Pta-man in Limpopo vermis

Gerrie Kachelhoffer en sy vrou, Yvonne. Foto: Verskaf

Gerrie Kachelhoffer en sy vrou, Yvonne. Foto: Verskaf

OPVOLG: Vermiste Pta-man gevind

ʼn Beloning van R50 000 is uitgeloof om Gerrie Kachelhoffer (41), ʼn toesighouer en pa van twee dogters van Pretoria, te probeer opspoor.

Kachelhoffer het Maandagmiddag in verdagte omstandighede in Limpopo verdwyn.

Dean Greyling, Kachelhoffer se swaer, het Dinsdag aan Maroela Media gesê Kachelhoffer werk vir sy onderneming, Mowana Construction and Installations, wat kontrakherstelwerk by Engen-vulstasies oor die hele Limpopo doen.

Kachelhoffer, wat in Silverton in Pretoria woon, het Maandag omstreeks 09:00 na ʼn werkperseel in die Lebowa-omgewing, suid van Polokwane (Pietersburg), gery.

“Hy het die oggend oudergewoonte R4 000 se kleinkasgeld getrek waarmee hy boumateriaal sou koop. Ons werk gereeld met kontant omdat die plekke in die gebiede waar ons werk, nie altyd kaartgeriewe het om boumateriaal mee aan te koop nie,” het Greyling verduidelik.

Kachelhoffer het omstreeks 12:00 by die perseel in Lebowa gestop om sy groep werkers daar af te laai. Hy is die laaste keer gesien toe hy die perseel verlaat het om boumateriaal te gaan koop.

“Sy werkers het my omstreeks 17:00 gebel en gesê dat hy nooit weer teruggekeer het nie. Ons het toe die bakkie met behulp van die opsporingstoestel verlate op die Chuniespoort-bergpas gevind.”

Die bakkie is omstreeks 10 km van die perseel af opgespoor. Greyling het gesê die opsporingstoestel dui aan dat die bakkie omstreeks 12:30 daar stilgehou het.

Kachelhoffer se oornagklere en selfoon was nog in die bakkie. Daar was egter geen spoor van Kachelhoffer nie. Sy beursie met die kontant word ook vermis.

Greyling het reeds ʼn vermistepersoon-saak by die polisie aanhangig gemaak. Hy het gesê die polisie, spoorsnyers en polisie se honde-eenheid gaan Dinsdag die bergagtige gebied waar die bakkie opgespoor is, deursoek vir tekens van Kachelhoffer.

Kachelhoffer is 1,9 m lank en het blonde hare. Hy het waterpokkieletsels op sy voorkop. Die klere wat hy aangehad het, was ʼn blou oorpak met wit glimstrepe. Hy is getroud en het twee tienerdogters.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Leon Pit ·

Ai ou Gerrie hoop jy is veilig ek is ook in die konstruksie bedryf en dis waar ons loop altyd met kontant vir materiaal en dis gevaarlik was ook eendag beroof naby Brits al my gereedskap gesteel het net met my onderbroek langs die pad gestaan. Sterkte aan jou familie ons bid dat jy ongedeerd gevind sal word.

Lee ·

Dis verskriklik. Hoop hulle kry hom spoedig. Kan net dink hoe sy vrou en kinders moet voel. Crime in ons land ruk hand uit. Sterkte en ons sal almal bid vir sy veiligheid!

Theuns ·

Wie het almal geweet dat hy soveel geld by hom het? Hier is die leidraad: “Deon Greyling se dit is ‘n gereelde ding wat Kachelhoffer kontant trek om aankope mee te betaal.” Iemand in die maatskappy het geweet en sy tjommies laat weet. Konfiskeer al sy werkers se selfone en kyk wat se boodskappe is gestuur en ontvang. Ek glo nie Kachelhoffer sal die pad vat met net R4000 nie?

Sarie Greyling ·

More. Gerrie het 4 manne wat al 13 jaar saam met hom in sy span werk. Sy jongste werker is 9 jaar in sy span. Ek weet 100% dat sy werkers nie hier betrokke is nie. Ons glo en Vertrou om hom so gou moontlik te kry

Alien ·

Jammer om jul “bubble” te bars.
16 Jaar … dis al wat ek gaan se.

E ·

Shoe! Yvonne baie sterkte vir jou en jou 2 dogters.Dit is vreeslik!
Wat gaan aan deesdae dat die mense so vermis raak?
Eers die boere en nou dit. Ruik vir my na volksmoord, of is ek verkeerd?
Is daar iemand wat meer weet, en vir ons kan sê hoekom hierdie dinge gebeur??

Kleintjie ·

Ja. Volksmoord teen die blanke afrikaner glo ek ook. Lyk vir my ‘n mens moet jouself in jou huis toesluit en alleenlik uitgaan met sekuriteitswagte (mense wat jy vertrou) wat jou NOOIT alleen sal laat nie.
WAAR GAAN ALLES EINDIG!!!!!?

Kleintjie ·

Die bloed van Jesus en ‘n engel van God is al wat ek vertrou.

Theuns ·

Sarie Greyling hoop jy is reg maar in Afrika werk die soort loyaliteit nie! Ek kan vir jou ‘n paar skrikwekkende voorbeelde noem. In Kenia het die Mau Mau twintig jaar en langer vir hulle eienaars gewerk en was dit die getroue mense wat hulle doodgemaak het. Lees dit maar self! In Angola het dieselfde met die goedgelowige wit mense gebeur en is die plantasies se bandsaag mashiene gebruik om man, vrou, kind lewendig op te sny! Ek weet wat ek hier gese het is hard en ongevoelig maar as jy nie kennis neem nie en jou vertroue in die mense stel loop jy dalk dieselfde pad. Onthou net ‘n lang werk termyn is nie ‘n waarborg nie! Gaan jou goed.

Alien ·

En moenie Zimbabwe vergeet nie. Mense wat 20 jaar en langer op plase gebly het was voor in die koor toe die Boer, sy vrou en kinders vermoor word!! Van plase afgejaag is, mens en dier gemartel en verkrag is …
Die mense was vir 20 jaar en langer as deel van die familie beskou.

Esmay ·

Ja, Theuns ek stem met jou saam. Hierdie goedgelowigheid en vertroue wat ons na ons medemens uitstraal moet begin end kry. Hoeveel plaasboere is nie deur hul eie swart volk wat al jare vir hul werk vermoor nie.. As Sarie net die foto”s sien wat hulle met ons aanvang sal sy n ander deuntjie sing !!

elmare ·

Ek hoop regtig van die beste dat hulle hom sal kry …dit gaan erg in ons land mense word vermoor dit is baie sad ..

Koos ·

In 1980 sou so iets nooit gebeur het nie hoekom ?hulle was te bang en nou is ons bang, bang om te lewe wanneer gaan ons sê genoeg is genoeg en terugbaklei

Mel ·

Dis net ni meer aanvaarbaar ni, maar Ja wie gaan na ons klagtes luister, dis so hartseer om elke dag di gebeure te Lees, mens probeer positief bly maar tog is daar ‘n stemmetjie wat heeltyd sê, wat as……… ek hoop ter harte dat hierdie pappa gevind word en veilig terug sal keer na sy gesin toe, ons beleef elke dag net hartseer tydings, Abba Vader tree asb in

Ruby ·

Ek hoop regtig hierdie pa en man word gevind, sterkte aan al sy geliefdes in hierdie onseker tydperk.

Ek vertrou mense net sover ek hulle sien, 1 jaar of 100 jaar.

Maria van Dieweeck ·

Ek bid vir jul pa en man. Help ons Heer want wie anders kan?

Blom ·

Hoop rerig hy word ongedeerd gevind,.
Dit gaan woes in Limpopo.

Limpopo ·

Dit gaan g’n “woes in Limpopo” nie. Ek woon in Limpopo en besef menige oggende dat ek die vorige aand vergeet het om die deur te sluit. My bure om my is almal anderskleurig (swart, kleurling en Indiër) en ons sien na mekaar se veiligheid om. My swart buurman het nou-die-dag amper ‘n meterleser van die munisipaliteit bygekom omdat hy dié gevang het dat hy oor ons muur loer. 90% van mense in Limpopo is wonderlike mense. Ons laat ongelukkig toe dat 10% ons lewens moeilik maak.

Gogga ·

Kyk tog na al die werkers se selfone. As hulle niks het om weg te steek nie sal hulle maklik die foon oorgee en nie omgee dat julle daarna kyk nie. Maar vat almal sinne dieselfde tyd weg sodat geen waarskuwings kan gegee word nie. Marika Botha het ook daardie sekuriteits wag jare geken en vertrou.

Marius ·

Wees om hemelsnaam net bietjie meer sensitief vir die omstandighede van die naasbestaandes.

Japsnoet ·

Mens kan ‘n wilde dier nou maar eenmaal nie vertrou nie!

Joanie ·

My boetie is so maand terug vir ten minste 3 ure aangehou op dieselfde pad en area. Dank die Here hy is vrygelaat. Ek bid dat Mnr Kachelhoffer ongedeurd huis toe kom.

Anna-Marie ·

Baie jammer om te hoor van sy verdwyning, dit is n baie groot en bergagtige gebied. Ek bid dat hulle hom ongedeerd sal vind.

Poppie ·

Die man is nog nie gevind nie. Nie dood of lewend. Soos ek die boodskappe lees dink die mense hy is klaar vermoor. Ek glo ook nie die werkers is betrokke. As hul met n plan besig was, gaan hul nie van die oggend tot 5 uur sit en wag nie. Hul was min gespin tot dit by tjailatyd kom. Bid eerder, glo en vertrou dat hy ongeskonde gevind gaan word. By God is niks onmoontlik nie….

Marius Nortje ·

Mense, ons moet bid dat parate polisiemanne die saak ondersoek. Kry ‘n private veiligheids maatskappy so gou moontlik betrokke met die ondersoek as julle vermoed dat die polisiemanne nie baie hulpvaardig is, of nie paraat en bereid willing lyk nie.

Dankbaar ·

Prys die Here hy is veilig….oppad hospitaal toe….mag God hom gou genees ….liggaam en emosioneel…..ook sy geliefdes,dankie ook vir almal wat help soek het….seenwense

Theuns ·

More Maroela, Sarie Greyling: Kan julle die lesers inlig wat die omstandighede nou is? As julle vir Gerrie gevind het vertel ons aseblief wat met hom gebeur het? Baie Dankie.

Witseun ·

As hy gevind is dan is dit n blerrie wonderwerk,is hy ongedeurd?

cobusp ·

Ja inderdaad is die man gevind, lewe nog…….dus volgens Beeld. Maroela verander asb julle berig…..

Daleen de Beer ·

Wat ek lees us Gerrie het die bakkie verlaat om iets te gaan koop. Dan moet die 4 werkers mos by die bakkie gebly het? Toe verdwyn die bakkie met Gerrie, maar waar is die werkers dan” hulle sit kamtig en wag iewers tot die aand..? En niks is vir hulle abnormaal nie..? En dit terwyl hulle weet wat die dag se program is? EN die bakkie is WEG!! Nee nee. No ways! Hier is n groot slang in die gras. Mens kan nie eers meer alle blankes vertrou nie. Wat nog swartes? Was nog nooit so nie, nie van Piet Retief se dae af nie!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.