Pta-man buite restaurant geskiet, sterf by polisiestasie

Argieffoto (Foto: imgkid.com)

ʼn Man van Pretoria het Saterdagaand met ʼn koeëlwond aan sy bolyf na sy naaste polisiekantoor gery nadat hy oomblikke vantevore buite ʼn kitskosrestaurant in die ooste van die stad geskiet is.

Kapt. Jan Sepato, woordvoerder van die Silverton-polisiestasie, het Woensdag aan Maroela Media gesê die voorval het omstreeks 21:30 buite die plaaslike Chicken Licken-restaurant plaasgevind.

“Volgens inligting tot die polisie se beskikking het ʼn groep verdagtes in ʼn wit Ford Ranger verby die restaurant gery. Hulle het ʼn U-draai gemaak en twee gewapende mans het uit die voertuig geklim en by ʼn Volkswagen-motor gaan staan en wag vir die eienaar van dié voertuig wat toe in die restaurant was,” het Sepato gesê.

Die een slagoffer, wat deur ʼn familielid as Francois Els aan Maroela Media geïdentifiseer is, het in daardie stadium met sy voertuig, ʼn wit Nissan, by die toneel stilgehou.

“Die eienaar van die Volkswagen het toe net uit die restaurant gekom, waarna die verdagtes sy voertuig se sleutels geëis het. Die verdagtes het op die man geskiet en hom in sy bobeen gewond.”

Els het probeer wegry, maar het met die agterkant van sy voertuig ʼn versperring getref. Hy is tydens die voorval in die bolyf geskiet. Hy kon ná die botsing daarin slaag om weg te ry en het na die Silverton-polisiestasie gejaag.

“Toe die man daar aankom, het hy om hulp geroep. Die polisiebeamptes aan diens het gaan ondersoek instel en hom buite die polisiestasie se voordeur op sy maag op die grond aangetref. Hy het gesukkel om te praat en kon net die kitskosrestaurant se naam noem,” het Sepato gesê.

Die polisie het ʼn ambulans ontbied. Paramedici het alles in hul vermoë gedoen om Els se lewe te red, maar hy is op die toneel dood verklaar.

Die aanvallers het van die toneel gevlug en is nog soek. Die polisie ondersoek ʼn saak van moord en poging tot moord.

Volgens die familielid, wat verkies om anoniem te bly, wou Els vir sy gesin gaan kos koop toe hy geskiet is.

“Wat die geval nog meer tragies maak, is dat beide sy bejaarde ouers gedurende 2011 in ʼn rooftog in hul huis in Swellendam op wrede wyse vermoor is,” het die familielid bygevoeg.

Sepato het ʼn beroep op die publiek gedoen om met enige inligting na vore te kom wat die polisie in hul ondersoek kan bystaan. Bel Stop Misdaad by 08600 10111.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Skokkend ·

JA MAAR DIE POLISIE IS TE BESIG OM DIE OU WAT OP FB DIE K WOORD GENOEM HET TE VERVOLG, daar is nie tyd om MOORDE en ROOF En VERKRAGTINGS en brandstigting op te volg nie . JAMMER As jy ‘n wit slagoffer is kom daar NIKS van nie, wel as jy ‘n wit OORTREDER Is moet jy weet jou dae is getel …SO JAMMER vir die slagoffer en sy mense juis omdat sy ouers REEDS wreed vermoor is . maar DIE BUITELAND weet nie hiervan nie, en die DA en die REGERING ontken die gebeure.

marous ·

Dis onmenslik wat in die land gebeur ! So jammer vir diegene wat agterbly met al die hartseer .

Ai tog! ·

Waar noem hulle dat daar enige ander kleur by betrokke was?? Ruk alles nou weer uit verband!

Cherokee ·

Ai tog!, jy ruk alles uit verband! Vir ingeval jy nie weet nie, dit is Maroela Media en jy is uitgedaag om ènige plek uit te wys waar kleur uitgestippel is selfs al is ‘n ander kleur skuldig.

Koos ·

Charrokie is reg. Dit kan in elk geval nie rassisties wees nie want die oorledene is blank. Mense moet laataand wegbly van kroeë en kitskosplekke. Dis wanneer al die krappe uit hul gate is.

leser ·

sterkte aan els se familie.
polisie ondersoek ‘n saak van poging tot moord, “wow”, die man is dood, wat se poging wil sap nou ondersoek

Sophia ·

Van moord op die man wat vermoor is, en poging tot moord op die man wat in die bobeen geskiet is… Lees tog net behoorlik!

Koos ·

Sterkte daarmee. Die res van die wêreld voel vere en meeste sal nie eers SA op ‘n kaart kan aantoon nie. Droom voort.

Mrs H ·

Laat my wonder hoeveel wit mense in SA so bevoorregd sal wees om oud genoeg te word, om n natuurlikke dood te sterf? Nie om eers te praat van n “vol” lewe he nie.

Linda van Mosselbaai ·

As mens so lees oor alles wat in Suid Afrika aan die gebeur is – wil mens net bly waar jy is. Geen besoeke aan die res van die land nie! Hierdie is baie sleg vir Suid Afrika se beeld na die buiteland – Wie wil gaan na ‘n land waar die mense nie eers kan gaan kos koop nie? So geen besoekers – geen buitelandse beleggings – mense gaan hulle werk verloor en dan is almal maar net weer na blokkie 1 – net soos die slange & leertjie speletjie. Net die lewe is nie ‘n SPEL nie – ons het almal net 1 kans – begin om mekaar te respekteer & bid vir GOD se beskerming!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.