Pta-man in sy huis beroof  

Argieffoto: Kent Williamson

ʼn 52-jarige man van Pretoria is Woensdagoggend vroeg van kontant en selfone beroof deur twee aanvallers met pangas.

Konst. Mandlakayise Zwane, woordvoerder van die polisie het gesê Samuel Peters het Dinsdagaand teruggekeer van ʼn reis van Londen toe hy ʼn paar uur later, teen 02:00, wakker gemaak is deur twee mans met pangas in sy huis.

“Hulle het geld van hom geëis,” het Zwane gesê.

Die verdagtes het die man met sy eie skoenveters vasgebind en nagenoeg £500 (net meer as R8 000) van hom gesteel het asook drie selfone.

“Die verdagtes het te voet gevlug in ʼn onbekende rigting. Die man sal nie die verdagtes kan uitken  nie omdat alles in die donker plaasgevind het,” het Zwane gesê.

Die Laudium-polisie ondersoek ʼn saak van huisroof.

Die polisie het enigiemand met inligting gevra om 086 00 10111 te skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Frederik ·

Mnr Peters het seker onmiddelik besef hy’s terug in SA.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.