Pta-man by voordeur doodgeskiet

Argieffoto (StevePB, Pixabay)

Die Pretoriase polisie ondersoek ʼn saak van moord nadat ʼn inwoner verskeie kere by sy huis se voordeur geskiet is.

Sers. Sam Shibambo, polisiewoordvoerder, het gesê die voorval het Maandag omstreeks 05:45 by die man se huis in Spitfirelaan in Eersterust, noord van Silverton, plaasgevind.

“Die polisie het inligting ontvang dat ʼn 43-jarige man by sy huis vermoor is. Met die polisie se aankoms op die toneel is die man in ʼn plas bloed by sy voordeur aangetref,” het Shibambo gesê.

Shibambo het gesê die man is verskeie kere in sy bolyf geskiet en daar is patroondoppies langs sy liggaam gevind.

Die motief vir die moord is nog nie bekend nie. Die man se naam is ook nog nie bekend gemaak nie.

Die polisie het ʼn beroep op die gemeenskap gedoen om met inligting na vore te kom wat hulle in hul ondersoek kan bystaan. Mense met inligting kan die Eersterust-polisie by 012 806 1020/21 bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Albaster ·

Wat was die man se beroep of industrie? Met wie het hy sake gedoen?

Lientjie ·

Seker maar weer ‘n transaksie wat skeef geloop het. Bendes!

elize naude ·

wie dit is word nie bekend gemaak nie …maar sy adres wel?

RIP ·

Ag daar is seker weer ‘n verkoning, the devil made me do it, apartheid made me do it, gaan lees gerus die mense se kommentaar op koerantberigte, al die moorde en diefstal en wrede martelings word toegeskryf aan apartheid 23 jaar gelede. Niemand kom net daaroor nie. RIV, jammer vir die verlies. Niemand weet of hy ‘n bendelid was nie, have a heart.

Boet Fasie ·

Teveel wapens in die hande van kriminele, terwyl die regering gerieflik die wettige vuurwapen eienaars ontwapen het sodat hulle hulself nie kan verdedig nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.