Pta-man glo weer slagoffer van sekswerkers

Argieffoto

Die Pretoriase polisie ondersoek twee sake van motordiefstal nadat ʼn jong man van die stad glo in twee afsonderlike voorvalle deur sekswerkers besteel is.

“Die 28-jarige man beweer hy het Vrydagoggend omstreeks 04:00 twee prostitute op die hoek van Hamilton- en Stanza Bopapestraat in Sunnyside opgelaai,” het kapt. Daniel Mavimbela, polisiewoordvoerder, Dinsdag aan Maroela Media gesê.

Die man het ʼn Toyota Yaris gery wat sowat R180 000 werd is. Die motor behoort glo aan die man se vriendin met wie hy in ʼn verhouding is. Haar pa het glo vir haar die motor gekoop.

“Die man beweer hy het met die twee vroue by die parkeerplek van ʼn kitskosrestaurant daar naby gaan stilhou en alkohol saam met hulle gedrink. Die man het kort daarna sy bewussyn verloor.”

Die man het later die middag in ʼn onbekende plek in Mamelodi, in die noordooste van die stad, wakker geword. Die motor wat hy bestuur het en al sy besittings was vermis.

Die man het die voorval by die polisie aangemeld nadat hy ten volle van die voorval herstel het.

“Dit het aan die lig gekom dat die man in Junie 2015 onder soortgelyke omstandighede van sy eie VW Polo Vivo beroof is. Hy het glo twee onbekende vroue in die middestad opgelaai en iets gaan drink. Hy het begin duiselig voel en stilgehou en uit die motor geklim.”

Een van die vroue het glo agter die stuurwiel ingespring en met die motor weggery.

Die slagoffer beweer dat daar in albei gevalle met sy drankie gepeuter was.

Die polisie ondersoek twee sake van motordiefstal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

43 Kommentare

Mike Stander ·

BWHAA HAA HA!! Boetman – KRY VIR JOU.. Wens ek kon daar wees wanneer jy dit aan haar Pa verduidelik :]

Tania ·

Ja nee kyk ek sal ook nie omgee om n vlieg teen daai muur te wees nie. Wonder om hy ook in die moeilikheid is met die gereg vir prostitute oplaai.

Bokkie ·

Ha ha ha ha !! Ken blykbaar nie die spreekwoord “Once bitten, twice shy” nie!!

Jenny Thom ·

Genugtig outjie, hoe dom of hoe desperaat kan ‘n man nou wees. Ek hoop daai meisie is nou jou eks en dat haar pappie jou velle vir gaan aftrek. Goeie genugtig, man kan nie glo dat jy wraggies vir die 2de keer in dieselfde strik trap nie. Bly weg van die sekswerkers, en begin liewerste om boeke te lees, baie veiliger!!!

Fires ·

Nee wat, te dik vir ‘n daaler, hy het tien teen een die kar versmous en nou ‘n storie opgemaak .Maak ook seker die vriendin skop hom uit. Die vorige keer was seker ‘n versekering bedrog

In die kol ·

Jy is in die kol ou maat, dat mense regtig sulke slenters probeer. Waar sal dieselfde man nou deur 2 vroue oorval word vir 2 keer en sy girl het hom nie na die 1 ste keer gelos nie, ag bull man, steel is mos Nasionale sport, die tegniek verskil net van Prasa, belasting geld, Gupta, Zuma en versekering.

WW ·

Ek sluk ook maar swaar aan hierdie storie. Dink jy is reg, Fires.

Z ·

Is dit nie maar net n storie om van die versekering te eis nie? Hy het net nie daaraan gedink om hierdie keer n ander storie te vertel nie…

Koosie ·

Hy praat verseker snert. Polisie moet hom vra waar daai motors is. Klink meer soos n scam

Johann ·

Nou wat het hy in die jaar se tyd, van verlede jaar tot nou gedoen? Laag gelê?

WW ·

Hy was op soek na ‘n meisie met ‘n kar! Na syne so liederlik in 2015 geroof is, man.

Ivana ·

Ja kyk, hy kry wat hy voor vra. Hulle moet sy gesig ook wys sodat die mense kan sien waarmee dink die man

Jean ·

Neewat jong boet, lyk asof jy vir die gaan soek. Te toevallig dat dit TWEEKEER met jou gebeur, ek dink jy beweeg dalk in die verkeerde kringe.

Sonja ·

Steel hy nie self die kar en meld dan ‘n sogenaamde diefstal aan, terwyl hy kamstig nie by is nie? Verloor die girl, maar score ‘n paar rand.

Tog! ·

… kon die man dalk nie betaal vir “dienste gelewer ” nie?

adri ·

Kry vir jou, hoop jou “vriendin” los jou….. as jy wil rondloop en so DUUR wil betaal vir ietsie, is jy maar lekker stupid…..

Fanie ·

Nee boet jy vat n vet kans my kleinseun van 4jr sal jou nie eers glo nie vertel sommer waar jy die karre verkoop het dit sal die polisie baie tyd spaar hulle het baie sake waarop hulle kan konsertreer as hier bull(vloek) storie Sorry dis net nie waar nie

Tessa ·

Daar is nie pille vir domgeid nie. Laat jy maar kry vir jou. Redelik windgat sou ek sê as jy twee girls op ‘n slag optel!!!

Amanda ·

Ek skeer myself. Imagine die storie vertel vir almal. Sal my doodskaam.

SêNet71 ·

As die kop dom is, moet die lyf ly! Ek wil ook graag die vraag vra: Het die meisie regtig haar motor vir die “orige” mannetjie geleen? Ek kan eenvoudig net nie verby dit kom dat die mannetjie twee dames van die nag in die middel van die nagtelike ure moes gaan optel het nie. Regtig???? Vigs loop rond op krukke en jy gaan soek ‘n “los gelukkie” in die nag!!!

Sarie ·

Ek glo nie ñ woord wat hy sê nie.. Daar’s darem nog mense wat kan dink & niè ALLES vir soetkoek opeet nie!!!

Chilli ·

Janee meng jou met die semels dan vreet die varke jou op!! Stop jou blerrie origheid en bekeer! Die bybel is n awesome boek om mee te begin intussen mag jy swaar gestraf word vir jou onnoselheid

Juan viviers ·

Hahaha oppas vir roodepoort hulle het my die maandag woensdag en twee keer op vrydag so gevang

Soekie ·

Jippieeee! Hy krap mos waar dit jeuk. Hy lieg! Hoop sy vriendin se pa skroef hom op. Sies!!

Anoniem Nr2 ·

hoe leer jy nie die eerste keer nie :D stupid is forever

Liza ·

Waar gaan die wereld heen, dis moord en dis origheid, en die Bybel vertel ons van sulke dinge dat dit ‘n sonde is, hoe kan ‘n mens sulke dinge doen, die wereld is deurmekaar…….hoop sy vriendin los hom en haar pa hel die lewe uit hom uit……..

Suzette ·

Hierdie is snert! Die kans is goed dat die motors deur homself “gesteel” is om sodoende te eis. Hy was net nie slim genoeg om twee verskillende stories te gebruik nie, maar soo waar as wragtie presies dieselfde storie vertel

Marietjie ·

Maybe ….. just maybe he’ll get lucky the 3rd time (ha-ha-ha)

SARIE VAN HEERDEN ·

Die arme man het ‘n probleem. My raad aan hom is dat as die lus hom beetkry moet hy sy zip optrek en ‘n lang en baie koue stort neem.

Lea ·

Maroela Media se lesers is skerp…en hy moet dink versekerings maarskappye is so dom soos hy..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.