Pta-man deur vier ‘polisiebeamptes’ aangeval

Foto: SAPD, Facebook

Foto: SAPD, Facebook

Vier mans, wat hulle as polisiebeamptes voorgedoen het, het by ʼn inwoner van Pretoria se huis opgedaag en beweer hulle wil ʼn dossier met hom bespreek.

Kapt. Augustinah Selepe, woordvoerder van die polisie, het gesê twee van die vier mans het Dinsdagaand aan die voordeur van die man se huis in Lotus Gardens in Pretoria-Wes geklop. “Die twee swart mans het die huis binnegegaan en hulself as polisiebeamptes voorgestel. Die inwoner het die beampte se identifikasiekaarte gevra, waarna een van die verdagtes hom in die gesig geslaan het.”

Volgens Selepe het nog twee mans ewe skielik met kabelbinders die huis binnegekom. “Een van die verdagtes was ʼn wit man en het hom as ʼn polisiekaptein voorgestel. Hy het ʼn bruin leêr by hom gehad, wat hy as ʼn dossier voorgehou het.”

Selepe het gesê die verdagtes het die man na sy slaapkamer geneem, waar hulle onmiddellik die kamer begin deursoek het. “Die man kon uit die huis kom en het by sy bure hulp ontbied.”

Volgens Selepe kon twee verdagtes daarin slaag om te ontsnap, terwyl die ander twee verdagtes, die wit man en een van die swart mans, deur gemeenskapslede aangekeer is. Die verdagtes is glo hierna aangerand. “Een van die verdagtes is onder polisiebewaking in die hospitaal opgeneem, terwyl die ander verdagte in aanhouding is.”

Selepe het gesê die verdagtes, onderskeidelik 42 en 54 jaar oud, sal na verwagting Donderdag in die Pretoria-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Landi Maree ·

Nou vra ek jou di vier sogenaamde polisie beamptes kan di arme onskulduge man intimedeer en aanrand maar dit lyk ni vir my dat die behandeling wat hulle van di gemeenskap wat di arme onskuldige man wat aangerand n sy privaatheid geskend is kan hanteer ni shame hulle moes hulle meer erg hanteer het
Dit klink amper of hulle di onskuldiges in di saak is. As ek daar was het hulle erger straf gekry

lw ·

Skielik word ras bygevoeg by verdagtes net omdat n wit man saam is.

Swanna ·

Iw ek vra die selfde vraag maar dit lyk vir my dit is ‘n sonde om die ander ras se kleur te noem op hierdie media.

Vm ·

O nou is die ras okay om te noem. Die land van ons maak my naar.

miv ·

Maak nie saak of jy wit of swart is nie, as jy n skurk is, moet jy geïdentifiseer word.

Swanna ·

Haai dit is eronies dat wanneer ‘n wittes saam met swartes iests aangevang het word die ras duidelik uit gewys maar normal weg mag jy nie van swartes praat nie. Verduidelik ‘n bietjie vir my hierdie konsep.

Regso Swanna ·

Baie reg, as almal swart was was daar geen kleur genoem nie, maar omdat die EEN ‘boosdoener’ nou wit was, word kleur skielik genoem, kannie glo die media is steeds so gullible nie .. wil tog so graag die regte ding doen en tog so graag polities korrek wees .. weet nie of mense enige mediahuis meer kan vertrou nie .. die afrikaanse mediahuise word gerieflik meegesleur deur die politieke korrektheid.

Jane ·

LMGA .. die woorde SWART MANS is net gebruik om die WIT MAN ook uiteindelik as een van die skelms te kon uitmaak, as dit net swart mans was, was GEEN kleur genoem nie> Jjissie dit was vir my vreemd hoekom hulle praat van twee SWART MANS .. ek wou net bly raak dat die media uiteindelik bygekom het, toe sien ek dit is net gedoen om die WIT man daarna te inkrimineer … so voorspelbaar. Gelukkig het hy ‘n BRUIN leer gehad, so hierdie aanval was nou mooi verteenwoordigend van die REENBOOGNASIE in SA!!!

Donovan ·

Tot boewe het nou n BEEE rating… hoop dit bring darm verligting…

Delta Mike ·

Ek het al agter gekom dat Maroela Media geen “balls” het nie as dit by plasing van velkleur is, dudielik dat hulle deel is van die liberale media sisteem.

Amos ·

Dit beteken Maroela Media kan dit met elke berig moet doen. Dan sal ons kan onderskyding kan tref tussen kleur.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.