PTA-man glo deur eksmeisie doodgeskiet

geweerLin Pretorius, ʼn 36-jarige vrou van Pretoria, het Dinsdag in die Pretoria-Noord-landdroshof verskyn in verband met die moord op haar voormalige kêrel.

Mirna von Benecke, woordvoerder van die Sinoville-polisiestasie, het Dinsdag aan Maroela Media gesê Herman Faber (28), is Saterdagaand in Montana, Pretoria, doodgeskiet. Faber was ʼn IT-spesialis.

“Volgens ooggetuies was daar moontlik Saterdagaand kort voor middernag, ʼn woordewisseling tussen Faber en Pretorius,” het Von Benecke gesê. “Die paartjie was nie meer in ʼn verhouding nie, maar het nog steeds die huurhuis gedeel en in aparte kamers geslaap.”

Pretorius se eksman het die polisie na die toneel ontbied, waarna sy in hegtenis geneem is. “Faber se liggaam is in ʼn kamer in die huis aangetref. Hy het aan ʼn skietwond in sy bors gesterf,” het Von Benecke gesê.

Sy sê daar was nie ʼn teken van ʼn worsteling nie en niks word uit die huis vermis nie. Die polisie ondersoek ʼn saak van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.