegooi om hom te probeer wakker kry. Hy het elke keer bietjie wakker geword en hulle geskop.” Die beamptes kon uiteindelik daarin slaag om hom wakker te kry, waarna hy in hegtenis geneem is.

Ao. Johan van Dyk, woordvoerder van die Sinoville-polisie, het aan Maroela Media bevestig ʼn 54-jarige man is op die toneel in hegtenis geneem.

Die stukkende traliehek. Foto: Verskaf

Die stukkende traliehek. Foto: Verskaf

“Hy is na die selle by die Pretoria-Noord-polisiestasie geneem en sal daar aangehou word totdat hy Woensdag in die Pretoria-Noord-landdroshof verskyn,” het Van Dyk gesê. Hy het bygevoeg hoewel niks gesteel is nie, word die man aangekla van huisbraak met die opset om ʼn onbekende misdaad te pleeg. Volgens Van Dyk het dit voorgekom of die verdagte onder die invloed van alkohol was.

Volgens Deon het hulle eers later gesien die traliehek by die voordeur is afgebreek. “Ons het dit aanvanklik nie gesien nie, want ons kon nie die voordeur sien waar ons ingegaan het nie.” Deon sê sy Macbook-skootrekenaar het nog op die bed gelê.

Deon het ʼn foto van die man op sy bed, die stukkende hek en die polisiebeamptes op Facebook gelaai waar dit soos ʼn veldbrand versprei het. “Wie breek in om te slaap?” het hy by die foto’s geskryf.

Volgens Deon sal hulle seker later presies uitvind hoekom die man op sy bed gelê het en sal dit dalk dan sin maak. “Ons het bietjie gelag omdat ons nie verstaan het wat aangaan nie. Dis sekerlik nie ʼn ou wat sommer in huise gaan rondlê nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

44 Kommentare

N ·

Dit is nie n pitbull nie. Wat verwag jy moet die arme ding doen. Lyk darem of hy staan en ryk ryk wie is die mens. Hyt seker geblaf maar wat kon hy anders doen ?

M ·

Dit lyk na n wors hond kruising, net rrg daar om jou wakker te blaf en te waarsku as iets verkeerd is. So het alles in die lewe n “use” en nie soos die “useless” comments wat gemaak word nie.

pixie ·

Useless? Nee Boetman dit is ‘n worshondjie en as jy mooi na die foto kyk sal jy sien sy/haar agterbene is na agter gestrek m.a.w. die arme dier was maar bang en versigtig want dit was iemand vreemd.
Dit lyk vir my jy het nie kennis van honde nie.

Hannelie ·

Boetman dis ‘n worshond…..en beslis nie useless nie. Die ou het seker gedink hy is in sy eie bed :)

Janine N ·

Jy het ‘n verwronge beeld van Pit Bulls. Ek kan jou verseker myne sou beslis lekker knus agter die man se rug ingekruip het. ;)

Andreas Meyer ·

Lyk vir my na iemand wat nie reg in sy kop is. Eerder ‘n geval vir sielkundiges as vir sekuriteitsbeamptes. Maar ‘n mens weet nooit in hierdie Nuwe Suid-Afrika.

Johnny ·

En as hy swart was???? Was daar dan ook spasie vir genade oordat hy miskien n geestelike of verstandelike gestremdheid het? Punt bly staan niemand het iets verloor in n ander se huis nie, bly uit!!!

sue-ann ·

Nie almal kan bronx of iets in daardie lyn bekostig nie. Party mense het skaars geld vir kos. Die vere maak nie die voël nie.

Louise E. ·

Lyk eerder soos dronkie wat gedink het sy vrou het hom uit gesluit :)

Madeleine ·

Die logika van ‘n vrou vat die prys hier. Die “onder die invloed” en die geweld om die deur af te breek lyk vir my ook maar erg na iemand wat in sy besopenheid gedink het hy is uitgesluit :-)

ena small ·

N moderne weergave van Goldi locks and the 3 bears…wie het met my rekenaar gespeel….wie slaap hier in my bed?

George ·

Los die arme man hy het hom miskien misgis met verkeerde huis , ons almal is mense en kan n foutjie maak .

M ·

Hahaha en gedink hy is uit gesluit of sy sleutel pas nie in die deur nie toe skop hy hom sommer af.

Marius Becker ·

Die man dra crocs, natuurlik moet daar iets fout wees

KarooKlong ·

Ek is seker mens noem daardie ‘n matras, nie ‘n bed nie.

Mamparra ·

‘n bed is mos die plek waar jy slaap, dit hoef nie ‘n struktuur te wees nie. Jy kan bed maak met ‘n klomp kussings, of bed maak met ‘n matras op die vloer.

abel ·

Die hondjie het seker sy rug warm gehou tot die eienaar terug gekom het….. dit was dan so lekker koud die week ….lol

Dronkverdriet ·

Arme drommel. Trek ‘n Robert Downey Jr. op homself.

Carel ·

Plaas hulle tiep hom van die bed af om seker te maak sy luise spring nie af op die bed nie.

Denise ·

Ai tog die man is defnitief deurmekaar en het hulp nodig !!!!!

kobus van Staden ·

Mense, mense, kan ons so glad met die bek ander oordeel sonder dat ons sy omstandighede ken !! Dan meet ons `n mede mens aan wat aan sy voete is, maar ons doen geen moeite om te bepaal wat in sy hart is nie ? Dis deels hoekom ons land so lyk soos hy doen, ons hoort eintlik almal op ons knieë vir Genade en ook met dank. Ek kry skaam om my mede afrikaners so oordelend te ervaar. Siesa,

yvonne ·

Ek stem saam. Regtig ongevraagde en onvanpaste kommentaar.

Chantel D ·

Kobus van Staden ek stem 100% saam met jou kommentaar. Ek skaam my dood vir van die kommentaar. Ja wat hy gedoen het is nie reg nie maar wie is ons om hom te oordeel?

Johnny ·

As hy swart was sou almal hom oordeel, ek gee nie om wat sy onstandighede is nie, hy hoort nie in n ander een se huis nie, PUNT!

Ai tog ·

Net totdat iemand in julle huis inbreek, dan hoor ons ander kommentaar. Natuurlik moet mens dit OORDEEL, om in iemand anders se huis in te breek is KRIMINEEL onthou, as ons nie meer kriminele dade kan oordeel nie, moet ons maar al die tronkvoels op straat uitlaat, want onthou ‘julle mag nie oordeel nie’.

ANDRE ·

Hy gaan niks onthou nie .Hom net verset en bewusteloos pleit.

Niccy ·

Die arme man het seker maar gedink hy is by sy huis. Jare terug het daar ook ‘n jongman wat besope was, ‘n vw kewer by ons motorhawe geneem en 60km gery tot by sy huis omdat hy gedink het dit was syne. Voel jammer vir hom.

Hendrik ·

Ons waardes het nou al so verander dat dit reg is vir ‘n ruggraatlose om in te breek en jou roes te kom afslaap in vreemde mense sy huis. Waar is ons sin vir reg en verkeerd dat ons nou eers moet ondersoek wat was die inbreker se omstandighede? Hy was verkeerd om in te breek, dis onverskoonbaar. Tweedens was hy dalk nog dronk of onder verdowing, dis ook onverskoonbaar. En dis net logies, want hy is totaal op die verkeerde plek, hierdie man het grense oorgesteek waar hy reg in sy eie hande geneem het. Hy moet die gevolge dra, watse ag siestog is dit?

Arsène Lupin ·

Regte Goue Lokkies Storie – Pappa Beer kyk na sy bed en sê, “Wie
het in my bed geslaap?” Mamma Beer kyk na haar bed en sê, “Wie het
in my bed geslaap?” Baba Beer kyk na sy bed en sê, “Wie het in my bed
geslaap?” Toe kyk hy weer en hy sê, “Daar is hy!”

Scalla ·

Ten minste het hy darem sy roes gaan afslaap en nie in n voertuig geklim nie, ongelukkig verkeerde huis.

Sherees ·

Ek glo nie rerig die ou wou inbreek nie , hy wou dalk net sy kop neerle maar het dit dalk net die verkeerde way gedoen . Shame

Christien ·

Dit lyk soos ‘n wit hospitaalbandjie wat hy aanhet. Dalk hoort hy tog erens.

Willem ·

Die man lyk eerder asof hy uit n hospitaal ontsnap het. Kyk bietjie na sy arm.

Angelique ·

Mense, ek wil nou nie snaaks wees nie…maar wat soek Deon met teddies op sy bed? Hoe oud is Deon?

Mens kry die man jammer maar hy is waar hy nie hoort nie.

Ek kan net nie oor die teddies kom nie. Hahaha

Lukas ·

En dit is hoekom jy jou bed opmaak voordat jy gaan uiteet, jy weet nooit wie moet fotos vat van jou slaapkamer nie

Ai tog ·

vir my lyk dit nie of daai man instaat was om n hek oop te breek nie, wie se iemand het nie vir hom daar gaan neer le nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.